ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 13-Feb-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
BUY ISSUE
$2.49(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$96.97(Incl. tax)
51 Issues

in this issue

7 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘ONS MOET VORENTOE KYK EN AANGAAN’ ’n Jaar ná die Hoërskool Driehoek-brugramp gaan dit beter met die onderwysers en kinders, sê RicardoErasmus, dienuweskoolhoof. Maarhullesalnooitvergeetnie. Baie sterkte met die taak, Ricardo Erasmus. Die Steyn-gesin weet u sal alles insit om ’n sukses by die skool te maak, al is dit ook ’n bittersoet situasie waarin jy is.ANNEMARIE Ek sal daardie dag nooit vergeet nie. Waar die skool vandag is, bewys ons as Suid-Afrikaners kán weer opstaan. Dis die kwaliteit van ál ons burgers wat die verskil maak.MARYNA Nee, meneer. Die Vaaldriehoekers sal altyd die seer van daardie dag voel. Jy weet nie wat in ander se koppe aangaan nie. Net die Here kan help om dit te verwerk.THELMA Daardie dag was ’n onvergeetlike nagmerrie. Dink aan veral kinders en ouers wat iemand verloor het. Mag…

6 min.
’n stem uit die skaduwêreld

DIT voel onwerklik, soos ’n geheime ontmoeting in ’n grinterige spioenasieriller. Hier by die Wonderboom-lughawe in Pretoria is ons kwalik bewus van die vliegtuie wat in ’n wolklose blou dam opduik en in die niet verdwyn. Want ons is verdiep in die skaduwêreld van dekades gelede, waar veiligheidspolisie en hit squads meedoënloos op teenstanders van die apartheidsbewind jag gemaak het. Die wêreld waar die destydse Sweedse premier Olof Palme in 1986 op straat in Stockholm doodgeskiet is. En waar dr. Robert Smit en sy vrou, Jeanne-Cora, in 1977 in hul huurhuis op Springs vermoor is. Die moordenaars het die steeds onverklaarbare boodskap “RAU TEM” in rooi spuitverf agtergelaat. Albei dié raaiselagtige moordsake is vandag steeds onopgelos. Maar met die jare is een man se naam as verdagte in albei sake genoem. En hier sit…

6 min.
vrede ná die vete

KYK jy na ’n foto van die twee donkerkoppe knus langs mekaar, sien jy ma en dogter het dieselfde neus en byna dieselfde kleur oë. Selfs hul glimlag is identies. Soos vinkel en koljander; dis hoe party mense wyle Elbé Oosthuizen en haar enigste dogter, Tania Goldschagg, beskryf. “Hulle loop dieselfde, hulle lag dieselfde,” sê Dirk Winterbach (33) van sy oorlede ma en sy ousus. En dan voeg hy by: “Hulle raak ewe bedonnerd.” En Elbé was duidelik goed beduiweld die dag in 2013 toe sy haar testament opgestel het. Nie net onterf sy Tania (nou 41) daarin nie; sy kry haar dogter ook voor stok omdat sy haar ma glo “belieg en bedrieg” het. “My kind, in die lewe het jy nooit enige respek vir my of enige van my goed gehad nie,”…

1 min.
wanneer kan jy ’n testament betwis?

Dit gebeur gereeld dat mense ’n testament opstel wanneer hulle kwaad is, vertel Pieter Roos van die prokureursfirma Van Zyl Ingelyf in Centurion. “Dit is natuurlik altyd ’n slegte idee, en gewoonlik kom hulle terug en verander dit weer.” ’n Testament kan net op grond van tegniese aspekte betwis word, byvoorbeeld wanneer die handtekeninge daarop vervals is, dit nie die oorledene se nuutste testament is nie of as dit nie binne die persoon se vermoë was om die testament te onderteken nie. “Jy kan dit nie betwis op grond daarvan dat jy en jou ma byvoorbeeld vrede gemaak het nadat sy dit opgestel het nie,” sê Pieter. Hy raai kliënte dus af om emosionele uitlatings in ’n testament te maak of iemand daarin sleg te sê. “Dit dien geen doel nie behalwe om seer…

6 min.
ware hofdrama

IN DIE hooggeregshof in Kaapstad is daar selde ’n tekort aan drama. Hier word immers gereeld opspraakwekkende sake verhoor waaroor almal kliphard gons. Maar oor die bewerings wat nou hier die rondte doen, word daar net in gedempte stemme gepraat … In die lang gange sit advokate en staatsaanklaers in hul swart togas vir ’n oomblik hul aktetasse op die blink vloere neer om die jongste nuus uit te ruil. Selfs in die hof se openbare badkamer praat twee skoonmakers saggies daaroor terwyl hulle op hul besems leun. Dis dié keer nie ’n dramatiese moordof bedrogsaak wat op almal se lippe is nie. Maar vir die mense wat elke dag hier in die hofgebou hul dagtaak verrig, is dit ewe belangrik. Want die hoofspelers in die drama waaroor almal fluister, is die…

7 min.
liewe nataniël …

DIT is die tweede maand van die jaar 2020 – 02/2020; ’n datum en dekade met ’n mooi en strelende soort simmetrie daaraan. Maar ondanks dié netjiese naam van die hede, sal daar natuurlik – soos altyd – onderlangs onderstromings kolk. Vrae, onsekerheid, uitdagings, al hou ons die blink kant bo. Wie verwoord dit beter as daardie eiesoortige Afrikaanse ikoon Nataniël? In sy jongste boek, Nataniël: Herinneringe aan ’n kindertyd, kyk die sanger, skrywer en aanbieder terug na sy vormingsjare. En in ’n nuwe verhoogproduksie, Lily Refuses to Listen, verwoord die kunstenaar die dinge wat belangrik en beeldskoon bly ten spyte van die aanslae van die lewe. “Out with the bull, in with the beauty!” verklaar die produksie se bemarkingsmateriaal. Want in dié stuk vier hy “persoonlike ruimte, persoonlike keuses, selektiewe luister, selfsorg…