EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Landbouweekblad

Landbouweekblad 2/21/2020

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$2.26(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$84.51(Incl. tax)
50 Issues

in this issue

1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira, Aletta Pretorius-Thiart Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 AdvertensiesDuandeBeer 0798875224 RinaHattingh 0124859361 RudolphBurger 0733444877 Veldtogbestuurder Juan van Reenen ADVERTENSIES Sakebestuurder DirkLamprecht 0124859356 Produksiehoof AndréBeck 0214062403 Administrasie Luzaan Grobbelaar, Helené Jonas Vertaler ArnelMostert 0214062511 PRETORIA:…

3 min.
dié week in die landbou

NETWERKGEREED Die Perdekraal-Oos-windplaas van die Witzenberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap sal na verwagting teen Julie kommersieel hernubare elektrisiteit tot die nasionale kragnetwerk kan begin bydra. Volgens mnr. Glenn Hobson, projekbestuurder vir die bouwerk, word die windplaas se laaiers oor 3 055 ha versprei. Dit het ’n opwekkingspotensiaal van 110 MW en sal skoon elektrisiteit aan 95 000 huishoudings kan verskaf. Volgens mnr.Mike Schüssler, ekonoom van Economists.co.za, het die aandeel van onafhanklike kragopwekking gestyg tot amper 12% van alle elektrisiteit wat in Suid-Afrika opgewek is – die hoogste vlak sedert 1985. GEEN PLAN Die elektrisiteitsbehoefte in die landbou is onelasties en kan tot 20% van boere se direkte koste uitmaak. Die feit dat elektrisiteitspryse die afgelope dekade met meer as die inflasiekoers gestyg het, terwyl produkpryse nie ooreenkomstig gestyg het nie, dra by tot die…

1 min.
syfers

11% Maatskappylikwidasies was 11% hoër in 2019 as in 2018. Die 2 042 ondernemings wat gelikwideer is, was die meeste sedert 2 064 in 2014. Die meeste likwidasies nóg in een jaar, 4 133, was in 2009. Vrywillige likwidasies in 2019 het 1 784 beloop en gedwonge likwidasies 258. Die meeste hiervan, 668, was in die ondernemings wat Statistieke Suid-Afrika as versekering, eiendom en sakedienste groepeer. Dit is gevolg deur 457 in handel, spyseniering en verblyf. – Netwerk24 5 000 Die skeepsmaatskappy MSC gaan meer as 5 000 Star Cool CA-eenhede met atmosfeerbeheertegnologie tot sy vloot toevoeg om met die groei in die internasionale vrugtemark by te hou. MSC het in 2019 meer as 1,8 miljoen twintigvoet-ekwivalent-koelhouervragte wêreldwyd vervoer. Die verkoelingseenhede word in die houer geïntegreer, wat beteken die houer weeg minder, dra…

1 min.
in ’n blik

LAFENIS. Die Nqwebadam buite Graaff-Reinet het vir die eerste keer sedert September 2019 water ná goeie reën kort voor druktyd in die opvangsgebied geval het. Volgens die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit het die damvlak teen druktyd op 15% gestaan. Die hulporganisasie Gift of the Givers het sedert Oktober boorgate geboor en gebottelde water aan inwoners verskaf, asook voer aan boere wat nie meer weiding oorhet nie. Mnr. Ernie Deyzel, wat naby Steytlerville in die Oos-Kaap boer, sê die meeste van sy damme is vol danksy reën wat al vanjaar geval het. “Dit moet egter nog baie reën vir die veld om te herstel.” Volgens Deyzel het die reënseisoen die vorige twee jaar ook goed begin, maar die reën het daarna heeltemal weggebly. Hy is egter optimisties oor die vooruitsigte van ’n…

1 min.
die ander sê

HY kan nie deelneem aan ’n hoofsaaklik ideologiese proses wat ’n skending is van die onderhandelde skikking van 1994 nie, en gaan dus nie voorstelle maak ter verbetering van die wysigingswetsontwerp om onteiening sonder vergoeding in die Grondwet in te sluit nie. Só skryf mnr. Jaco Schoeman, voorsitter van die Afrikanerbond, aan dr. Mathole Motshekga, voorsitter van die ad hoc-komitee verantwoordelik vir die wysiging. Hy meen ’n proses kan nie ondersteun word wat op valse aannames, leuens en misleiding gegrond is nie. “Daar was sedert 1994 ruim geleentheid vir enige bekwame en doeltreffende regering om grondherverdeling suksesvol toe te pas en die onregte van die verlede reg te stel met ’n restitusieproses, soos ooreengekom. Dit het egter die teelaarde geskep vir onbevoegdheid, mislukking en korrupsie op ’n ongekende skaal.” Die Afrikanerbond vrees ’n…

1 min.
het jy gehoor?

‘Van die grootste risiko’s op internasionale vlak is die versuim om jou boerdery teen klimaatsverandering te verskans.’ MNR. DANEEL ROSSOUW, ’n landboubestuurder by Nedbank, meen klimaat is ’n groter risiko in Suid-Afrika as grondhervorming. Bl. 18 ‘ ’n Groot deel van die grond is dolomiet, waarop daar waarskynlik niks gedoen kan word nie.’ MNR. WOUTER WESSELS, VF Plus-woordvoerder, oor grond waarvoor die staat meer as R570 000/ha betaal het. Bl. 14 ‘In die afgelope jaar was daar voorvalle van vandalisme by tot 40% van ons terreine en dit kos ons tot R15 miljoen per jaar om die skade te herstel.’ ME. MAMELLO SELAMOLELA, streekhoof van Vodacom in die Vrystaat en Noord-Kaap, oor misdaad by hul terreine. Bl. 20 ‘Om ’n boord te vestig kos sowat R400 000/ha. Is daar vergoeding daarvoor?’ PROF. JOHANN KIRSTEN van die buro…