EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Landbouweekblad

Landbouweekblad 1/17/2020

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.26(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$84.51(Incl. tax)
50 Issues

In this issue

1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira, Aletta Pretorius-Thiart Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys www.landbou.com Webredakteur Alani Janeke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis Michelle van der Spuy 0214062196 Advertensies Duande Beer 0798875224 Rina Hattingh 0124859361 Rudolph Burger 0733444877 Veldtogbestuurder Juan van…

3 min.
dié week in die landbou

VRYSTATERS HELP KAROOBOERE Skape vreet op die plaas van mnr. Elmar le Roux in die droogtegeteisterde distrik Fraserburg in die Noord-Kaap, waar boere weer kan asemskep danksy ’n kontantskenking van R225 000 deur die gemeenskap van Smithfield in die Vrystaat. Die geld sal gebruik word vir rekeningverligting by die plaaslike koöperasie. Le Roux, ’n bewaringsboer, is al geruime tyd besig om droogtehulp vir plaaslike boere in te samel. Hy boer saam met sy pa. Hulle het sedert 2012 hul veegetalle tot 53% van die oorspronklike kuddegrootte verminder. “Al kry ons nou normale reënval, gaan dit minstens 15 tot 25 jaar kos vir die veld om na normaal terug te keer.” Lees meer op bl. 16. FOTO: VERSKAF SES KAMPIOENE Ses Suid-Afrikaanse beestelers is as wêreldkampioentelers van hul ras in die Champion of the World…

2 min.
syfers

1,23% Die Desember-oesskatting van 1,598 miljoen ton vir koring is 1,23% laer as in November, toe ’n oes van 1,618 miljoen ton verwag is. Na raming sal 666 250 ton koring in die Wes-Kaap geoes word, 358 400 ton in die Vrystaat en 270 000 ton in die Noord-Kaap. Die skatting vir moutgars is 10,54% laer as in November, en word op 320 940 ton geraam. Vir hawermout is dit 12% laer op 27 490 ton. Die skatting vir kanola is onveranderd gelaat op 27 490 ton. – Nasionale Oesskattingskomitee R66,5 m. Die Oos-Kaapse ontwikkelingsgenootskap het in die jaar tot Maart 2019 altesaam R66,5 miljoen aan twee bemagtigingsprojekte bestee. Daarvan was R33,9 miljoen aan die Magwa- en Majola-teeplantasies vir finansiële redding, wat na verwagting teen Junie vanjaar afgehandel sal wees. Sedert die…

1 min.
in ’n blik

LAFENIS. Die steekhaarterriërs Pistool en Boegoe baljaar in die water op die plaas Zeekoegat in die distrik Rouxville in die Suid-Vrystaat, wat in Desember altesaam 110 mm reën gekry het – die eerste reën sedert Maart verlede jaar. “Hoewel die veld mooi groen uitslaan, het ons nog heelwat reën nodig om die veld normaal te kry. Dit was egter die eerste keer in seker vyf jaar dat ons voor Kersfees goeie reën gekry het,” sê mnr. Charles Smith. Dié deel van die Vrystaat, wat die afgelope twee jaar kwaai droogte beleef het, het volgens mnr. Francois Wilken, voorsitter van Vrystaat Landbou, oor Desember goed reën gekry. Dele van die suidweste was egter teen druktyd nog droog. FOTO: CHARLES SMITH…

1 min.
die ander sê

DIE verwoestende en ongekende brande wat einde verlede jaar in Australië uitgebreek het, was lank vir die meeste Australiërs net ’n veraf gedagte. Dié keer is meer as 20 mense egter dood en talle word vermis – betreklik vroeg in die brandseisoen. Gebiede groter as Denemarke is verwoes, en daar is waarskuwings dat die temperatuur op plekke tot 45 °C kan styg. Toe die inwoners van die stad Sydney vroeg in Desember in digte rookmis verstik het, het ’n Bloomberg-rubriekskrywer sy verbasing uitgespreek oor die apatie van diegene in politieke kringe te midde van onrusbarende klimaatverskynsels. Nou voel politici die druk. Mnr. Scott Morrison, die Australiese premier, het ’n kil ontvangs gekry by brandslagoffers in Cobargo aan die suidkus, waar sommiges geweier het om sy hand te skud, en ander meer…

1 min.
het jy gehoor?

‘Ons is eintlik stom en oorstelp van dankbaarheid.’ MNR. HANNES OTTO, boer van Ottosdal, oor die 200 mm reën wat teen einde Desember geval het het ná twee jaar agtereenvolgens waarin sy distrik teen Nuwejaarsdag feitlik niks kon plant nie. Bl. 14 ‘Ons het gevoel dit moet ’n gemeenskapsprojek wees.’ MNR. JOHANN NEETHLING, voorsitter van Smithfield Landbou, oor die dorp se geldinsameling vir droogtehulp aan Fraserburg. Bl. 16 ‘Niemand sal belê of grond wil koop as hy nie seker is of hy oor vyf jaar nog die eienaar gaan wees en as eiendomsregte nie gewaarborg word nie.’ MNR. ERIK SCHNEIDER, uittredende landbouverteenwoordiger by die Duitse ambassade, oor die ANC se voornemens om grond sonder vergoeding te onteien. Bl. 20 ‘Weerstoestande sal die grootste prysbepaler wees.’ DR. WERNER ROSSOUW, direkteur van Silostrat, oor mielieprysvooruitsigte vir 2020. Bl. 18 ‘Laat…