EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 23-Jan-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.26(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$87.89(Incl. tax)
51 Issues

In this issue

2 min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay…

7 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘HOOP IS ONBREEKBAAR’ VIR OPTIMISTIESE GRETHA Ondanks haar gebroke huwelik bring 2020 ’n nuwe hoofstuk en glo sy steeds als werk ten goede mee, skryf Gretha Wiid in ’n ope brief aan Huisgenoot -lesers Jy is ’n pragtige vrou! Tel jou kop hoog op en moet jou nie steur aan al die giftige mense nie! Hul eie lewe is duidelik “perfek” . . . Alles wat mooi is vir 2020! TERSIA Waaroor gaan almal so aan oor haar? Sy is nie die eerste mens met wie dit gebeur nie en sal ook nie die laaste wees nie. As ek dalk onsimpatiek klink – ek was ook al daar. RITA Gretha, jy is pragtig. Diegene wat nie van jou hou nie, is net jaloers. As mense niks goeds het om te sê oor iemand nie, moet…

16 min.
’n beter lewe op ons eie

SKAARS twee jaar het verloop sedert daardie luisterryke bruilof van die prins en sy beeldskone bruid in die swier van ’n tradisieryke katedraal. Die wêreld was in vervoering oor dié ware sprokiestroue. Prins Harry, daardie eens verlore en rigtinglose jong man, het sy hart verloor op ’n wêreldwyse aktrise wat duidelik lief was vir haar prins, maar ook ’n sterk wil van haar eie het. Harry en sy Meghan was ’n formidabele paartjie – hy met sy natuurlike sjarme en prettige streep; sy die slim en selfversekerde Amerikaanse skoonheid. Die nuwe koninklike glanspaar gaan dinge deurmekaarkrap, het waarnemers toe reeds voorspel. Maar hulle kon dalk die beste ding gewees het wat in ’n lang tyd met die stugge koninklike familie gebeur het: Hulle was gewild onder gewone mense, meer toeganklik en modern as…

1 min.
ander werkende koninklikes

PETER PHILLIPS Met geen koninklike verpligtings wat hom aan bande lê nie, het die koningin se gunstelingkleinseun al vir Jaguar en die Williams-F1-span gewerk. Hy het toe by die bestuurspan van die Royal Bank of Scotland aangesluit en werk nou as direkteur van die sport-en-vermaakmaatskappy SEL UK. ZARA TINDALL Die koningin se kleindogter is ’n bekwame ruiter, ’n ambassadeur vir Land Rover en iCandy-stootwaens, en het ’n juwelierswarereeks geskep. PRINS EDWARD, GRAAF VAN WESSEX Hy het eens probeer om sy koninklike verpligtings met die bestuur van ’n televisieproduksiemaatskappy te kombineer, maar dit het nie gewerk nie. Die koningin se jongste seun het talle van sy pa se verpligtings oorgeneem nadat dié verlede jaar sy aftrede aangekondig het. SOPHIE, GRAVIN VAN WESSEX Sy het haar eie beeldpoetsfirma bestuur, maar het dit laat vaar nadat sy betrap is waar…

4 min.
vonk in die kruitvat

SOMMER vroeg in die nuwe jaar is ons opnuut herinner watter smeulende kruitvat die Midde-Ooste is. Tydens ’n week van hoogdrama het dit gelyk of Amerika en Iran afstuur op konflik waarby die ganse streek ingesleep kan word. Die lont is aangesteek toe Iran se topgeneraal, Qasem Soleimani, op 3 Januarie tydens ’n besoek aan Irak deur ’n Amerikaanse missielaanval vermoor is. Terwyl die wêreld nog verstom was oor dié sluipaanval op ’n hoë lid van ’n soewereine staat, het ’n see van rouklaers in die strate van Teheran, die Iranse hoofstad, wraak geëis. Toe Iran se topregeringslui dreig hulle sal Soleimani se dood wreek en Amerika sal met bloed boet, het die wêreld asem opgehou . . . Maar nadat ’n Iranse missielaanval op twee Amerikaanse weermagbasisse in die streek geen lewens…

1 min.
wie was genl. qasem soleimani?

Dié hoof van Iran se Koeds-mag is beskou asdieargitekvanIransepogingsomsy invloed in die Midde-Ooste te versterk. “Hy het ’n hegte verhouding gehad met die Iranse opperleier, ajatolla Ali Chamenei, en was die aanvoerder van die Revolusionêre Wag – die skoktroepe en beskermers van die ajatolla se Islamitiese revolusie. Hy was die tweede magtigste man in Iran,” sê prof. Hussein Solomon van die Universiteit van die Vrystaat. Die politieke ontleder Oz Katerji skryf: “Al manier om Soleimani se nalatenskap te verstaan is om sy spoor van bloedvergieting deur die Midde-Ooste te volg . . . die dood van honderde Amerikaanse soldate, maar veral ook sy onbeteuelde barbaarsheid teenoor burgerlikes,” skryf Oz. “Hy was persoonlik verantwoordelik vir aanvalle waarin duisende burgerlikes gesterf het.”…