EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 9-Jan-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.42(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$94.44(Incl. tax)
51 Issues

In this issue

2 min.
huisgenoot

REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay de…

7 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘EK IS DRIE JAAR SONDER ALKOHOL’ 2019 was ’n moeilike jaar, sê die radio- en TV-aanbieder Rozanne McKenzie, maar sy gaan die nuwe jaar binne met ’n besonderse persoonlike mylpaal Rozanne, ek is so bly wanneer ek hoor iemand is van alkohol verlos. Mense besef nie hoe die drankduiwel hul lewe steel nie. Jy raak so verstrengel, jy kan nie loskom nie. SUSAN Dis pragtig, Rozanne. Hou net aan Jesus vas. Ek was ook daar, maar vandag kan ek nie aan een goeie rede dink hoekom ek ooit so gedrink het nie. Ek is baie trots op jou, vriendin. KARIN Dit is absoluut wonderlik, Rozanne. Jy het my skoon in trane gehad toe jy in Minki se program was. Na my mening is jy ’n ongelooflike mens en televisieaanbieder. NICOLETTE My man is nou een jaar lank…

12 min.
ons liefdesirkel in pienk

OP ’N ongerepte strand waar dit lyk of die sandkorrels ’n skakering van pienk is, het hulle ewige trou aan mekaar beloof – ’n silwerkopbruidegom en sy bruid, op 50 nog net so beeldskoon as toe sy amper 30 jaar gelede as Mej. Suid-Afrika gekroon is. Daar ver op Pink Beach op Nieu-Seeland se Noordeiland het Suzette van der Merwe asemrowend gelyk in ’n vloeiende ontwerperskepping in dieselfde helderpienk as die bougainvilleas by haar ouerhuis op Stilbaai in die Wes-Kaap. Pienk is ook die kleur van die hemp wat haar bruidegom, Mark Weston (56), gedra het toe sy dié gebore Nieu-Seelander ses jaar gelede op ’n toe-oë-afspraak in Johannesburg ontmoet het. Suzette onthou nog goed hoe dié kleur sy vriendelike blou oë beklemtoon het. “Daar is baie pienk in ons storie,” vertel die…

6 min.
my droomlewe in hollywood

HY IS ouer, die donker hare van destyds is anders gesny en daar is ’n tikkie grys teen sy slape. Maar andersins lyk die man in die Facebook- advertensie vir ’n sangvertoning in ’n Boksburgse kuierplek sommer baie bekend. Kan dit wees? Ja, sowaar . . . “Robbie Klay, Internasionale Superster van Los Angeles, terug in Suid-Afrika vir sy eerste vertoning in vyf jaar,” lui die advertensie. “Gratis toegang.” En hier, twee dae nadat die advertensie opgeduik het, sit hy oorkant ons in lewende lywe: die sanger wat uit die plaaslike kollig verdwyn het nadat hy meer as ’n dekade gelede ’n opskudding veroorsaak het toe hy beweer het ’n ander bekende sanger het hom as kind gemolesteer. Robbie was net 21 jaar oud toe dié sanger in 2009 in die hooggeregshof in Pretoria…

6 min.
ek sal haar nooit vergewe

DIE woede wat uit hom straal, is so oondwarm soos die Bosveldson hier buite sy huis op Lephalale. “Ek sal haar nooit vergewe nie,” bulder Sarel Marais weer. Die “haar” na wie hy verwys, is Ruby Marais, sy voormalige stiefma – en die vrou agter die opspraakwekkende moord op sy pa, Basie Marais, 13 jaar gelede op die rustige Kaapse kusdorpie Jongensfontein. Die rede vir Sarel se woede vandag is die feit dat Ruby onlangs op parool vrygelaat is. “Sy mag nie vry wees nie,” tier hy voort. Want hoewel Ruby die eerste keer sedert die moord op haar man nie die feestyd agter tralies deurgebring het nie, was daar vir Sarel geen sprake van vergifnis en versoening in die seisoen van samesyn nie. Sy verwerping van sy stiefma is die jongste…

7 min.
rugbydrome ná driehoek

DIE dag toe hy die beste rugby van sy lewe gespeel het, onthou die tiener so goed soos gister. In daardie 80 minute waarin hy – die Bryan Habana, nee, die Cheslin Kolbe van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark – keer op keer sy teenstanders op hul tuisveld met sy spoed en ratse voetwerk geflous het, was die hartseer oor sy moeilike lewensomstandighede tydelik vergete. Want toe Sifiso Tshabalala (19), ’n matriekleerder aan dié hoërskool, op dié dag in sy gr. 11-jaar vir die skool se tweede rugbyspan opdraf, was dit met ’n swaar hart: Dit sou sy laaste wedstryd wees voor hy sy geliefde rugbystewels wegbêre. Hy het kort tevore vir sy ma, Zan- dile (43), ’n werklose huishulp, gesê hy gaan ophou speel. “Ek het net gevoel rugby kos my ma…