EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 6-Feb-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.42(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$94.44(Incl. tax)
51 Issues

In this issue

2 min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay…

7 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘EK IS SO VERHEUG’ SÊ SUZETTE BARNARD Haar dogter se vermeende moordenaar, Jurgen Vanderkeere, het hom aan die polisie oorgegee. Hy is destyds aangekla, maar het gevlug terwyl hy op borgtog was. Ons het na Suzette gekyk op Huisgenoot: Ware lewensdramas. Sy’t gesê hoe sy sukkel om met haar lewe aan te gaan omdat hy nog nie gevang is nie. So bly vir haar.ANNALIE Ja, dis goed dat hy nou agter tralies is en verhoor sal word. Maar die hofsaak sal ’n nuwe hel wees vir die ma om deur te maak. Mag God haar bystaan.ALLETTA Hoekom het hy so lank gewag voor hy hom oorgegee het? Het sy gewete hom nou eers begin pla? Maar die gesegde lui mos: Die wiel draai stadig maar seker.ANSIE Die polisie het seker van hom vergeet. Hy…

6 min.
gekiek rohde se luilekker kuskuier

‘JASON! Hi, how are you doing?” hoor jy ’n manstem op ’n Sondagmiddag laat in ’n klein restaurant teen die see. ’n Man met ’n grys stoppelbaard, ligbruin broek en witen-blou knopieshemp staan op en glimlag voor hy die ander man met ’n stewige handdruk groet. “Good, I’m good. How are you doing?” vra hy en skuif sy sonbril voor sy oë reg. Met sy hande gemaklik in sy broeksakke begin hy gemoedelik gesels. ’n Vrou kom nader gestap. Sy groet hom met ’n drukkie en hulle lag hartlik saam. Die kelner sit ’n Castle Lite op die tafel voor hulle neer en die man vat ’n sluk. Dan tel hy die pakkie sigarette op wat voor hom op die tafel lê, sê vinnig iets vir sy gaste en loop by die restaurant op…

10 min.
liefde deur die trane

DIE stamperige rit op die klipperige grondpaadjie na die trouvenue hoog teen die hange van die Magaliesberge herinner vandag aan die moedige stryd wat die minnesanger en sy bruid elk moes deurmaak voor dié heuglike dag. Maar nie eens die fel somerson kan vanmiddag die vreugde demp nie. In die koelte van die buitelugkapel wag ’n stralende Manie Jackson nou fier en flambojant in ’n blink, geborduurde wit en silwer baadjie. Hy kan nie ophou glimlag nie, want eindelik kan hy en sy fyn blondekopverloofde, Christel Coetzee, saam die pad vorentoe aandurf. Vandag is hul mooiste dag van liefde – hul troudag. Onder die 190 trougaste wat hul plekke ingeneem het, is daar benewens familielede en hartsvriende ook vele bekende gesigte, soos dié van die sangers Manuel Escórcio, Min Shaw en Clive…

7 min.
dems en tim se herehuis

HOE lyk ’n huis wat glansryk genoeg is vir een van die heelal se mooiste vroue? Soos dié een. Noudat ons pasgetroude voormalige Mej. Heelal Demi-Leigh Nel-Peters wettig nóg ’n van kry – dié van haar nuwe man, Tim Tebow – sal sy haar tasse dalk uitpak in die luukse huis wat die Amerikaanse bofbalspeler en motiveringspreker ses maande gelede gekoop het. Tim het verlede jaar ’n luukse dubbelverdiepinghuis van R44 miljoen in Jacksonville, Florida, gekoop, het die koerant Jacksonville Daily Record berig en dié foto’s van die huis gedeel. Die eiendomsagent het bevestig die foto’s wat geneem is toe die huis oënskynlik in die mark was, mag gepubliseer word. Tim (32) het in die omgewing grootgeword, en dié stad is ook waar sy liefdadigheidstigting, The Tim Tebow Foundation, gebaseer is. Dit is…

6 min.
china se wegholvirus

GANSE stede wat onder kwarantyn geplaas is, mediese personeel met maskers en beskermende pakke, mense wat skielik sterf en ’n onkeerbare virus wat net aanhou versprei en ’n spoor van dood en chaos laat. Dit klink byna soos iets uit ’n wetenskapsfiksieriller … Gesondheidskenners waarsku al jare lank dat dit net ’n kwessie van tyd is voor ’n wêreldwye pandemie ons tref – en met die geheimsinnige coronavirus wat nou verwoesting saai in China, en teen ’n ontstellende spoed na ander vastelande versprei, wonder baie of daardie donker dag eindelik hier is. Dis reeds duidelik dat die gesondheidsowerhede dié virus ernstig opneem. Nadat die eerste gevalle van besmetting met die virus in Januarie aangemeld is, het Chinese amptenare aan die werk gespring en die stad Wuhan – die middelpunt van die uitbreking – saam…