DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Business et Finance
Finweek - AfrikaansFinweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans

21 November 2019

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Lire pluskeyboard_arrow_down
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
1,57 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
33,19 €(TVA Incluse)
25 Numéros

DANS CE NUMÉRO

access_time2 min.
die redakteur sê

jy sal nooit my guns wen as jy dit nodig vind om te noem dat jy ’n “baie lekker plek in Franschhoek” het nie. Miskien kan ons die glansryke entrepreneur Richard Branson sy onkunde vergewe – sy leefwêreld is in soveel opsigte ver verwyderd van Suid-Afrikaanse werklikhede. Wanneer jy ’n besigheid met ’n jaarlikse omset van ver oor die $20 miljard opgebou het en jy een van die tien rykste mense in Brittanje is, sal jy dinge heeltemal anders ervaar wanneer jy net inloer vir ’n kuiertjie as wanneer jy daagliks in Suid-Afrika moet oorleef. Gee die man erkenning: Branson het sy sakeryk oor vyf dekades opgebou, van die grond af, met ’n mengsel van waagmoed en deursettingsvermoë (en, sal party sê, ’n skoot geluk). ’n Mens kan baie by hom leer. Toe…

access_time1 min.
finweek - afrikaans

REDAKSIONEEL & VERKOPE Redakteur Anneli Groenewald Adjunkredakteur Jaco Visser Besturende redakteur Jana Jacobs Medewerkers Simon Brown, Johan Fourie, Moxima Gama, Glenneis Kriel, Schalk Louw, David McKay, Andile Ntingi, Timothy Rangongo, Melusi Tshabalala, Amanda Visser, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Redaksionele assistent Thato Marolen Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli, Nadine Smith Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@fivetwelve.co.za Clive Kotze 082 335 4957/clive@mediamatic.co.za Tanya Finch 082 961 9429/tanya@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia.co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za Besoek ons by: @finweek finweek finweekmagazine…

access_time4 min.
waarom verkeerde mense bevorder word

sechaba is ’n verkoopsman by ’n motorhandelaar. Hy is ongelooflik goed in sy werk. Hy verkoop elke maand meer as sy kollegas. Die rede vir sy sukses is dat hy sy kliënte se behoeftes kan bepaal sodra hulle by die deur instap. Boonop het hy ’n Schalk Brits-glimlag wat vertroue inboesem in hom en in die motors wat hy verkoop. Sechaba is dieTony Robbins van motorverkopers. Dan gaan die pos van bestuurder van die motorhandelaar oop. Wat moet gebeur? Moet Sechaba bevorder word weens sy uitstekende prestasie op laer vlak? Of moet sy kollega Whitney die pos kry? Whitney het ’n finansiële graad en is ’n pligsgetroue en hardwerkende spanspeler. Sy het al die eienskappe om ’n beter bestuurder te wees. Maar wat sal dit aan die spanmoreel (en aansporings virtoekomstige…

access_time4 min.
skep ’n groot swart eiendomspeler

’n mens kan nie ontken dat swart ekonomiese bemagtiging, wat onder President Nelson Mandela afgeskop en deur sy opvolger, Thabo Mbeki versnel is, en wat tot welvaartskepping onder swart mense gelei het, oor die afgelope dekade erg verlangsaam het nie. In die jare voordie wêreldwye resessie van 2008 en 2009 het Suid-Afrika opspraakwekkende en groot swartbemagtigingstransaksies beleef waarin ’n aantal swart konsortiums minderheidsbelange in JSEgenoteerde maatskappye onder wit bestuur gekoop het. Bemagtigingstransaksies onder genoteerde maatskappye het ná die resessie opgedroog en georganiseerde swart besigheid se aandag het na staatsverkryging verskuif om welvaart te skep. Die verposing in grootskaalse bemagtigingstransaksies is soms onderbreekdeur samesmeltings van swart maatskappye. Al is dié transaksies seldsaam, word dit sedert 2010 beskou as ’n teken dat die swartbemagtigingkonsep wasdom bereik het. Die samesmeltings tussen bemagtigingsmaatskappye is genoodsaakdaardeurdat hulle die…

access_time4 min.
kortliks

“VERANTWOOR-DELIKE ONDER-NEMERS DINK AAN ANDER, EERDER AS NET AAN HULSELF” – Wyle miljardêr en belegger Allan Gray het verlede jaar in een van sy laaste onderhoude sy visie vir E-Squared Investments met Vanessa Stoykof gedeel en ’n beroep op ondernemers gedoen om rolmodelle te wees. E-Squared Investments is hoofsaaklik gestig om Allan Gray-beurshouers of -navorsingsbeurshouers te finansier en te bemagtig om verantwoordelike ondernemers te wees, werk te skep en armoede in Suid-Afrika te takel. Benewens die feit dat hy ’n groot deel van sy geld aan liefdadigheid geskenk het, het “papa G”, soos hy alom bekend was, die Allan Gray Orbis-stigting in 2005 met ’n persoonlike skenking van $130 miljoen gestig, volgens Forbes. “Ek dink dat filantropie en om in besigheid in die gemeenskaplike belang op te tree eintlik goeie besigheid…

access_time2 min.
sal wescoal sy aandeelhouers ’n bietjie opbeur?

reg Demana, uitvoerende hoof van Wescoal Holdings, kan doen met ’n bietjie feestelikheid dié Kersgety. Nadat Demana, ’n voormalige hulpbronbankier by NedbankCapital, in Februarie die leisels byWescoal oorgeneem het, het hy ’n onstuimige tyd beleef, aanvanklik met ’n daling in die dollarprys van termiese steenkool, wat jaar-op-jaar met 37% geval het. Daarwas ookontwrigting vóórdie verkiesing in myndorpe in Mpumalanga wat steeds voorkom (sien kassie). In April het gewelddadige protesoptredegelei tot ’n weeklange staking by die Vanggatfontein-steenkoolmyn, Wescoal se vlagskipmyn. ’n Noodlottige ongeluk by Vanggatfontein het die staantyd verleng, terwyl ’n ondersoek deur die staat gedoen is. Produksie van ’n ander myn in Mpumalanga, Elandspruit, is ookontwrig nadat ’n kontrakteurwerk gestaak het en gesê het hy maak nie geld met die ondergrondse myn nie. Al dié probleme het plaasgevind voordat Demana hom byWescoal…

help