EXPLOREMY LIBRARY
Crafts
Idees

Idees

July/August 2020

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
IdeesFabriek
Frequency:
Bimonthly
Read More
SPECIAL: Save 30% on your subscription!
BUY ISSUE
$5.52(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$30.35$21.24(Incl. tax)
6 Issues

in this issue

2 min.
van die redakteur

Om dié uitgawe bymekaar te sit was… anders. ’n Mens kan dit seker baie ander dinge noem, maar ‘anders’ som dit vir my die beste op. Ons werk al drie jaar lank uit ons huise, so daaraan is ons gewoond. En vergaderings wat van my eetkamertafel na Teams en Zoom en sommer net WhatsApp-video verskuif het, was gou nie meer ’n nuutjie nie. Maar vir ’n selfdoentydskrif wat nie kan gaan aankope doen by ’n selfdoenwinkel (eers heel toe en toe net oop vir professionele mense) of ’n lap- of wolwinkel nie, kan dinge taai raak. Ook vir ’n taalpuris wat aanmekaar die betekenis van ‘selfdoen’ wil uitwys! Daar is egter altyd ’n plan en so begin ek in my kaste rondkrap vir oorskietlap wat ek stuk vir stuk op my skerm…

1 min.
koshelpers

AFRIKA TIKKUN Johannesburg en Kaapstad 011 325 5914 of 021 276 0424 afrikatikkun.org info@afrikatikkun.org ANGEL NETWORK, THE Kaapstad, Johannesburg en Durban 083 777 1621 theangelnetwork.co.za glynne@theangelnetwork.co.za ANGELS’ CARE Howick, KwaZulu-Natal 033 330 6837 angelscare.co.za sponsors@angelscare.co.za FEED SA Gauteng 072 378 2554 of 082 994 1100 feedsa.co.za romi@feedsa.co.za genevieve@feedsa.co.za FOOD FOR LIFE KwaZulu-Natal, Gauteng, Wes-Kaap en Mpumalanga 031 811 1108 of 081 420 1784 fflsa.org info@fflsa.org FOOD FORWARD SA Landwyd 021 531 5670 foodforwardsa.org info@foodforwardsa.org GIFT OF THE GIVERS Landwyd 0800 786 911 tolvry giftofthegivers.org info@giftofthegivers.org JAM SA Johannesburg 011 548 3943 of 079 514 8443 jamsa.co.za jamsa@jamint.com LADLES OF LOVE Kaapstad 079 773 9334 ladlesoflove.org.za info@ladlesoflove.org.za NATION CHANGERS KwaZulu-Natal 086 112 2331 nationchangers.co info@nationchangers.org.za OPERASIE HONGER Landwyd 011 902 4000 operationhunger.org.za info@operationhunger.org PSFA Wes-Kaap 021 447 6020 psfa.org.za info@psfa.org.za SAME-STIGTING Landwyd 086 122 2379 of 011 781 1510 samefoundation.org.za capetown@samefoundation.org.za gauteng@samefoundation.org.za kzn@samefoundation.org.za SA ROOIKRUISVERENIGING Landwyd 010 020 2516 redcross.org.za redcross@redcross.org.za PICK N PAY – Inkopiegangers kan kosdonasies maak by die kasregister, of skenk jou Smart Shopper-punte aan Food Forward SA op die Smart Shopper-app. FOOD LOVERS’ MARKET – Plaas kosdonasies in die trollie by die winkel se uitgang.…

4 min.
nuwe dinge

pienk hare Toe ons redakteur so twee jaar gelede haar blonde bob ’n ligte pastelpienk gekleur het, was sy (soos gewoonlik) haar tyd vooruit. In ’n artikel aanlyn beskryf die Amerikaanse glanstydskrif Allure dit as dié trend wat ’n kopskuif verteenwoordig. In die lang weke van Covid-19-inperking wêreldwyd het hierdie nuwe gier oral kop uitgesteek. Wanneer vrees, onsekerheid en angs oorneem, wend mense hulle tot iets waaroor hulle wel beheer het, soos hul selfversorging. En hulle kleur hul hare tuis – pienk. Die nie-permanente tuiskleursel Kristin Ess in Rose Gold het so te sê uitverkoop tydens Amerika se lockdown. Die handelsmerk reken dit is omdat pienk ’n vrolike kleur is, lig en lighartig, nes blonde hare. Dit verdoesel ook die uitgroeilyn van jou haarwortels en lyk nie so laf soos oranje…

5 min.
die reёn-booghuis

SITKAMER Die muur is groen geverf om by die outentieke Fransestyl rusbank uit die jare vyftig te pas. Makien het die verf spesiaal by ’n selfdoenwinkel laat meng. Die rusbank is ’n winskopie wat sy in ’n liefdadigheidswinkel raakgeloop het – die stoffering was in topkondisie! Die Hollywood Regencysytafeltjies en die staanlamp met sy oordadige antieke brons voetstuk kom uit dieselfde liefdadigheidswinkel. Die mat is van Ikea en die kussings van El Ramla Hamra KOMBUIS Hier het hulle op natuurlike hout en moderne, skoon lyne besluit om Makien se kleurryke bykomstighede uit te stal. Verf wat maklik gewas kan word is vir die swart spatplaat gebruik. Ná ’n vrolike mooimaaksessie pryk hierdie vintage-klavierstoeltjie nou in ’n geelgroen skakering wat baie tipies is van Makien se styl. Haar voorliefde vir antieke glasware is so…

3 min.
eet saam

EKLEKTIES Jy kan heerlik speel met wat jy reeds in die huis het en tweedehandse vondste. Die moderne wit tafel met sy eenvoudige ovaal vorm is perfek vir die mengelmoes van stoele. Gee jou ou Louis-of landelik-Franse stoele ’n nuwe voorkoms deur dit met ’n vegie antiekgoue verf of bladgoud af te werk. Kombineer dit met wit Panton-of Champagne-stoele vir ’n retro-element. Die blieng van die vintage-kandelare en -spieël en wit van die verskillende vase trek al die elemente mooi bymekaar, met blomme en servette wat vir spatsels kleur sorg. MINIMALISTIES Gestroop van fieterjasies is die voorkoms wat die spysenier Christine Capendale vir haar nuwe huis in die Tuine in Kaapstad wou hê en dit geld ook haar eetkamer (foto onder). Die skoon, reguit lyne van die tafel en twee bankies werk mooi…

1 min.
vars bries

STOELE MET SOKKIES Kikker jou eetkamerstoele op met speelse verfwerk. MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: naweek, droogtyd ingesluit JY BENODIG ♥ houtstoele♥ universele grondlaag♥ wit glans-emaljeverf♥ krytverf in die kleur van jou keuse (ons het Tjhoko in Goodness gebruik)♥ verfkwaste♥ maskeerband♥ skuurpapier SO MAAKJY 1 Besluit vooraf hoe jy jou stoele wil verf, maar onthou, almal hoef nie dieselfde te lyk nie! Ons het een stoel heeltemal wit geverf en toe vir hom groen sokkies aangetrek, vir ’n ander een net wit sokkies gegee, en nog een het ’n wit baadjie gekry sodat net sy lang bruin kouse uitsteek. 2 Skuur al die houtdele wat jy met emaljeverf wil bedek, liggies af. Verf dit met universele grondlaag en laat dit heeltemal droog word voordat jy die emaljeverf aanwend. Verf ’n hele paar lae tot die bedekking mooi solied is, maar…