EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Landbouweekblad

Landbouweekblad 13-Dec-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.26(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$84.51(Incl. tax)
50 Issues

In this issue

1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen T: 051 404 7764 OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys T: 041 503 6090 Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 Advertensies DuandeBeer 0798875224 RinaHattingh 0124859361 RudolphBurger 0733444877 Veldtogbestuurder Juan van Reenen ADVERTENSIES Sakebestuurder…

3 min.
dié week in die landbou

BOBAAS-WYNMAKERS Mnre. Daniël Keulder van Nitida by Durbanville (links) en Herman du Preez van Stellenrust by Stellenbosch is onderskeidelik aangewys as Diners Club se Wynmaker en Jong Wynmaker van die Jaar. Die wynmakers het vanjaar met Pinot noir meegeding, terwyl die jong wynmakers witwyn (enige kultivar of versnit) kon inskryf. Keulder het gewen met Nitida Pinot Noir 2017, en Du Preez met The Apprentice White Cinsault 2018. Keulder en Du Preez se prysgeld beloop onderskeidelik R50 000 en R25 000. Albei wen ook ’n reis na ’n internasionale wynbestemming. PALS-TOESPRAKE HIER TE KRY Landbouweekblad en PALS se grondsimposium wat onlangs buite Ceres in die Wes-Kaap aangebied is, is allerweë as ’n groot sukses bestempel. Dié grondsimposium, wat as ’n opvolg van die Bela-Bela-grondberaad van 2018 gehou is, het aan boere en belanghebbendes in…

1 min.
syfers

126 miljoen Ondanks droogte en stakings by uitvoerhawens het Suid-Afrika steeds 126 miljoen kartonhouers sitrusvrugte na meer as 100 lande wêreldwyd uitgevoer, sê mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging. Dit het R20 miljard bygedra tot die land se uitvoerverdienste en het aan 120 000 mense werk verskaf. Suid-Afrika is die tweede grootste sitrusuitvoerder ter wêreld, naas Spanje. Verlede jaar het Suid-Afrika 136 miljoen houers sitrus uitgevoer. – Business Day 41 miljoen Brasilië se mielie-uitvoer gaan na verwagting vanjaar ’n rekord van 41 miljoen ton bereik, aldus die uitvoerdergroep Anec. Volgens die groep word uitvoer aangespoor deur die swakker plaaslike geldeenheid, ’n gunstige prys op die Chicago-beurs en slegte weerstoestande wat die Amerikaanse oes benadeel. Dit beteken uitvoer sal met 80% toeneem vergeleke met 22,8 miljoen ton verlede jaar. Die vorige Brasiliese…

1 min.
in ’n blik

STEEDS TE DROOG. Landerye word bewerk op die plaas Boomplaas naby Tweeling in die Oos-Vrystaat, waar nog net 51 mm reën begin Desember vir die seisoen gemeet is. Die optimale planttyd hier eindig middel November, maar soos in baie ander dele in die provinsie is dit nog te droog om te plant en wag boere angstig op reën. Teen druktyd is reën in die tweede week van Desember oor die sentrale tot oostelike dele van Suid-Afrika verwag, maar oor die westelike dele van die land was toestande steeds ongunstig.…

1 min.
die ander sê

DIE onlangse ondertekening van die meesterplan vir die pluimveebedryf is ’n belangrike stap om stabiliteit vir dié strategiese bedryf te bewerkstellig, sê mnr. Mike Schüssler, hoofekonoom van economists. co.za. Die werklike stryd om oorlewing sal egter bepaal word deur Suid-Afrika se hantering van internasionale handelskwessies. Hoender is die grootste vleisbedryf in die land met 47 000 werkers in diens, en 130 000 werkers as verwante bedrywe in ag geneem word. Die bedryf is van deurslaggewende belang vir die land. Ondanks die feit dat Suid-Afrika die wêreld se vierde goedkoopste produsent van hoendervleis is, voer die land meer hoendervleis in as Duitsland én Frankryk, wat albei teen ’n baie hoër koste produseer. Hoe het dit gebeur dat ’n land wat só doeltreffend produseer, nou die vyfde grootste invoerder van hoendervleis is? Dit begin…

1 min.
het jy gehoor?

‘As dit ons drie jaar kos om ’n waterlisensie uit te reik, hoe gaan ons beleggers lok?’ ME. LINDIWE SISULU, minister van water en sanitasie, oor vertragings in die toeken van watergebruiksregte. Bl. 16 ‘Dit gaan oor voedselsekerheid, nie politiek nie.’ MNR. CHARLES DAVIS, aandeelhouer in Amadlelo Agri, oor dié onderneming se mentorskap van nuwe boere in voormalige tuislandgebiede. Bl. 24 ‘Indien die werknemer (behuising) as onvoldoende en onwaardig bestempel, is hy of sy onder geen verpligting om die aanbod te aanvaar nie.’ REGTER OWEN ROGERS van die gelykheidshof, oor seisoenwerkers wat aanvoer hul behuisingstoestande kom neer op diskriminasie. Bl. 22 ‘Maak baie seker van die mense wat jy vir sulke transaksies op jou plaas toelaat en moet nie kontant op die plaas hou nie.’ MNR. HENRY GELDENHUYS van TLU SA se veiligheidskomitee, oor hoe om veeverkope…