EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 19-Dec-19

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.26(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$87.89(Incl. tax)
51 Issues

in this issue

2 min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay…

8 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘DAAR IS NIKS WAT JY NIE KAN DOEN NIE’ Shamoné Steynvaart, wat die Hoërskool Driehoek-brugramp oorleef het, praat oor haar begeerte om ander te help en en hoe sy aanpas by die lewe in ’n rolstoel My meisie, ek dink jy is so dapper. Ons kan almal opkyk na jou. Jy lê nie op ’n hopie en kry jouself jammer nie. Hou so aan. Jy gaan dit nog ver bring in die lewe. CHRISTINE Ek ken jou oupa oom Wallie al baie jare. Baie sterkte vorentoe vir jou. Dis moeilik om te glo ’n jaar is al verby. Julle almal, jul maatjies en ouers bly in ons gebede. FRANCOIS Jy is ’n meisiekind op wie enigiemand trots kan wees. Baie sterkte vir elke liewe dag van jou lewe. Mag dit net goed gaan met jou,…

12 min.
seeplesier – sonder dáái broekie

DIE laaste keer toe ’n eina swembroekie die land so aan die gons gehad het, was 25 jaar gelede. In sy luiperdvelspeedo het die bleskop akteur Michael de Pinna toe deur die vlak water getrippel in Vodacom se “Yebo Gogo”-advertensie. Maar al het dié veldtog ons laat lag, het dit speedo’s beswaarlik gewild gemaak. Wie sou tog nou in so ’n swembroekie in die openbaar verskyn? Maar toe kom daardie oomblik in die Springbokke se kleedkamer ná hul Wêreldrugbybekertriomf in Japan verlede maand: ’n Gespierde buksie met golwende blonde lokke drink uit die goue Webb Ellis-trofee en groet prins Harry met sy lendene in die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag getooi – en daar word die sogenaamde Springbroekie toe soos handomkeer een van die snaaksste en oulikste simbole van die jaar. Die…

7 min.
ons mej. heelal se hartsmense

DIE spanning in die arena was byna ondraaglik. Daar op die verhoog het dit gelyk asof Zozibini Tunzi dit nie eens durf waag om asem te haal terwyl sy op die groot aankondiging staan en wag nie. En toe, die ses woorde waarmee haar lewe onherroeplik verander het: “Die nuwe Mej. Heelal is…Suid-Afrika!” het die aanbieder Steve Harvey dit uitbasuin. En daar bars ’n oorverdowende gejuig in die Tyler Perry Studios in Atlanta, Amerika, los. Terwyl Zozi (26), soos haar geliefdes haar noem, met haar blinknuwe kroon op haar kop stomgeslaan die nuus probeer verwerk het, het die kameras na haar verheugde ouers, Lungisa en Philiswa, en ouer suster, Yanga (30), gedraai – al drie geklee in tradisionele drag en met ’n helder, onmisbare Suid-Afrikaanse vlag byderhand. Intussen het haar twee ander susters, Sibabalwe…

6 min.
ek onthou steeds, my hansie

HY WAS ons suksesvolste en langs dienende nasionale krieketkaptein nóg; een van Suid-Afrika se groot sporthelde. Maar in 2000 het hy toe ook vir ons grootste sportskandaal gesorg: Voor die King-kommissie van ondersoek na internasionale wedstrydknoeiery het Hansie Cronjé erken hy het omkoopgeld aanvaar. En toe kom daardie donker oomblik wat in ons nasionale geheue ingebrand is: “Ek is lief vir geld,” het ’n betraande Hansie onder die meedoënlose ondervraging deur adv. Shamila Batohi, deesdae ons direkteur van nasionale vervolging, gebieg. En: “Die duiwel het my dit laat doen.” Skaars twee jaar later het die lewe nog ’n draaibal afgestuur: Op 1 Junie 2002 het die vliegtuig waarin Hansie was teen die Outeniekwaberge naby George gebots. Die gevalle Proteaheld se laaste beurt het in ’n stuk opgefrommelde metaal in die klowe geëindig. Maar…

13 min.
feestelike lam

1. ROOIBOS-EN-ROOSMARYN- LAMSBOUD MET GREMOLATA-RYS Dié maklike resep sorg vir ’n lamsboud wat van die been afval. GENOEG VIR 6-8 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 2½ UUR LAMSBOUD ◗ 2 uie, geskil en in kwarte gesny◗ 2 wortels, rofweg gesny◗ 2 lourierblare◗ 2 kg lamsboud met been en skenkel◗ 2,5 ml (½ t) elk fyn koljander en komyn◗ sout en vars gemaalde peper◗ 6 knoffelhuisies, geskil en gehalveer◗ 4 takkies roosmaryn, in kleiner stukkies gebreek◗ sap van 1 suurlemoen◗ 500 ml (2 k) sterk rooibostee + ekstra indien nodig RYS ◗ 500 ml (2 k) basmatirys◗ ’n hand vol vars pietersielie, gekap◗ gerasperde skil van 1 suurlemoen◗ 15 ml (1 e) botter of olyfolie Voorverhit die oond tot 150 °C. Hou ’n groot, diep oond- of braaibak met ’n deksel byderhand. 1 Lamsboud Versprei die uie, wortels en lourierblare in…