EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Landbouweekblad

Landbouweekblad 3-10-Jan-20

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.26(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$84.51(Incl. tax)
50 Issues

in this issue

1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira, Aletta Pretorius-Thiart Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen T: 051 404 7764 OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys T: 041 503 6090 Webredakteur Alani Janeke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis Michelle van der Spuy 0214062196 Advertensies Duan…

3 min.
dié week in die landbou

VRUGTE-VUURWA Die Sondagsriviersitrusmaatskappy en Clemengold, twee bekende Suid-Afrikaanse vrugtehandelsmerke, is van die borge van ’n span wat vandeesmaand aan die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië deelneem. Die span van De Groot Fresh, ’n Nederlandse varsprodukte-invoerder, neem in die vragmotor-afdeling deel. Een van sy direkteure, mnr. William de Groot (op die foto), is die bestuurder. Volgens mnr. Joep van Lierop, woordvoerder van De Groot, is dit vanjaar die derde keer dat die maatskappy ’n span vir dié taai woestyn-tydren inskryf. Mnr. Hannes de Waal, besturende direkteur van die Sondagsriviersitrusmaatskappy, sê hulle borg die span omdat hul handelsmerk bekend is in die Midde-Ooste. ONWELKOME KOUE Skielike koue en nat toestande in die Suid-Vrystaat vroeg Desember het gelei tot die verlies van sowat 2 000 geskeerde skape. Dit volg op die eerste goeie neerslae in agt maande van…

1 min.
syfers

10% Die Karibadam op die grens van Zimbabwe en Zambië het in Desember tot sy laagste vlak sedert 1996 gedaal, tot 10% van die bruikbare kapasiteit, volgens die webwerf van die Zambezirivierowerheid. Dit is swakker as die 11% wat in die 2016-droogte gemeet is. Omdat Zimbabwe en Zambië op die dam se hidroëlektriese aanleg staatmaak vir elektrisiteit, het hulle kragonderbrekings van tot 18 uur per dag ingestel. Die reënseisoen, wat van Oktober tot April duur, het swak begin. – Bloomberg/Business Day $120 miljoen ’n Fonds wat in nuwe energiemaatskappye in Afrika suid van die Sahara belê, is deur die Shell-stigting en die Nederlandse entrepreneurontwikkelingsbank FMO begin. Die Energy Entrepreneurs Growth Fund (EEGF) is gemik op kragopwekking van die netwerk af, en wil 25 maatskappye oor 12 jaar finansier om die maatskappye…

1 min.
in ’n blik

SEËNING OP STOFFBERG. Op die plaas Klipspruit naby Stoffberg in Mpumalanga het 115 mm reën in die eerste tien dae van Desember geval. Mnr. Charles Botha, wat met Vleismerino’s boer, sê die groot seën was nie net die reën nie, maar ook dat dit sonder enige vloedskade gepaardgegaan het. Hy het die afgelope vyf jaar sowat 120 mm tot 135 mm in Desember gekry en beskryf dié reën as ideaal. “Ek kan nie onthou of ons die afgelope tien jaar al sulke aanhoudende, sagte, deurdringende reën oor etlike dae gekry het nie. Ons het lande wat pas geplant is en het geen verspoelskade nie. By plekke waar die water gewoonlik in panne opdam, is daar nie versuipkolle nie en ook nie verspoelde dele nie. Die groot volume water wat geval…

1 min.
die ander sê

PROF. MIKE MULLER, ’n voormalige direkteur-generaal vir waterwese, meen die vestiging van ’n nasionale waterhulpbron-endienste-agentskap is ’n veel beter oplossing vir Suid-Afrika se kwessies met water-infrastruktuur as om dit in die hande van ’n sukkelende staatsdepartement te laat. Dié beoogde agentskap is deel van me. Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, se water-meesterplan. Muller wys daarop dat dié voorstel nie vir ’n nuwe organisasie is nie, maar vir die samesmelting van ’n bestaande maatskappy in staatsbesit, die Trans-Caledontonnelowerheid, en eenhede binne die departement wat soortgelyke werk doen. Die oogmerk is ’n enkele organisasie met ’n duidelike mandaat vir die ontwikkeling en bedryf van dié infrastruktuur – en om dit van die regering se begroting te verwyder. Die tonnelowerheid het reeds byna R50 miljard van die private sektor ingesamel om…

1 min.
het jy gehoor?

‘Ons kan nie meer almal red nie.’ MNR. COENRAAD KOTZE, boer van Griekwastad, oor die grootskaalse veevrektes op sy plaas. Bl. 31 ‘In uiters droë gebiede, soos die grootste deel van Suider-Afrika, is dit moeiliker om ’n groot mate van voorspelbaarheid te kry.’ MNR. JOHAN VAN DEN BERG, landbouweerkundige by Santam Landbou, oor hoe moeilik weervoorspellings vir die streek is. Bl. 17 ‘As daar vier jaar van droogte is waarvan twee jaar besonder droog is, het ons ’n probleem.’ PROF. FRANCOIS ENGELBRECHT van die Global Change Institute aan die Universiteit van die Witwatersrand, oor Suid-Afrika se kwesbaarheid vir droogte. Bl. 44 ‘Lae winsgewendheid maak dit moeilik om transformasie op groot skaal in die bedryf te finansier.’ MNR. CHRISTO CONRADIE, bestuurder van wynkelders by Vinpro, oor die effek van hoër aksynsbelasting op winsmarges. Bl. 54 ‘Weens die baie hoë…