EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Women's Lifestyle
Bruidsgids

Bruidsgids

2017

Bruidsgids is die mees omvattende bruidstydskrif. Bruidsgids bied al die geskrewe inligting wat ‘n bruid sal benodig om haar troue tot in die fynste detail te kan reël. Dit bevat ook die grootste verskeidenheid foto’s om ‘n bruid te inspireer om die mees kreatiewe en sprokiesagtige troue te reël. Haar gaste sal nog lank onthou hoe asemrowend die bruilofsfees was!

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Adroc cc
Read More

In this issue

3 min.
liewe bruid

Die huwelik is deur God uitgedink, ontwerp en ingestel - dit kom van Hom af. Die Bybel begin met Adam en Eva se huwelik, God sluit ‘n huwelikskontrak (toe Moses die Wet aan Israel op die berg Sinai gekry het), Jesus se eerste wonderwerk vind plaas by ‘n huweliksfees, en die Woord sluit af met ‘n huwelik in Openbaring (die huwelik/bruilof van die Lam). Die huwelik is ‘n VERBOND tussen God en twee mense en dit is ingestel as ‘n permanente verhouding tussen ‘n man en vrou – wat één vlees word. Julle as bruidspaar kan kies om ’n verbondshuwelik te sluit en dit kan die koers van julle lewe vorentoe bepaal. Lees asb die artikel oor die verbondshuwelik op bl 30 . Ons leef in ’n tyd waar mense die…

3 min.
bismarck en anja

Anja du Plessis, die stralende bruid op ons voorblad, woon tans tydelik saam met haar man, Bismarck, in Frankryk. Anja is in Pretoria gebore en het die grootste deel van haar lewe in die Jakarandastad gewoon. Volgens haar is Pretoria die stad met die beste weer en sou sy vir altyd daar wou bly as daar net ’n see was. Sy het haar baie gelukkige kinderjare gedeel met twee geliefde broers, saam met wie sy elke sportspel behalwe rugby gespeel het. Sy is ’n oud-leerling van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria. Nadat sy haar skoolloopbaan voltooi het, het sy vir ’n BCom-graad in Menslike Hulpbronne by Tukkies ingeskryf. Ná haar kroning as Mej SA se eerste prinses in 2008 het sy in Sielkunde begin studeer en sy hoop om ná haar…

8 min.
fundi's gesels...

hier volg'n paar wenke vir jou troudag sune de villiers Bee happy weddings Ons is ’n ma-en-dogterspan wat gaande is oor troues. Ons spesialiseer in trou-ontwerp met die fokus op dekor en blomme. Persoonlike en toegewyde diens is vir ons belangrik, maak nie saak hoe groot of klein jou troue is nie. Jou spesiale dag se sukses is die belangrikste vir ons. "Dink aan jou gaste as jy dekor en blomme vir jou tafels kies. Almal wil mekaar sien en lekker kuier." Anette Burden Casa Toscana lodge Casa Toscana is ‘n uiters veelsydige boetiekhotel. Ons spesialiseer in troues, konferensies en ander funksies en bied die volgende geriewe: akkommodasie, LeSi Signature-restaurant, wynkelder en natuurlik die Blou Hond-Teater. Ons veelsydige pakkette is perfek vir enige bruid en ons pragtige venue is geskik vir enige tema. "Jou troudag is die eerste hoofstuk van die…

6 min.
draai die sente om

’n Troue is ’n belangrike en spesiale geleentheid wat intensiewe voorbereiding verg. Daar is ’n magdom reëlings wat die voornemende bruid moet tref, maar dis baie belangrik om dit binne die beskikbare begroting te doen. Die kernvraag is: Wat gaan die droomtroue kos, en hoe bereken jy die koste? Hier is ’n paar basiese riglyne om jou te help om te bepaal hoe jou begroting gaan lyk. begroting Probeer sover moontlik vooraf bepaal hoeveel geld vir die troue beskikbaar gaan wees. Verdeel die fondse op in kategorieë, byvoorbeeld die bedrag vir jou trourok en die strooimeisies se klere, die bedrag wat vir die onthaal beskikbaar is, ens. Dit sal jou voorsien van ’n raamwerk waarbinne jy jou soektog na venues, verskaffers, ensovoorts kan begin. Dit is baie belangrik dat daar groot duidelikheid moet wees…

7 min.
beplanning

6 maande • Bespreek die predikant wat julle gaan trou. • Woon ‘n voorhuwelikse aanpasbaarheidskursus by. Eer die huwelik as instelling van God en neem hierdie groot stap baie ernstig op. Kontak Lewensverrykingseminare (bl 35), Gretha Wiid (bl 34) of Peak Performance (bl 36) om julle kursus te bespreek. • Dit is deesdae makliker om eers die trouvenue te kies en te bespreek, omdat die kanse dan beter is dat ‘n mens by die venue van jou eerste keuse kan trou. • Besluit watter soort onthaal julle wil hê. Dit sal ook bepaal op watter tyd van die dag julle gaan trou. • Bepaal wat jul begroting is. • Bespreek die kerk en musikante. • Indien jy enigiets gaan huur en jy weet nou al wat dit is, bespreek dit nou. • Bespreek nou die persone wat tydens…

6 min.
vir altyd en altyd

As ’n voornemende bruid en bruidegom is julle besig om seker een van die grootste en belangrikste fases van julle lewe te betree deur gereed te maak vir jul troudag en die huwelik wat daarop volg. Ons weet almal dat die huwelik tussen ’n man en vrou die grondslag van alle gemeenskappe is. Gesonde huwelike is die grondslag vir ’n gelukkige gesinslewe en die hoeksteen van ’n stabiele samelewing. Die meeste mense trou, maar met watter gesindheid benader hulle hul huwelik? Daar is gedurig paartjies wat trou en al verskil hul kulture en die tale wat hulle praat, is die vrae wat deur die landdros of leraar geva word dieselfde: ‘Neem jy haar as jou wettige vrou?’ en ‘Neem jy hom as jou wettige man?' ’n Leraar sal die paartjie ook nog hardop…