ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot Joost van der Westhuizen bylaag

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
BUY ISSUE
$2.46(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$96.20(Incl. tax)
51 Issues

in this issue

4 min.
rus sag, dapper vegter

HY WAS ’n man vir groot oomblikke, oomblikke van hoog vlieg en seer val. Maar telkens het hy die stof afgeskud, opgestaan en voortgebeur. Hy was immers Joost van der Westhuizen – rateltaai rugbyreus, aantreklike hartebreker, feilbare mens. In sy laaste oomblikke – as ’n uitgemergelde pasiënt – was hy net ’n skaduwee van die eens gespierde skrumskakel van 92 kg en 1,88 m. Tog het sy aanhangers bly hoop die voormalige Bokkaptein sou hulle weer verstom met die veggees wat hom deur soveel stormagtige tye in sy lewe gedra het. Maar toe breek die dag op 6 Februarie 2017 aan: Die terminale, verlammende motorneuronsiekte (MNS) waarteen hy jare lank so moedig geveg het, het die lewe van ’n Suid-Afrikaanse legende op 45-jarige leeftyd kortgeknip. Joost het reeds as laerskoolkannetjie in Pretoria op…

6 min.
staaltjies oor boet joost

SORGELOOS, opwindend en mededingend . . . So onthou Pieter van der Westhuizen sy en sy broer Joost (hulle het ook ’n laatlambroer, Gustav) se kinderdae in die destydse Noord-Transvaal. Joost is op 20 Februarie 1971 in Pretoria gebore en het in ’n minder ryk deel in die noordooste van die stad grootgeword. “Maar dit het ons nie gepla nie, want dit was lekker tye,” het Pieter (nou 47) ’n paar jaar gelede aan Huisgenoot vertel. “Ook vol kattekwaad, want dit was die dae toe ’n mens nog op ’n mooi en gesonde manier kattekwaad kon aanvang: dinge soos toktokkie speel en jou help aan die vrugte van iemand anders se boom, sulke dinge; niks leliks nie. “Dit het wel beteken dat ek en Joost gereeld onder my pa, Gustav, se belt moes…

14 min.
’n stortvloed sukses

WÊRELDBEKER-GLORIE: 1995 DIT was ongewyfeld een van die onvergeetlikste o o m b l i k k e in SuidAfrikaanse rugby en in wêreldsport. En dit het bevestig wat rugbyliefhebbers al twee jaar tevore begin vermoed het toe hy op 22 in Buenos Aires ’n drie in sy toetsdebuut teen Argentinië druk: Joost Heystek van der Westhuizen het senuwees van staal. Dis die Bokke se eerste Wêreldbekertoernooi. Ons sak in ekstra speeltyd vir ’n skrum op die kwartlyn van ’n magtige All Blackspan met die Jonah Lomufaktor; die telbord sê 1212 . . . Dis maak of breek. Gaan een van die reeds wanhopige Kiwi’s die jong Joost in besit betrap; gaan hy middein die ondraaglike spanning iets onbesonne aanvang? Of dalk die bal aanslaan, dit vir die verkeerde man gee of ’n…

19 min.
die liefdes in joost se lewe

REEDS die eerste keer toe Joost van der Westhuizen in ’n Blou Bul-trui op Loftus Versfeld uitdraf, verkyk die meisies hulle aan hom. Wie is die donkerkopman met die besonderse oë en welige wimpers? wonder hulle. Ook in rugbykringe kan niemand die hartebreker agter die bal miskyk nie. Toe die 23-jarige Joost in November 1994 twee drieë druk op die Skotte se tuisveld, Murrayfield, wei die eerbiedwaardige Londense dagblad The Times uit oor veel meer as net sy speeltalent. “Skrumskakels is nie veronderstel om so te wees nie. Skrumskakels is veronderstel om kort en geset te wees, met ’n gesig soos ’n terriër wat te veel agter dassies aan in hul gate ingekruip het. Van der Westhuizen is anders. Hy lyk soos ’n lang, aantreklike rolprentster. En Saterdag het hy soos een…

9 min.
’n stryd tot in ekstratyd

DIS Paasnaweek 2011 en ’n jolige sonskydag toe Joost van der Westhuizen en sy jare lange doktersvriend by Sun City in Noordwes in ’n swembad met mekaar stoei. In dié ligte oomblik vermoed dr. Henry Kelbrick die eerste keer onraad: Joost se regterarm is veel swakker as sy linkerarm. Al stem dit hom effens onrustig, bly hy vir eers stil, maar toe hy later die naweek boonop agterkom Joost se tong sleep ietwat, besef Henry iets skort. Met hul terugkeer ná die naweek reël Henry die Dinsdag vir die eens topfikse en gesonde gewese Springbokskrumskakel ’n afspraak by die Pretoriase neuroloog dr. Pieter Kritzinger. Hy vergesel hom daarheen. Die neuroloog beveel toetse aan en die uitslag bevestig Henry se ergste vermoedens: ’n voorlopige diagnose van die ongeneeslike en aftakelende motorneuronsiekte (MNS). Dié toestand…