EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Women's Lifestyle
SARIE

SARIE

April 2020

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$5.24(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$51.01(Incl. tax)
12 Issues

In this issue

3 min.
michélle sê...

Sy hou nie van nuut-nuut nie. Eerder ingeleef; ou elegansie. Só praat my oudkollega Emtia Morrison Potgieter oor haar voorliefde vir tweedehands koop, vandag een van die wêreld se vinnigs groeiende tendense. Want ons weet om die aarde te help red sal ons móét briek aandraai. Ons koorsagtige koopgierigheid moet tem. Hergebruik en herwin sal meer as net fênsie, koel woorde moet wees. Ons hier by SARIE praat steeds oor Emtia se Vera Wang-rok waarin sy in Desember op Plettenbergbaai getrou het. Die een met die klassieke snit en waas van fynpienk blinkers wat met elke draai die somerson en die skakerings van die tulpe en pioenrose in haar ruiker weerkaats het. Stylvol, sensueel, onopgesmuk. ’n Rok gemáák vir haar. Nie heeltemal nie, verklap Emtia. Die ontwerpersrok waaroor ons so ge-oe en ge-aa het,…

2 min.
ons inspirasie

STER-DUO Sy skitter. Hy is ’n meester. Met SARIE Voorbladgesig 2019 het die multiinstrumentalis Wilken Calitz saam met jazzsanger Devonecia Swartz by ons galaaand opgetree. Onlangs het Devonecia by die kykNET Fiëstas ook weggestap met die beste byspeler-prys vir haar rol in die toneelstuk Jakkals en Wolf Onbeperk. Nou is sy benoem vir ’n Fleur du Cap vir dieselfde rol. Saam het sy en Wilken onlangs ’n nuwe musiekvideo, Mzansi Lullaby, bekend gestel. En ja, geel is haar gunstelingkleur! Unknown Union is verantwoordelik vir hul Afrika-sjiek uitrustings. HERMAN BENOEM! Prestasies – hiervan het SARIEkosredakteur Herman Lensing al vele op sy kerfstok. Maar om vir ’n SAFTA (SA film-en-TV-toekenning) benoem te word vir Beste Leefstyl-program was sy droom. Des te meer omdat dit is vir sy Via-kosprogram Dit proe soos huis – ’n ode aan…

4 min.
ons wêreld

DINK TWEE KEER . . . voor jy sommer ’n e-pos stuur. ’n Nuwe studie wys Britte stuur daagliks meer as 64 miljoen onnodige e-posse – wat almal tot die koolstofvoetspoor bydra. As elke volwassene in die VK een minder grappie aanstuur, spaar dit jaarliks meer as 16 433 ton koolstof. Hoe werk dit? As jy tik en “send” druk, gebruik dit elektrisiteit om deur die netwerk te gaan. Dan word dit iewers in ’n data-“wolk” (enorme datasentrum) geberg, wat reuse-hoeveelhede krag verbrand. The Guardian VIR ’N SKONER AARDE Atlete gaan hul deel vir die omgewing by die Olimpiese Spele later vanjaar in Tokio doen. Die 18 000 beddens in die Olimpiese dorp is van karton wat hergebruik kan word. Elke bed kan 200 kg dra, meer as die swaarste atleet by 2016…

6 min.
julle sê ...

DIE NAASTE AAN ‘HUIS’ IS HOLLANDS ’n Staaltjie uit Nederland. Dis koud, beeldskoon en ek vergryp my aan enigiets naastenby bekends in die onbekende. ’n Afrikaanse oudioloog en spraakterapeut van Pretoria in ’n “groot” Europa. Pretoria is ver van Europa, verder eintlik selfs as die Kaap waar ’n stukkie Europa nog kop uitsteek in nou straatjies en deftige gewelhuise. Vir nou, is naaste aan “huis” egter Hollands. My vet, maar dis aardig, dit knoop my brein, ek lag onwillekeurig in my mou, ek wonder oor semantiek, fonologie, oor geskiedenis en oor tradisie. Vasbeslote om hierdie “nuwe” taal te bemeester, probeer ek “eg wel” daagliks, maar Afrikaans is net bloot te mooi, te maklik en te lekker. Telkemale kom ek ’n gerespekteerde chirurg, medeterapeut of Jan Rap (en zijn maat) teë wat my mooie taal…

1 min.
sarie

REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius SENIOR ONTWERPER Keverne Morland PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 011 713 9931 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 021 406 3875 Magdel Muller (stilis en modeskrywer) KOSREDAKTEUR Herman Lensing 021 406 4540 SKOONHEIDSREDAKTEUR Monica van der Walt 011 713 9908 Suanné Mulder (skoonheidskrywer) DEKORREDAKTEURS Lounette Fourie & Anita Rossouw GESONDHEIDSREDAKTEUR Lydia van der Merwe (Kst) SENIOR JOERNALIS Suzette Truter SENIOR JOERNALIS Marguerite van Wyk (Kst) TEKSREDAKTEURS Liesl Roodt (hoofsub) & Natasja Lochner BOEKEREDAKTEUR Phyllis Green SKRYWER EN KOS-ASSISTENT Marzanne Schoeman 021 406 4022 REPRODUKSIE Noorieyah Fakier REDAKTEUR: REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar (Jhb) 011 713 9263 KANTOOR-ASSISTENT Donald Toockley WEBTUISTE DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard Annemie.Lombard@sarie.com 021 406 4149 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 VERKOOPSBESTUURDER (JHB) Susan Pienaar 083 281 7300 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970 HANDELSBESTUURDER Lise Coetsee lise.coetsee@media24.com MEDIA24 LIVE GELEENTHEIDSHOOF 021 406 2376 Francois…

3 min.
nataniël sê ...

Daar is mense wat nie geskenke gee nie. Weens suinigheid, luiheid, onsmaaklikheid, ook weens gebrek aan verbeelding of fondse. Sommige is bloot deel van ’n kultuur, geloof of familie waarbinne hierdie gewoonte nooit gekweek is nie. Die geskiedenis en sielkunde van geskenke is omvattend en eeue oud. Historici, skrywers en filosowe het almal verskillende idees oor die ontstaan van hierdie gebruik, ook die vele redes hoekom hierdie ritueel van die vroegste tye tot nou steeds plaasvind. Daar is uitgedeel aan armes, nie net om te help nie, maar om goed te vertoon of liefderyk voor te kom, van konings tot pouse het dit as ’n politieke of diplomatiese wapen gebruik: verbloem die ware planne, vertoon vrygewig en goedgunstig en wen die lojaliteit van volgelinge of onderdane. Daar is ook geskenke gegee om…