EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Landbouweekblad

Landbouweekblad

10/29/2020

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
$2.06(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$77.23(Incl. tax)
50 Issues

in this issue

3 min.
ramaphosa wil werk skep met nuwe plan

WERKSKEPPING is die middelpunt van die ekonomiese rekonstruksie-en-herstelplan wat pres. Cyril Ramaphosa in die parlement aangekondig het. Daarmee saam beklemtoon dit drie voorrangsake om ekonomiese groei aan te vuur – die bou van infrastruktuur, die uitbreiding van kragopwekkingsvermoëns en nywerheidsontwikkeling. Die staat het vroeër vanjaar reeds R100 miljard oor die volgende drie jaar vir werkskepping deur openbare en maatskaplike indiensneming bewillig. Dié ingryping is onmiddellik van krag, met meer as 800 000 werksgeleenthede wat volgens Ramaphosa voor die einde van die huidige boekjaar geskep sal word. Daarvoor is R13,8 miljard geoormerk. Die plan beloof meer as 60 000 werkgeleenthede vir arbeidsintensiewe onderhoud en bouwerk aan munisipale infrastruktuur en landelike paaie. Dit het ten doel om werk in kwesbare sektore te beskerm. Ondersteuning word onder meer gebied vir meer as 100 000 voorskoolse…

3 min.
nuwe onteien-wetsontwerp het steeds goeie skanse

DIE jongste weergawe van die onteieningswetsontwerp is onlangs by die parlement vir verwerking ingedien. Mnr. Theo Boshoff, hoof van regsintelligensie by Agbiz, sê dis deurslaggewend dat die wysigingswetsontwerp nie voorskryf dat nulvergoeding in voorgestelde spesifieke omstandighede betaal sál word nie; dit laat die besluit oor nulvergoeding aan die howe oor. Dit maak ook vanuit ’n regsoogpunt en tot voordeel van grondeienaars en diegene wat huislenings het, voorsiening vir behoorlike oorsigprosesse. Hy sê hulle glo nie dat grootskaalse onteiening met nulvergoeding maklik sal realiseer nie. Struikelblokke kan egter na vore kom as die verwagtinge van grondloses en linkses nie in pas is met die werklike bepalinge of hoe gereeld dit waarskynlik gebruik sal word nie. Beleggersvertroue sal waarskynlik ook baie geraak word deur dié sentiment, dus meen hy dit is ietwat van ’n plig…

1 min.
dán mag nulvergoeding betaalbaar wees

Artikel 12 (3) van die onteieningswetsontwerp toon alle gevalle waar dit billik en regverdig kan wees om nulvergoeding te betaal. Dit mag billik en regverdig wees om nulvergoeding te betaal waar grond vir openbare belang onteien word, in ag genome alle relevante omstandighede, maar nie beperk nie tot: – (a) waar die grond nie gebruik word nie en die eienaar se hoofdoel nie is om die grond te ontwikkel of dit gebruik om inkomste te genereer nie, maar om voordeel te trek van die vermeerdering van die markwaarde; (b) waar ’n staatsorgaan grond besit wat nie gebruik word vir sy kernfunksie nie en dit nie nodig het vir toekomstige aktiwiteite nie en die staatsorgaan die grond bekom het vir geen vergoeding nie; (c) nieteenstaande die registrasie van eienaarskap ingevolge die Wet op Akteregisters (Wet…

1 min.
landbounuus uit afrika

1 NIGERIË| Sentrale bank gee bes oor mielie-invoer Pluimveeboere het die Nigeriese sentrale bank se toestemming vir die invoer van 262 000 ton mielies deur vier maatskappye verwelkom. Die bedryf het na berig word sowat N1,5 miljard (R65,7 miljoen) verloor weens die Covid-19-pandemie, onder meer omdat braaihoenders gevrek het weens ekstra padblokkades wat gedurende die pandemie ingestel is. Die mielieprys het ook meer as verdubbel vanaf N80 000 (R3 500) en N90 000 (R3 942) per ton tot N200 000 (R8 761) per ton. Die Nigeriese pluimveevereniging sê die mielies wat wel ingevoer is, is kwalik genoeg om die bedryf van voer vir ’n maand te voorsien, en invoer moet op kort termyn toegelaat word. – The Guardian (Nigerië) 2 KENIA | Verskaffer aan Tesco ondersoek vergrype Die Keniaanse kosprodusent Kakuzi het die land…

4 min.
dié groot grondbeloftes lyk alte veel na ’n foefie

DIE aankondiging dat 700 000 ha staatsgrond beskikbaar gestel gaan word, word verwelkom. Navorsers sê egter dit is nie bekend waar in die provinsies die grond is, van watter gehalte dit is, wie die grond gaan kry, watter regte hulle op die grond sal hê en wat in dié stadium op die grond gebeur nie. “Dit is kommerwekkend dat ons feitlik niks van die grond weet nie, al is dit so belangrik. In enige grondhervormingsproses is ‘watter grond’ en ‘wie gaan dit kry’ twee van die belangrikste vrae,” het prof. Ruth Hall van die instituut vir armoede-, grond- en agrariese studies (Plaas) gesê op ’n webinaar wat deur Plaas aangebied is. Die feit dat die meeste van die grond in Noordwes en Limpopo is, laat Hall vermoed dit is in die apartheidsjare…

1 min.
parlement kies vinnige uitweg vir wetswysiging

TER wille daarvan om ’n sperdatum te haal wat die Grondwethof daargestel het vir wysigings aan die Wet op die Opgradering van Grondbesit (Wet 112 van 1991), gaan die parlement op advies van sy regsadviseur vir eers ’n omvattende hersiening van verblyfsekerheid binne dié wet uitstel. Die Grondwethof het die wet in 2018 ongeldig verklaar en beveel wysigings moet teen 30 April 2021 afgehandel wees. Die wet is ongeldig verklaar omdat dit slegs mans as die hoof-de van ’n familie erken en meebring dat grondbesitregte wat outomaties omgeskakel word in eienaarskap, slegs mans bevoordeel. Die regsadviseur raai die portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aan om slegs die veranderinge wat die Grondwethof beveel het, aan te bring. EIENAARSKAP Die wysigings het onder meer ten doel dat verblyfreg in eienaarskap omgeskakel kan word, dat…