EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Landbouweekblad

Landbouweekblad 2/7/2020

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
SPECIAL: Get 40% OFF with code: DIGITAL40
BUY ISSUE
$1.97(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$73.79(Incl. tax)
50 Issues

in this issue

3 min.
dié week in die landbou

MOOISTE ROOI Die appelkultivar Flash Gala is die suksesvolste nuwe kultivar gemeet aan die aantal bome wat bestel is sedert die Suid-Afrikaanse plantverbeteringsorganisasie gestig is. Dié kultivar is ontwikkel deur mnr. Buks Nel (links), veteraankultivarkenner van Tru-Cape. Meer as 1 miljoen van dié bome, wat in die handel bekend staan as Bigbucks, is reeds geplant. Volgens Nel is die uitpakpersentasie van dié kultivar byna 90, wat feitlik ongehoord is. Die appel het ’n veel beter en voorspelbaarder rooi kleur as Royal Gala en sy klone. Boonop word al die Bigbucks-bome se appels op dieselfde tyd ryp, en kan die vrugte in een sarsie gepluk word. FOTO: VERSKAF SLENKDALKOORS DREIG Veeboere word aangeraai om alle beeste, skape en bokke in te ent teen slenkdalkooors, veral in gebiede wat onlangs reën gehad het. Luidens ’n…

2 min.
syfers

132,5% Die Zambiese regering het die prys van ’n 50 kg-sak mielies met 132,5% verhoog. In ’n kennisgewing op 16 Januarie sê die voedselreserwe-agentskap die prys moet onmiddellik verhoog word. ’n Voedselkrisis staar Zambië in die gesig weens ’n reusedaling in die mielie-oes as gevolg van die droogte. Gesinne moet noodgedwonge minder keer per dag eet om te oorleef, wat tot grootskaalse wanvoeding lei. Meer as 2,4 miljoen mense word glo deur voedselonsekerheid geraak. — Zambian Watchdog, Reliefweb 9 kg Van die lusernbale wat verlede maand as droogtehulp deur die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling uitgedeel is, het slegs 9 kg geweeg. Mnr. Retief Odendaal, DA-lid van die Oos-Kaapse wetgewer, sê dié lusernbale het net 9 kg tot 16 kg geweeg, maar was veronderstel om 20 kg tot 25 kg te weeg. Volgens Odendaal…

1 min.
in ’n blik

VOOR IN DIE RY. Die 1 088 mense wat vanjaar die Balfour-hooidag bygewoon het, was van die eerstes ter wêreld wat die allemintige John Deere 8R 410-trekker in aksie gesien het. Min werkende modelle van dié trekkerreeks is tans beskikbaar omdat volle produksie van die reeks eers in Mei vanjaar begin. Die 8R 410 is die eerste vasteraamtrekker ter wêreld wat 305 kW ontwikkel. Die trekker kan volgens die boer se behoeftes en spesifikasies toegerus word, wat insluit kameras voor op die neus en agter sodat die bestuurder byvoorbeeld kan sien wat gebeur wanneer ’n grassnyer vooraan en ’n hark agteraan die trekker gehaak is. Die trekker kan sy gewig versprei om beter vas te trap in moeilike toestande, terwyl ’n spesiale hidrouliese stelsel voorkom dat die trekker wieg wanneer…

1 min.
die ander sê

ESKOM se nuwe uitvoerende hoof, mnr. André de Ruyter, verwelkom planne van mynmaatskappye om hul eie krag te begin ontwikkel as ’n manier om druk van die elektrisiteitsnetwerk te haal. Volgens die WNNR het beurtkrag die Suid-Afrikaanse ekonomie verlede jaar R59 miljard tot R118 miljard gekos. Eskom het in die afgelope finansiële jaar sowat R30,3 miljard uit ’n totale inkomste van R193 miljard uit mynmaatskappye verdien. Sy inkomste sal verder weggekalwe word indien hy sy groot kliënte verloor. Tog meen De Ruyter dit is op kort termyn nodig dat nywerheidsgebruikers hul eie krag opwek, want dit gee Eskom toegang tot meer krag. Mnr. Herman Pretorius, woordvoerder van die energie-intensiewe gebruikersgroep van Suider-Afrika, sê die meeste van sy lede rig tans opwekkingsprojekte van meer as 10MW op, wat ministeriële goedkeuring nodig het.…

1 min.
het jy gehoor?

‘Die probleem bly dat die uitvoerende gesag nie vertrou word nie.’ DR. PIET CROUCAMP, politieke ontleder, oor die ANCvoorstel dat ’n minister vergoeding by onteiening moet bepaal. Bl. 23 ‘Hulle is die aflaaiplek vir ons probleme en die katalisator om jou denkproses aan die gang te sit vir ’n ander oplossing.’ MNR. CP VAN DER MERWE, voorsitter van die Fraserburgboerevereniging, oor boervroue en die droogte. Bl. 17 ‘Hy sal risiko’s wat tot groot agterstallige en oninvorderbare skuld lei, moet verklein.’ PROF. JOHAN WILLEMSE, landbou-ekonoom, oor die Land Bank se kredietafgradering. Bl. 14 ‘Boere is selfs al bereid om die departement met die merkwerk te help.’ MNR. WILLEM VAN JAARSVELD, voorsitter van die Limpopo-dieregesondheidsforum, oor hoe die staat en boere saamwerk teen beken-klouseer. Bl. 15 ‘Die 5% markkommissie verdwyn eenvoudig in die munisipaliteit se kas.’ MNR. JOHAN DU TOIT, seksiebestuurder…

3 min.
boodskap van ’n boeredag

’n Gesprek met goeie boere, die nuwe John Deere 8R 410-trekker wat vertoon word, en ’n nat, triestige dag. Wat meer wil ’n mens nou van ’n boeredag hê? AFGRI se Bethal-tak het onlangs sy jaarlikse boeredag op mnr. Dewalt te Water se plaas net buite die dorp aangebied en my gevra om ’n paneelbespreking met ’n paar bedrysfleiers en boere te lei. In die skuur op die werf waar die gesprek gevoer word, met geil mielielande op die agtergrond, word daar lekker gepraat oor dinge wat vir boere saakmaak, soos die nuwe neigings wat landboumasjinerie betref, hoe werktuie danksy elektrifisering meer outonoom van trekkers sal kan werk, en hoe kunsmatige intelligensie spuite nou slim genoeg maak om tussen onkruide te onderskei. Boere vertel van planttye wat al hoe korter word en hoe…