EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Women's Lifestyle
Vrouekeur

Vrouekeur

28 February 2020

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read More
SPECIAL: Get 40% OFF with code: LOVE40 - Web purchases only
BUY ISSUE
$2.75(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$137.39(Incl. tax)
50 Issues

In this issue

4 min.
as ’n virus ’n pandemie word

Ek het hierdie week oor die onderwerp van my skrywe gewik en geweeg. My twyfel is op sigself bevestiging van die punt wat ek gaan probeer maak. Ek wonder oor die reaksie wat my skrywe by sekere mense gaan ontlok. Op bl 14 vertel ’n vrou van haar soeke na identiteit weens die gruwel van apartheid. Oor dié tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis is boeke geskryf, word boeke geskryf en gaan boeke geskryf word, maar dit is nie per se my tema vir die week nie. Dit wat ek op die hart het, is wel ’n uitvloeisel daarvan, maar dis veel meer as dit. Die koronavirus het baie mense in rep en roer. Enige pandemie is ’n bedreiging. Veral in die 21ste eeu waar ’n virus baie makliker as 100 jaar gelede kan…

1 min.
35% afslag!

BEL Magsathome by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) KREDIETKAARTBESONDERHEDE en vir DEBIETORDEROPSIES SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS) STUUR ’N FAKS na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening SKRYF IN OP ONS WEBWERWE www.vrouekeur.co.za/ www.magsathome.co.za STUUR ’N E-POS na subs@magsathome.co.za POS ’N TJEK uitgemaak aan Magsathome Subs en stuur dit saam met ’n brief en jou besonderhede van hernuwing of intekening na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450 Doen ’n ELEKTRONIESE OORBETALING of betaal met ’n DIREKTE DEPOSITO Rekeningnaam: Magsathome Subs Bank: Nedbank Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 BELANGRIK! Gebruik jou VAN en SUBSKRIPSIENOMMER of jou van en SELFOONNOMMER as verwysing met ’n elektroniese betaling of direkte deposito en faks dit met jou betalingsbewys en posadres na 086…

1 min.
wen

Toorbos is ’n bosromanse wat in die 1930’s in die Knysnabos afspeel. Dit is die storie van ’n jong vrou se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ’n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry. Die gelyknamige rolprent word in Mei uitgereik. www.nb.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS TOORBOS gevolg deur jou naam, van en adres voor 4 Maart 2020 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxton-tydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrifaanbiedinge aan jou te bied.…

1 min.
vrouekeur

REDAKTEUR Eldaleen Hugo ADJUNKREDAKTEUR Zerelda Esterhuizen BESTURENDE REDAKTEUR Anlie Janse van Rensburg KUNSREDAKTEUR Je’Maine van Kradenburg TEKSREDAKTEUR & GESONDHEIDS JOERNALIS Christa Swanepoel TEKSREDAKTEUR Margot Pakendorf Schultz PROEFLESER Louïne van der Vyver BOEKEREDAKTEUR Willie Burger VERHALEREDAKTEUR Melt Myburgh vkfiksie@gmail.com KUNSTEREDAKTEUR Johan Myburg KOSSKRYWERS Suzanne Crozier en Mareli Visser DEKOR EN TUIN Anna Celliers, Connall Oosterbroek, Maryke Roberts MUSIEKRESENSENT EN VERMAAKJOERNALIS CJ de Swardt KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel NAVRAE 087 158 1832 en vrouekeur@caxton.co.za Vrouekeur, Caxton-tydskrifte, Jan Smutslaan 368, Craighall Park 2196 en Posbus 1480, Saxonwold, 2132 HOOFBESTUURDER Anton Botes BEMARKINGSBESTUURDER Reinhard Lotz BEMARKINGSNAVORSINGBESTUURDER Debbie McIntyre PRODUKSIEBESTUURDER Sada Reddhi…

8 min.
besiger as ooit

Dis hoogsomer en die kraaie gaap in die Kaap, maar Elsabé se wit-en-blou uitrusting met haar vrolike blou somershoed, maak haar prentjiemooi onder die bome by Blaauwklippen-landgoed, waar ons ontmoet. Sy is ’n paar jaar gelede geskei en haar byderwetse huis is net ’n klipgooi ver. Sy is baie opgewonde oor die verfilming van die tweede seisoen van Alles Malan. Haar karakter, Brenda, staan saam met haar man, Derik (Albert Maritz), aan die hoof van die familie. Brenda en Derik se eersgeborene, Frik, keer ná agt jaar in Engeland terug om die familieonderneming, Malan Vervoer, by sy pa oor te neem. Sy vrou, Tessa, en twee tienerkinders keer saam met hom terug, maar het elkeen ’n stryd van hul eie. Elsabé sê sy en Brenda is baie dieselfde en haar goeie vriende…

7 min.
marciel help boere vrou soek

Op 27 hou sy van haar liggaam. Régtig. Vir die eerste keer. “En ek weet glad nie hoeveel ek weeg nie,” sê sy. Maar Marciel Hopkins, die nuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou, ’n werklikheidsreeks op kykNET, het vrede daarmee. Noudat haar lewe in balans is, spoel branders van geleenthede na haar kant. Sy doen modelwerk in New York, een van haar gunstelingstede, het ’n jaar gelede saam met haar kêrel ’n nuwe huis in Claremont gekoop, en sy droom daarvan om in ’n fliek te speel. Marciel, tot onlangs een van Suid-Afrika se mees gesogte plusgroottemodelle, het al hoe meer ontspan oor haar liggaam en op dié manier al hoe meer gewig afgeskud. Dié 1,78 m-skoonheid het van ’n grootte 14 na ’n 12 verslank. En die plusgroottemark het nou van…