EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Sarie Partytjie

Sarie Partytjie

2018

Die tweede SARIE partytjie – alles wat jy nodig het om die beste kinderpartytjie nóg te reël! 70 partytjie-idees plus 5 koek-planne, uitnodigings, speletjies én aflaai en uitdruk ontwerpe om die dag spesiaal te maak!.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More

In this issue

2 min.
editorial

Sprokies was nog altyd deel van my lewe. Dit laat my weer kind word en terugdink aan wat belangrik was (en steeds is). Om te droom sonder perke, die geloof dat byna niks op aarde jou skade kan aandoen nie. Elke partytjie in dié uitgawe deel in hierdie fantasie, soos die storie van Pinocchio op bl. 46, oor vader Geppetto en sy houtseuntjie wat met ’n feetjie se toorkrag ’n regte seuntjie word. Natuurlik nie voordat sy houtneus ’n paar keer groei omdat hy so jok nie! Vir my beteken die verhaal van die prinses en die ertjie (bl. 26) dat ons moet onthou elke kind is ’n prins of prinses uit eie reg. Daarom mag ons nooit iemand ongemak aandoen nie, soos met hierdie arme prinses gebeur het. Haar toekomstige man…

3 min.
ons hou van

BASIESE VANIELJESPONSKOEK Hierdie wit sponskoek werk vir al die verjaardagkoeke in dié tydskrif. genoeg vir twee ronde koeke van 18 cm of een reghoek van 25 x 15 cm 6 eiers260 g (325 ml) strooisuiker115 g (125 ml) botter, gesmelt5 ml vanieljegeursel260 g (460 ml) koekmeel Verhit oond tot 180 °C. Plaas eiers en suiker in elektriese menger se bak en plaas op pot met kookwater. Klits met draadklitser tot eiermengsel louwarm begin raak – toets met jou vingerpunt. Plaas bak in menger en klits 8-10 minute by hoë spoed tot dik skuimmengsel vorm. Voer intussen twee losboompanne van 22 cm in deursnee of ’n reghoekige pan van 25 x 15 cm met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Voeg botter, vanielje en meel by eiermengsel en vou versigtig in met slaplemmes.…

1 min.
ons top-12

12 min.
dis’n sirkus

Al in die rondte, al in die rondte, swef ons so herlik hen en wer Swaai ons en draai ons, windjie die waai ons, ry ons wer ’n kerMynie Grové Dekor deur Aleit Swanepoel en sy span van a|Create, www.acreate.co.za, in samewerking met Something Different, something-different.co.za Foto’s geneem by Zip Zap Circus, www.zip-zap.co.za MARGIT MEYER-RÖDENBECK Dowwe Dolla/akteur 1. My nommer-een-wenk vir partytjie hou vir ’n kind? Hou dit eenvoudig. Die kinders sien nie eens altyd al die detail raak nie – solank hulle goeie maats is, daar baie eetgoed is en hulle pret het. My Luca hou daarvan as ons self goed vir die partytjie maak. En dis my tweede wenk: Betrek jou kind. 2. As Luca haar sin kon kry, sou elke verjaardagpartytjie ’n kat-tema hê – sy is katmal. Sy begin elke jaar…

2 min.
sirkus by jou huis

Jason Barnard is al sedert hy 8 jaar oud was deel van die Zip Zap Circus. Hy is een van Suid-Afrika se min swaartekragwiggelaars (gravity juggler). Dis ’n tegniek waar jy die balle ook teen die grond bons tydens jou toertjie. Jacobus Claassen is beter bekend as Trompie by sy Zip Zap-familie. Hy is voltyds deel van die sirkus en blink uit op onder meer die eenwielfiets, trampolien en ander akrobatiese toertjies. Danksy die kans wat hy by Zip Zap gekry het, kan hy nou kinders help om self allerlei sirkuskunsies te bemeester. Jy kan die kunstenaars van Zip Zap bespreek om hul slag te kom wys by jou volgende partytjie en só ’n verskil maak in die lewe van hulpbehoewende kinders. Jy is ook welkom om ’n donasie aan die sirkus…

7 min.
prinses & die ertjie

PLAATKOEKIE-SUIGSTOKKIE Kies kortpad met ’n gekoopte plaatkoekie-mengsel wat jy self braai. genoeg vir 16 • 1 x 500 g-pak plaatkoekie-mengsel (ons het Snowflake s’n gebruik)• 500 ml melk• 2 eiers• 60 ml sonneblomolie• 50 g bakkie kleurstrooisels• 45 ml botter, gesmelt• 16 hout-kebab-stokkies, gehalveer• jogurt vir voorsit Maak plaatkoekie-mengsel volgens aanwysings op pak aan met melk, eiers en sonneblomolie. Meng kleurstrooisels by. Verhit bietjie botter tot warm in ’n kleefvrye pan. Skep eetlepels vol van die mengsel in die pan en plaas ’n houtstokkie op elke koekie terwyl dit nog rou is. Wag tot borrels bo-op vorm, lig stokkie en plaatkoekie versigtig op en draai om – die stokkie bak vas in die koekie. Braai sowat 2 minute aan ander kant. Verwyder uit pan en herhaal met res van deeg. Sit warm voor met…