EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Landbou Boerekos

Landbou Boerekos

Somer 2019-2020

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More

In this issue

1 min.
landbou boerekos

HOOFREDAKTEUR Chris Burgess KOSREDAKTEUR Arina du Plessis FOTOGRAWE Berna Coetzee Lee Schwagele Myburgh du Plessis GRAFIESE ONTWERPER Lynn Campbell SUBREDAKTEURS Ina Ferreira Johan Fouché Nelia Richter SKRYWERS Amelia Genis Lucille Botha PRODUKSIEBESTUURDER Gretchen Peiser FOTOHANTERING Elgee Strauss AdvertismentS Dirk Lamprecht 012 485 9384 Berdine Gericke 051 404 7760 Media24 Weeklikse Tydskrifte Hoofbestuurder Leefstyl Minette Ferreira Uitgewer Theuns Venter Administrasie Johan Terblanche Kategoriebestuurder Armand Kasselman Intekenare Elmarie Eygelaar Uitvoerende hoof: Drukmedia Rika Swart…

3 min.
’n reis die verlede in

Eers Kersfees, en dan, om die Nuwejaar in te lei, miskien ’n laaste laatmiddag-braai of die gebruiklike Oujaarsaanddans by die sportklub of die boereverenigingsaal, voor daar weer gedink word aan die langpad terug na die werk. Dit is ’n spesiale samesyn dié waarvoor ons elke jaar terugreis na die plekke van ons grootwordjare. Vir my is dit die familieplaas in die Oos-Kaap. Ek, my vrou en die seuns wat saam met honderde duisende ander Oos-Kapenaars die jaarlikse pelgrimstog aanpak. Meestal van Gauteng en die Kaap af na die landskap van ons kinderjare. Die ysterkliprantjies met hul bloedrooi aalwyne en vlietende ribbokke, sag onder ’n groen rooigraskombers en hopelik ’n borrelende, wit cumuluswolk wat in ’n potblou hemel ’n reënbui aanjaag. Kersfees is vir ons ’n tradisionele Duitse affêre – aartappelslaai, gepekelde haring…

4 min.
só sê ons lesers

WENBRIEF Marlene Potgieter wen ’n fantastiese kookboekgeskenkpak van NB-uitgewers ter waarde van R1 750 met haar brief. Lekker lees en kosmaak, Marlene! MY LAND, MY KOS, MY MENSE… Sjoe, het ek nou die winteruitgawe van Landbou Boerekos geniet! Dit was so spesiaal. Ek is ’n oud-Namibiër en het in my gedagtes op elke bladsy saam met julle getoer en gekook. Ek was dae lank in my eie wêreld terwyl ek die uitgawe bladsy vir bladsy en woord vir woord verorber het. ’n Vriend het eenkeer spottenderwys vir my gesê: “Ek kan ook net met jou huishou as ons oor die grens gaan Namibië toe.” Ek is ’n voedseldiensbestuurder van beroep, maar kook meestal boerekos, soos my Suidwesouma en -ma my geleer het. Dis my erfenis en ek hou daarvan om my mense met hierdie erfenisjuweel…

1 min.
op facebook

ANNEKE GROENEWALD-RAINES: Ek is gedurig op die uitkyk vir nuwe tydskrifte wat waarde vir geld bied. Gister het ek vir die eerste keer Landbou Boerekos raakgesien en was verbaas om te sien dat dit reeds die 13de uitgawe was. Wat ’n fees vir die oë! Ek het gehou van die artikels “Só sê ’n boer’ by elke kossoort. Ek is ook verras deur die heerlike resepte met alledaagse, bekostigbare bestanddele! Ek gaan beslis môre winkels toe vir uitgawe 14! HELENA BAKKES: Dit is die één tydskrif wat ’n mens moet koop. PIETER OPPERMAN: My hoogtepunt elke ses maande. Kan nie wag nie. AN NIEUWOUDT: Ek lees kookboeke soos speurverhale… bly op die uitkyk vir die lekkerste en vinnigste manier hoe om deur die proses, die etes en voorbereiding te kom. Hierdie kosboek is die beste in ons land.…

2 min.
ouma poppie se vleisbeskuit

Die Boerekos-span is lief vir ’n lekker onthoukos-storie, en toe ons die foto van “vleisbeskuit“ sien wat Ambelene Freemantle van Middelburg in Mpumalanga ingestuur het, was ons baie nuuskierig oor dié lekkerny. AMBELENE ONTHOU: Ons het grootgeword met vleisbeskuit. Wel, dit is wat my ouma Poppie dit genoem het en só word dit steeds vandag deur my familie genoem. Dit was ’n heerlike lekkerte wat Ouma altyd vir ons gemaak het vir padkos. Ek maak dit vandag nog, maar gebruik net ’n kortpadmetode vir ons padkos-lekkerte. Ouma het vier maal per week soetsuurdeegbrood gebak, al was winkelbrood by die kafee te koop. Oupa het geweier om sy mond aan die “wind-brood” te sit. Gevolglik was broodbak vir Ouma so maaklik soos asemhaal. Daar is seker ander name vir Ouma se vleisbeskuit en ek glo…

1 min.
skryf vir ons en wen

Laat weet ons wat jy van hierdie uitgawe van Boerekos dink, en jy wen dalk ’n fantastiese geskenkpak met eksklusiewe Freroux-produkte ter waarde van ’n allemintige R3 750 met jou brief! Skryf aan ons kosredakteur, Arina du Plessis, by aduplessis@landbou.com voor 1 April 2020 om in aanmerking te kom vir die prys. Die eg Suid-Afrikaanse Freroux-reeks, wat geërf is van ouma Frèda en vervolmaak is deur die nuutste wetenskap, se uniekheid lê in die kompakte reeks waarmee jy self aan jou vel se behoeftes kan aandag gee namate dit verander volgens siklusse, seisoene en die weer. Die verskillende serums kan in verskeie kombinasies saam gebruik word, afsonderlik of saam met dagof nagroom. Dit bied aan jou ’n opwindende nuwe ervaring in kosmetiekgebruik. Besoek www.freroux.com vir nog inligting.…