EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Landbouweekblad

Landbouweekblad 6-Dec-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.26(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$84.51(Incl. tax)
50 Issues

In this issue

1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Argiefbestuurder Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES T: 012 485 9382 F: 012 485 9408 A: Excel-kantoorpark, h/v Rodericks- en Lynnwoodweg, Private sak X202, Pretoria 0001 Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP T: 051 404 7763 F: 051 448 9192 A: Volksblad-gebou, Nelson Mandelarylaan 79, Posbus 267, Bloemfontein 9300 Redakteur Johan Norval Artikels…

3 min.
dié week in die landbou

BOERE-DIREKTEUR Mnr. Nhlanhla Nene, voormalige minister van finansies, is vanaf 13 November ’n nie-uitvoerende direkteur van Grobank, die bank wat Afgri tot stand gebring het ná sy verkryging van die Suid-Afrikaanse afdeling van die Bank of Athens vroeg vanjaar, sowel as GroCapital Holdings Bpk. Nene, wat self boer, is in 2016 ook as direkteur van die markagentskap Botha Roodt aangestel. Mnr. Bennie van Rooy, uitvoerende hoof van Grobank en voormalige finansiële hoof van die Land Bank, het met die aankondiging gesê Nene is ’n “ware Suid-Afrikaner wat, soos ons, obsessief is daaroor om ’n betekenisvolle verskil te maak aan al ons belanghebbers”. Hier is Nene op sy plaas by Kranskop in KwaZulu-Natal. HUUR-TWIS MOET WAG ’n Langverwagte hofgeding waarin bewoners van Ingonyama-trustgrond in KwaZulu-Natal die huurkontrakte betwis waarin hulle die afgelope tien jaar…

2 min.
syfers

16% Die gebied waarop organiese sitrus in Spanje verbou word, het in 2018 met 16% gestyg – van 12 087 ha tot 14 087 ha, volgens daardie land se ministerie van landbou, vissery en voedsel. Andalusia verbou die meeste organiese sitrus in die land (58%) gevolg deur Valencia met 21,6% en Murcia met 17,7%. Lemoene maak amper 43% van alle organiese sitrusproduksie uit. Die aanplantings is gesteun deur ’n sterk vraag onder verbruikers na organiese vrugte. – Fresh Fruit Portal 2011 Die verbruikersprysindeks het in Oktober ’n vlak bereik wat laas in Februarie 2011 gesien is, toe dit van 4,1% tot 3,7% gedaal het. Dit bring die gemiddelde op ’n jaargrondslag tot Oktober tot 4,2% teenoor die 5,5% wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank verlede jaar voorspel het. Me. Elna Moolman, ’n navorsingshoof…

1 min.
in ’n blik

KOM ONS PLANT! Mnr. Abri Lock van die plaas Geluk naby Schweizer-Reneke in Noordwes, het in die week van 22 November 48 mm reën gemeet wat die reënval daar sedert die begin van die seisoen op 74 mm te staan gebring het. Sy werktuie sal binnekort voluit loop om katoen en dan mielies te plant. “Al was dit min op sekere plekke, gee die reën weer hoop. Verlede jaar het ons een bui vroeg in Oktober gehad en toe niks in November nie en eers weer baie laat in Desember en vroeg Januarie. In Maart en April vanjaar het ons weer goeie reën gehad. Dit is verblydend dat ons in November reeds twee goeie buie gehad het vergeleke met verlede seisoen.”…

1 min.
die ander sê

DIE onmiddellike droogteprobleme wat volgens dr. Mike Muller, ’n voormalige direkteur-generaal van waterwese, in die land gepak moet word, is dié van die land se boere. Al is daar munisipaliteite waar die krane opdroog, is slegs enkele van dié probleme weens droogte. Die meeste probleme is vanweë wanbestuur en swak beplanning. ’n Groep internasionale akademici meen die land moet sy denke oor droogtes verander. Hulle wys daarop dat menslike handelinge die manier hoe die watersiklus werk, beduidend verander het deur damme te bou, riviere te herlei en ondergrondse water uit te pomp. Hulle meen Suid-Afrika moet erken dat menslike invloed so deel is van droogtes as natuurlike klimaatsverandering. Wetenskaplikes moet dus hul denke oor droogtes verander. Droogtenavorsing behoort nie waterbeskikbaarheid as uitsluitlik ’n natuurlike, klimaatsverwante verskynsel te beskou nie en watergebruik nie…

1 min.
het jy gehoor?

‘(Dit is) asof die son vir finansiële instellings opgekom het.’ MNR. JOSEPH KEMPEN, uitvoerende hoof van Loskop Cotton, oor banke se reaksie op die Mr Price-groep se verbintenis om die plaaslike katoenbedryf te steun. Bl. 20 ‘Ons kan dus nie op die weer staatmaak om die organisme te vernietig nie.’ DR. LIEZL WASSERMAN, veearts van Clocolan, oor die feit dat kriptosporidium kan oorleef in temperature van -10 °C tot 60 °C. Bl. 21 ‘Daardie water kon nou ’n verskil gemaak het vir ons boere.’ MNR. ANDRÉ THOMAS, prokureur van Tzaneen, oor nagenoeg 62 miljoen m3 water wat sedert 2017 weggevloei het omdat die Tzaneendam se wal verlaag is ter voorbereiding van steeds onvoltooide bouwerk. Bl. 15 ‘Hulle het te lank gevat.’ ME. ANNETTE STEYN, DA-LP, oor die 18 dae wat verloop het tussen die nuutste beken-klouseer-uitbreking en…