EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Landbouweekblad

Landbouweekblad 1/31/2020

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.26(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$84.51(Incl. tax)
50 Issues

in this issue

1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira, Aletta Pretorius-Thiart Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 Advertensies DuandeBeer 0798875224 RinaHattingh 0124859361 RudolphBurger 0733444877 Veldtogbestuurder Juan van Reenen ADVERTENSIES Sakebestuurder DirkLamprecht 0124859356 Produksiehoof AndréBeck 0214062403 Administrasie Luzaan Grobbelaar, Helené Jonas Vertaler ArnelMostert…

3 min.
dié week in die landbou

GROOT BELEGGING I Want It All, ’n hingsvul, het by die onlangse veiling van jaaroudvullens van Cape Thoroughbred Sales ’n prys van R3 miljoen behaal. Die Drakensteinstoetery het dié vul as agent by die veiling aangebied. Verlede jaar het ’n merrievul van die Klawervlei-stoetery die hoogste bod van R4 miljoen behaal. Die veiling is vanjaar vir die tiende keer aangebied en sowat 230 vullens het onder die hamer gekom. Ander vullens wat vir meer as R1 miljoen verkoop is, is Live My Life, ’n merrievul van die Avontuur Thoroughbred-stoetery (R1,1 miljoen), All that Jazz, ook van Avontuur (R1, 650 miljoen) en twee naamlose hingsvulle, een van Ridgemont Highlands en een van Klawervlei, wat albei vir R2,2 miljoen verkoop is. GROOT POTENSIAAL Somergewasse met wonderlike potensiaal is tans op die somersaaigebiede se landerye, en…

1 min.
syfers

24% Die wynbedryf het laas jaar weens ’n “perfekte storm” sowat 24% minder wyn uitgevoer as in 2018. Uitvoer na Brittanje, Suid-Afrika se grootste uitvoermark, het met 26% geval, en 8% in waarde. Die markte in China, Afrika, Swede en Duitsland het ook stoom verloor. Die geldwaarde van Suid-Afrika se wynuitvoer het laas jaar met 7% geval tot R8,5 miljard, en die totale hoeveelheid wyn wat uitgevoer is, het tot 320 miljoen liter gekrimp. Altesaam 30% minder grootmaatwyn is uitgevoer. — Lucille Botha R300 miljoen Die ramphulp wat die departement van waterwese en sanitasie vir die Noord-Kaap bewillig het, is van R200 miljoen tot R300 miljoen verhoog. Die georganiseerde landbou sal met die Noord-Kaapse departement van landbou onderhandel oor die benutting van die geld. Vroeër was die landbou se beraming dat minstens R688…

1 min.
in ’n blik

RAAD VIR DIE HERSTELPAD. Belangstellendes het op 15 Januarie van so ver as Loeriesfontein, Williston, Carnarvon, Kenhardt, Upington, Ashkam en Calvinia gereis om Landbouweekblad en GWK se eerste droogtehersteldag in die NG Kerksaal op Brandvlei by te woon. Die sprekers was die droogte- en weidingkundige dr. Louis du Pisani van die Nasionale Wolkwekersvereniging, mnr. Jan Hoon, voedingskundige van die Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut, die berader me. Hélène Smit en mnr. Sybrand Venter, ’n boer van Carnarvon wat ’n voeraankopegroep bedryf. Lees meer op bl. 16 en hou ook komende uitgawes dop.…

1 min.
die ander sê

DIE regskenner prof. Elmien du Plessis skryf die voorgenome grondwetwysiging is ’n uitgemaakte saak – dit kan slegs stop indien dit nie met ’n tweederdemeerderheid in die Grondwet aanvaar word nie, of indien die wetsontwerp na die Grondwethof gestuur en dit ongrondwetlik bevind word. Die voorgestelde wysiging van artikel 25 van die Grondwet (die sogenaamde eiendomsklousule) vra dat die gevalle waarin nulvergoeding voorsien word, in nasionale wetgewing uiteengesit moet word, waarskynlik die onteieningswet. Sekere instansies maak kapsie daarteen dat dit die wetgewer vrye teuels gee om in die toekoms allerhande omstandighede waar nulvergoeding betaalbaar sal wees, met ’n meerderheid van 51% in wetgewing in te stem. Maar dis nonsens. Die wysiging wat tans op die tafel is, maak nét eksplisiet wat implisiet is (dat nulvergoeding onder sekere omstandighede geregverdig is), en…

1 min.
het jy gehoor?

‘Moenie jou buurman verloor nie, al stry julle soms oor ’n skaap wat deurgekruip het.’ MNR. SYBRAND VENTER, boer van Carnarvon, oor die belangrikheid van samehorigheid in die droogte. Bl. 16 ‘Die gevalle van besmetting sou aansienlik meer gewees het as die huidige beperkings ten opsigte van veilings en die vervoer van diere met gesplete hoewe nie gegeld het nie.’ DR. BOTLHE MODISANE, hoofdirekteur van die direktoraat veeartsenydienste, oor bek-en-klouseer. Bl. 14 ‘As jy nie groot genoeg kragopwekkers of sonpanele het nie, gaan staan die hele boerdery stil, veral met besproeiing.’ MNR. FANIE MEYER, sitrusboer van Hoedspruit, oor risiko’s verbonde aan beurtkrag. Bl. 18 ‘Die belofte is nog daar dat die droogte in die weste in die volgende paar maande verlig of hopelik gebreek kan word.’ MNR. JOHAN VAN DEN BERG, weerkundige by Santam Landbou, oor weervooruitsigte.…