EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Landbouweekblad

Landbouweekblad 20-Dec-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.26(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$84.51(Incl. tax)
50 Issues

in this issue

1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen Artikels en nuus Fredalette Uys Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer CorlivanderMerwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 Advertensies DuandeBeer 0798875224 RinaHattingh 0124859361 RudolphBurger 0733444877 Veldtogbestuurder Juan van Reenen ADVERTENSIES Sakebestuurder DirkLamprecht 0124859356 Produksiehoof AndréBeck 0214062403 Administrasie Luzaan Grobbelaar, Helené Jonas Vertaler ArnelMostert 0214062511 Verteenwoordiger vertoonadvertensies JacomienOosthuizen…

3 min.
dié week in die landbou

OUD-BOKKE HELP CRADOCK SE BOERE ’n Besending voer vir droogtegeteisterde boere in die Oos-Kaap het onlangs onder die vaandel van Boeredroogtehulp SA van Noordwes af na Cradock vertrek. Die konvooi het aanvanklik uit 22 vragmotors en bakkies met sleepwaens bestaan, maar nóg barmhartiges het in Bloemfontein en elders langs die pad by die konvooi aangesluit. Twee oud-Springbokrugbyspelers, mnre. Toy Dannhauser (links) van Middelburg (Mpumalanga) en Gerrie Germishuys (regs) van Johannesburg, het die konvooi vergesel, saam met mnr. Gattie Kleinsmit (middel) van ’n boumaatskappy in Rustenburg, wie se familie ook betrokke is. Germishuys het van 1941 tot 1981 vir die Springbokke vleuel gespeel en 12 drieë gedruk. Hy het ook vir die Vrystaat en Transvaal uitgedraf. Dannhauser het van 1965 tot 1970 vir die Bokke slot gespeel, asook vir Transvaal, Natal en…

1 min.
syfers

59,4 miljoen Suid-Afrika sal na verwagting vanjaar 59 421 219 kartonhouers (4,5 kg elk) tafeldruiwe uitvoer, teenoor 11 043 333 in 1985. Só het me. Phyllis Burger van die Landbounavorsingsraad-Infruitec-Nietvoorbij (LNR) op ’n onlangse inligtingsdag van die Suid-Afrikaanse wingerd-en-wynvereniging op Stellenbosch gesê. Me. Elleunorah Alsopp, ook van die LNR, het gesê van die grootste struikelblokke vandag is vereistes vir lae residuvlakke en die veranderende klimaat. – Johan Coetsee 1 minder Net een trekker minder is in Novem-ber vanjaar verkoop as in November 2018 — 427 teenoor 428. In die 11 maande tot November is 25% minder trekkers verkoop as in die vorige ooreenstemmende tydperk. Daar is net drie stropers in November verkoop, teenoor nege in November 2019. In die 11 maande tot November is byna 25% minder stropers verkoop as in…

1 min.
in ’n blik

BITTERSOET. Die Brakkefontein Rocklands-veiling by Uitenhage, waar kommersiële en opkomende boere hul diere maandeliks sy-aan-sy verkoop, se onlangse Kersveiling was die grootste sedert dit die eerste keer in Oktober 2018 aangebied is, en het boere en kopers van so ver as Graaff-Reinet, Middelburg en Grahamstad gelok. Kort ná dié veiling, waar nagenoeg 280 beeste en 1 400 stuks kleinvee verkoop is, is ’n nasionale verbod op samekomste van gespletehoefdiere geplaas weens die tweede uitbreking vanjaar van bek-en-klouseer in Limpopo. Mnr. Jan Erasmus, veilingsbestuurder van GWK op Humansdorp, sê die verbod raak duisende boere in sy gebied. Die waarde van GWK se veilings in die Humansdorpstreek in die eerste week van die verbod alleen sou R10 miljoen beloop het.…

1 min.
die ander sê

DIE voorgestelde wysiging van artikel 25 van die Grondwet doen veel meer as om “eksplisiet te maak wat implisiet is” in die bestaande bewoording, sê die Instituut vir Rasseverhoudinge, wat van plan is om prosedurele tekortkominge in die grondwetwysiging in Januarie of Februarie 2020 voor die hof te daag. Eerstens maak die wysigingswetsontwerp moontlik dat grond en “enige verbeteringe daarop” sonder vergoeding onteien kan word. “Tog is die ad hoc-komitee se mandaat om met grond alleen te handel.” Die instituut meen dat die bepaling oor bykomende waardes van geboue en verbeteringe verbeter kan word. Vergoeding behoort vir sulke beleggings betaal te word ter wille van die “billike balans” wat artikel 25 vereis. Voorts bemagtig die wetsontwerp die parlement om enige aantal opvolgende wette te aanvaar, wat almal met ’n gewone meerderheid aanvaar…

1 min.
het jy gehoor?

‘Die standaard van vergoeding is steeds regverdig en billik.’ PROF. ELMIEN DU PLESSIS, grondregkenner, oor die voorgestelde wysiging aan die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Die publiek het tot 31 Januarie om op die voorstelle kommentaar te lewer. Bl. 24 ‘Dinge kan nie op die ou trant aangaan nie.’ MNR. GERHARD SCHUTTE, hoofbestuurder van die Rooivleisprodusenteorganisasie, oor ingrypings wat nodig is om bek-en-klouseer in Suid-Afrika te stuit. Bl. 14 ‘Die huidige dooiepunt is tussen twee staatsentiteite.’ MNR. CHRIS SCHUTTE, uitvoerende hoof van Astral Foods, oor die onregverdigheid daarvan dat Eskom krag na groot fabrieke wat werk skep en hul kragrekeninge betaal, afsny omdat munisipaliteite Eskom nie betaal nie. Bl. 23 ‘Ek is nou op die punt om ál my skape te verkoop sodra ek goeie pryse kry.’ MNR. J.G. WARDLE, boer van Thomas River…