EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot

29-Oct-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
$2.35(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$91.80(Incl. tax)
51 Issues

in this issue

6 min.
my maande sonder my kinders

SYHET ’n bitter moeilike vyf jaar agter die rug, vertel die beeldskone Ierse eksvrou van die Suid-Afrikaans krieketheld Graeme Smith Nadat hul huwelik in 2015 verbrokkel het, was die emosioneel verpletterde Morgan Deane in twee geskeur: Bly hier in Suid-Afrika, waar sy eensaam en sonder ’n loopbaan is – of keer terug na haar Ierse geboortestad, Cork, en die ondersteuning van familie en vriende . . Die voormalige popsangeres het gekies om in Suid-Afrika te bly om naby haar en Graeme se kinders te wees. Drie jaar gelede het sy nuwe liefde gevind en ’n verhouding aangeknoop met Glen Power, die tromspeler van die Ierse rockgroep The Script, maar haar nuwe romanse het nog komplikasies gebring: Glen woon in Dublin, byna 10 000 km van Kaapstad. Hul tyd saam was beperk tot heen-en-weer-vakansies. Die…

9 min.
my pyn oor my seun

SY HET nagte lank getreur oor alles wat van haar weggeruk is – haar geliefde man en sielsgenoot deur die dood, haar dogter en haar kleinseun, albei deur selfmoord, en haar seun wat sy laas in ’n gevangenis in Brasilië gesien het. “Ek het God bly smeek om hom terug te bring,” sê Thea Pretorius. Al het sy geweet haar seun, Gerhard Janse van Vuuren (39), sou dan in die hof moes teregstaan vir die wrede moord op sy eksmeisie Andrea Venter (24), wat in 2011 met ’n vuisyster aangerand en met ’n knipmes doodgesteek is. Hy is destyds van die moord op Andrea aangekla, maar het landuit gevlug nadat hy borgtog gekry het. Thea glimlag wrang. Die lyne van smart is diep om haar mondhoeke gekeep. “Ek het geweet die lewe kan…

6 min.
op die troubus

DIT was soos ’n egte stadsprokie, en dít in die tyd van die coronavirus: die stralende bruid in ’n pragtige ontwerpersrok en haar aantreklike bruidegom wat hand aan hand deur die Kaapse middestad stap – die een se glimlag breër as die ander. Nes talle toekomstige bruide is die gewilde radiopersoonlikheid en televisieaanbieder Tracey Lange se planne vir haar groot dag vanjaar weens die covid-19-pandemie in die wiele gery. Maar die liefde kan sulke uitdagings oorkom, en Tracey en haar verloofde, Avukile Mabombo, het binne 32 dae ’n kleiner troue met 50 gaste gereël gekry. Op 1 Oktober het hulle by die Old Foundry Hotel in Kaapstad trou aan mekaar beloof. Dit was presies twee jaar en ’n dag sedert Tracey se pa, Colin, op 30 September 2018 oorlede is, en sy…

6 min.
sterk – al is ek anders

’N VROLIKE dogtertjie kom maak die deur oop en nooi ons sommer self na binne: “Kom vinnig in. Ons het doughnuts. Die katte gaan dit eet,” vuur Nicela Naudé haar verwelkoming af. Haar tekkies het goue blinkertjies op, en haar pakkie met blompatrone pas by die mooi Kaapse lentedag. Van die swaarkry wat sy al moes deurmaak, is daar geen teken toe sy voor ons uittrippel na waar haar ouers, Jacques en Madelaine (albei 48), in die leefkamer wag nie. het en die grootmense skrikkerig maak, antwoord sy vinnig dat sy glad nie bang is nie. “Ek is sterk!” Die sesjarige moes inderdaad al groot uitdagings trotseer. Die seldsame Klippel- Trénaunay se sindroom is kort ná Nicela se geboorte by haar gediagnoseer. Net een uit elke 100 000 mense het dié sindroom…

9 min.
kook met kruie

BENEWENS dat ek daarvan hou om sommer bondels kruie by vleis en groente in te druk voor dit oond toe gaan, verwerk ek dit ook graag in allerhande vinnige souse wat ek in ’n kitskoffieflessie skep en in die yskas hou. Dis ideaal as jy vinnig moet kos maak. Op dié manier word al die kruie, wat andersins onder in die groentelaai vergete sou bly, goed hergebruik. ROMERIGE WITWYNHOENDER MET ’N KRUIEBOSSIE ’n Bouquet garni of kruiebossie bestaan uit klassieke kruie soos roosmaryn, tiemie, pietersielie en lourierblare wat in ’n bossie gebind word en dan aan veral vleis- en stowegeregte geur gee. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: SOWAT ’N UUR KRUIEBOSSIE 1 takkie elk roosmaryn,tiemie en pietersielie2 lourierblare HOENDER 8 hoenderporsies; -dytjiesen -boudjiessout en peper30 ml (2 e) olie6 piekeluie, geskil3 preie, in ringetjies gesny,goed afgespoel4…

1 min.
stylvolle diere

KRY DIT HIER ABSOLUTE PETS 021-510-0897; BENJIANDMOON.CO.ZA; KETER.COM; MAKRO 0860-300-999; MIGIDESIGNS.CO.ZA; MRP HOME 0800-212-535; PET-MALL.CO.ZA; PETSVILLE 079-881-8110; POETRY 0860-665-533; SHINGAVET.CO.ZA; SUPERBALIST.COM; TAKEALOT.COM; THE CRAZY STORE 086-111-1281 HOEWEL ONS ALLES IN ONS VERMOË DOEN OM KORREKTE PRYSE TE VERSKAF, KAN FOUTE VOORKOM WAARVOOR HUISGENOOT EN DIE VERSKAFFERS NIE VERANTWOORDELIK GEHOU KAN WORD NIE.…