EXPLORARMI BIBLIOTECA
Hogar y Jardín
Tuis Verf Dit

Tuis Verf Dit

2019

Al die inspirasie en verf-idees wat jy kan vra – van slim tegnieke en kleurskemas tot vernuftige selfdoenwenke. Voeg net kleur by!

País:
South Africa
Idioma:
Afrikaans
Editor:
Media 24 Ltd
Periodicidad:
One-off
Leer Más

en este número

5 min.
’n bietjie sonskyn

Metaalverf is ’n bekostigbare alternatief vir bladgoud en ’n goeie keuse vir ’n soliede voorkoms.– Sihan Wiid Glansryk in goud Dié treffende fokusmuur in Barbara en Rob Farrell se huis in die Paarl is sorgvuldig aangebring met klein velle bladgoud. SÓ MAAK JY Sihan Wiid van Mink Interiors verduidelik hoe hulle die muur versier het: • Eers het ons ’n maroen basiskleur geverf. Turkoois, omber en maroen werk goed as ’n onderlaag onder bladgoud, want dit skep ’n verouderde voorkoms wanneer dit deurskyn. Ons het maroen vir dié projek gekies omdat dit ’n warm gevoel aan dié breë gang gee. • Ons het ’n kleefmiddel (verguldpasta) aan die muur gewend en die bladgoud versigtig daaraan vasgesit. Gebruik liefs ’n dun laag plastiek of waspapier bo-oor die bladgoud en ’n fyn kwas om die delikate bladgoud aan…

8 min.
g’n beige nie, dankie

As ’n vrou vir jou sê “my gunsteling-kleur is luiperdvelmotief”, moet jy weet ’n toekoms saam met haar hou nie veilige roomkleure of vervelige dekor in nie. Milan Struwig onthou goed hoe Marina hom met dié stelling verras het kort nadat hulle as Stellenbosse dramastudente verlief geraak het. Marina is deesdae ’n dramaturg en dosent, en Milan ’n digitalebemarkingsbestuurder. Dié twee, nou 27 en 28, is in 2017 getroud. Hulle het hul woonstel in die Kaapse stadskom verlede jaar in Mei gekoop, en met die kreatiewe gebruik van verf en helder aksentkleure die atmosfeer dramaties verander. Die Moederstad wys nie sommer haar vriendelike kant vir nuwe kopers nie, en Milan en Marina was soms erg mismoedig – totdat ’n familievriendin en eiendomsagent, Phyllis du Plessis, namens hulle begin rondbel het. Tot hul…

8 min.
dis die ene betowering

Pieter Vosloo en JanHarm Vorster versier hul huis op die rustige dorp Cullinan in Gauteng net soos ’n kunstenaar wat met ’n skoon skilderdoek werk. Die afgewitte binnemure is ongepleister gelaat – die ideale agtergrond vir die versameling rustieke meubels wat hulle met groot sorg oor die jare by skrootwerwe, markte en antiekwinkels aangeskaf het. Hul eie winkel op Cullinan, Rust in White, is nou al ’n instelling onder versamelaars, en die karakter van hul huis volg dieselfde goue draad wat deur alles loop waarmee hulle hulle besig hou – insluitend die trouvenue JanHarmsgat Se Agterplaas en Gastehys JanHarmsgat wat hulle op die dorp bedryf. “ ’n Wit agtergrond het sy eie bekoring,” verduidelik Pieter. “Dit werk regtig goed as jy interessante fatsoene en teksture wil uitstal. Ons is ook mal oor die…

1 min.
’n gratis app vir jou! dulux visualizertm

Sukkel jy om op ’n verfkleur vir jou huis te besluit? Danksy die gratis Dulux VisualizerTM-app is dit nou makliker as ooit om die perfekte keuse te maak! Die VisualizerTM-app is ’n innoverende, gebruikersvriendelike oplossing vir jou slimfoon of tablet. Dis interaktief en help jou om die regte besluit te neem. Kry dit in jou app-winkel, laai dit af en begin droom … Neem ’n foto van die muur wat jy wil verf en speel met die opsies; verander die kleure van die mure so dikwels as wat jy wil. Stoor die foto’s, of deel dit op sosiale media om met jou styl te spog. Dis so maklik om die app te gebruik; sien die stappe onder. 1 LAAI JOU FOTO OP Nadat jy die Dulux VisualizerTM-app afgelaai het (dis beskikbaar op Google Play vir Android-toestelle of…

4 min.
leef in volkleur

Die mure en kleure en kuns gesels alte lekker saam.– Mynhardt Toe ons laas in 2016 by die sjef en entrepreneur Mynhardt Joubert en sy man, Ian Engelmohr, ’n rekenmeester en keramiekkunstenaar (van Patat Ontwerpfaam) se dakwoonstel in SuiderPaarl gekuier het, was die mure ’n besadigde wit geverf. Dit was toe nog ’n nuwe blyplek, maar al klaar ’n treffende ruimte met sy interessante argitektuur, aardse houtvloere en ontblote dakbalke. Nou is daar van dié neutrale kleurpalet geen teken meer nie. Want soos dit mos maar gebeur, het die blyplek ontwikkel, en nuwe lae bygekry. Lae verf! “Ek en Ian het deur ’n persoonlike renaissance gegaan en gevoel dié nuwe era in ons lewe moet saamval met vernuwende kleure rondom ons,” vertel Mynhardt. “Ons het ontslae geraak van al die kunswerke waarvan ons…

4 min.
lig en vars gekwas

Die huis waar Bobby en Amanda Craddock in Augustus 2018 ingetrek het, was presies waarna hulle gesoek het – dis nou buiten die kombuis, wat die spreekwoordelike lelike eendjie was. “Die vertrek het gesmeek om ’n nuwe baadjie,” onthou Amanda. Die kaste was oranje, met swart werkblaaie en vlekvryestaal-handvatsels wat so skuins teen die kasdeure vasgesit was. Omdat die vertrek die kern van die huis is en al die ander vertrekke hieruit vertak, was die opknap daarvan vir die Craddocks ’n prioriteit. “Ons wou dit vriendeliker maak – ’n lekker kuierkombuis,” vertel sy. Oor die ruimte vir hulle so ’n seeroog was, het die opknapprojek begin op die dag dat hulle ingetrek het. Amanda is knap met ’n verfkwas, maar kleure kies is ’n ander storie. “Ek het seker ’n maand lank met sowat…