EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 2-Jan-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.26(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$87.89(Incl. tax)
51 Issues

in this issue

2 min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay…

7 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘KINDERS MOET NA MY KYK EN HULSELF SIEN’ Zozibini Tunzi het in ’n wêreld grootgeword waar haar natuurlike hare nie as mooi beskou is nie, maar persepsies oor skoonheid moet verander, sê ons Mej. Heelal Baie geluk aan onse Zozibini. Sy verdien dit. Sy is so pragtig en uniek. Die mededinging in Atlanta was sterk tussen die topvyf. Ons moet so trots wees op haar. THERESA Ek hou daarvan dat sy haar natuurlike hare embrace. Sy leer ons dat ons ons-self nie hoef te verander na gelang van ander se persepsies van skoonheid nie. JO-ANN Nog ’n duim in die lug vir Suid-Afrika. Eers is ons bo in sport, toe kulturele pryse en nou dié prestasie. Baie geluk, Zozibini. Ons land doen ook dinge reg! WILNA Ek is nie verbaas dat sy haar mede-dingers uitgestof het nie.…

6 min.
2020: laat hoop ons dra

HOOP. Dít is wat haar deurdra – selfs ná ’n jaar van kronkelpaaie, duwweltjies en steil opdraandes. Want vir die bekende verhoudingskenner Gretha Wiid (48) was die afgelope jaar vol uitdagings. Sy wil nie meer oor dié hartseer tyd praat nie; dis agter haar en privaat. Maar ondanks dié moeilike pad kies sy om die nuwe jaar met ’n hart vol hoop aan te pak. Al het sy die afgelope jaar eerstehands ervaar hoe ongenaakbaar die lewe kan wees, bly daar vir haar die wete: Daar is altyd iets moois – selfs in die seerste seisoene van die lewe. En al kan jou omstandighede jou dalk buig, buig hoop saam, sê sy. Dié hoop dra Gretha in haar hart met die koms van die nuwe jaar en haar eie nuwe hoofstuk – al…

6 min.
‘sy pa sou trots gewees het’

HAAR swanger lyf het soos ’n ballon voor haar uitgebult, en dit was net twee weke voor die geboorte van haar jongste seun. Toe kom die oproep – en sy besef sy is nou ’n enkelma. Haar derde kind sou Annette Reinach se laatlam wees. Ouboet Herman was toe nege en middelkind Cobus ’n gr. 1’tjie in sy eerste week op laerskool. En toe is dié drie skielik sonder ’n pa. Vandag is Cobus op 29 die ratse Spring-bokskrumskakel wat tydens die onlangse Wêreldbekerrugbytoernooi in Japan die vinnigste Wêreldbekerdriekuns ooit aangeteken het toe hy binne 11 minute drie drieë in die Bokke se wedstryd teen Kanada gedruk het. Ouboet Herman is 32 en kleinboet Jaco al 22. Maar al het meer as twee dekades ná daardie skokoproep verloop, onthou Annette (nou 58) steeds…

6 min.
my huis, my hartsplek

TERWYL sy die land deurkruis het om boere te help liefde vind, kon ons deur Leah se oë die deelnemers aan Boer soek ’n vrou leer ken en ontdek wie hulle by die huis is wanneer hulle ná ’n lang dag op die plaas hul vellies uitskop. Maar wie is die blonde aanbieder van kykNET se gewilde maatsoekreeks wanneer sy die stof van die plaaspaaie afgeskud het, terug is by haar eie huis en haar sandale uitskop? En hoe lyk haar lewe noudat die 12de seisoen van die reeks einde se kant toe staan? Huisgenoot het ’n kykie agter die skerms gekry toe ons by Leah (33) en haar man, Hennie van Niekerk (34), se huis in die noordelike voorstede van Kaapstad gaan inloer het. Sy ontvang ons kaalvoet, onopgesmuk en met…

6 min.
afgejak – maar ek bly hoop

DIE byderwetse grys huis met die plat dak en ruim leefvertrek lyk soos die perfekte woning vir ’n gesin. Die breë stoep en gesellige kaggel het ’n prentjiemooi uitsig op die Hexriviervallei en sy wingerde, en die tuin is netjies versorg. Toe boer Theunis (37) vir die kykNETreeks Boer soek ’n vrou ingeskryf het, het hy gehoop hy kry iemand, ’n maat, om dié uitsig met hom te deel en wanneer die winter nat oor die vallei kom lê saam met hom ’n glas wyn voor die kaggel te drink. Maar dinge het baie anders vir dié boer van De Doorns uitgewerk, en hy woon steeds alleen in sy moderne huis op die heuwel … Toe hy in ’n onlangse episode sy finale keuse maak en Marcia vra om langer op die plaas…