DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUEMAGAZINES
CATÉGORIES
  • Art et Architecture
  • Aviation et Bateau
  • Business et Finance
  • Auto et Moto
  • Presse people
  • Comics & Manga
  • Artisanat
  • Culture et Littérature
  • Famille et Éducation
  • Mode
  • Cuisine et Vin
  • Forme et Santé
  • Maison et Jardin
  • Chasse et Pêche
  • Jeunesse
  • Luxe
  • Presse Masculine
  • Film, Télé et Musique
  • Actualité et politiques
  • Photographie
  • Science
  • Sports
  • Tech et Jeux Vidéo
  • Voyages et Plein air
  • Presse Feminine
  • Adulte
SÉLECTION DU JOUR
DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
Presse Feminine
Landbou Boereplanne

Landbou Boereplanne

2016

Die bekende uitdrukking “ ’n boer maak ’n plan” bestaan nie om dowe neute nie. Suid-Afrikaanse boere is bekend om hul vindingrykheid – van ’n stelsel om paddas uit ‘n besproeiingstelsel te hou tot ’n vangnet om wildverskuiwing te vergemaklik. Die manne en vroue het vernuftige idees – en dan bou hulle dit sommer self! Langer as ’n dekade al publiseer Landbouweekblad dié planmaakstories in die gewilde Boereplan-rubriek. Die beste van 2017 en 2018 se planne word nou saamgebundel in ’n vierde, spesiale glansuitgawe. Lees ook nuwe artikels soos hoe Jannie Myburgh, ’n boer van Ermelo, verstommende werktuie soos ’n vierlyndraadspanner, trekkervurkhyser en alternatiewe stronkkapper ontwerp het. Van herlewingslandbou en energieslim ontwerpe tot meganisasie wat elke denkbare boerderyvertakking vergemaklik – dié toeganklike tegnologie sal plaaswerk vergemaklik..

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Lire plus

Dans ce numéro

1 min.
ons heil lê by die planmakers

Miskien het jy al van Temple Grandin gehoor. Miskien het jy so vyf jaar gelede die fliek oor haar met Claire Danes in die hoofrol gesien. Temple is ’n Amerikaanse professor in dierewetenskap wat deur haar besondere insig in hoe beeste dink en reageer en hoekom hulle bang word en skrik, die regte soort krale en drukgange kon ontwerp. Dit het die standaarde, menslikheid en doeltreffendheid van die hele Amerikaanse rooivleisbedryf ’n groot hupstoot gegee. Die merkwaardige feit oor Temple is dat sy outisties is. Sy sê outistiese mense dink in terme van praktiese prentjies (soos foto’s) met veel meer detail as gewone mense, wat baie meer abstrak dink, in woorde of in abstrakte wiskundige idees. Sy glo ons samelewing het, tot sy eie nadeel, in ’n stadium mense wat effens anders…

1 min.
planmakers uit alle oorde

Dit is nie meer nuus dat Suid-Afrika se boere talentvolle planmakers is nie, hetsy dit is om hul eie werktuie en toerusting te ontwerp en te bou of hul boerderypraktyke aan te pas om winsgewender te boer en krisistye, soos die afgelope jaar se droogte, te oorleef. Dit het Landbouweekblad se gewilde boereplanne-kompetisie oor die jare bewys. Tog kry hulle dit reg om ’n mens telkens te verras met die oplossings waarmee hulle vorendag kom, soos mnr. Hannes Erasmus, wynboer van Robertson, wat ’n nuwe, eenvoudige wingerdopleistelsel uitgedink het op ’n vlug van Australië af (bl. 22). Of die fynsaadplanter wat deur Jonathan Fourie, ’n skoolseun van Ermelo, ontwikkel is (bl. 56). In die tweede uitgawe van Boereplanne is daar weer ’n keur uit die beste planne wat die afgelope jaar of…

7 min.
fraserburg se groot nguni-trek

Boere van die Hardemanskaroo, in Fraserburg en Carnarvon se kolle, het ’n sêding: “Wat jy maak in die rantjies, mors jy op die landjies.” Ná dekades se ondervinding weet hulle die Karoo is puik skaapwêreld, maar ’n geploeg en ’n geplant werk nie hier nie. Ek het nou nie lang jare in die Karoo gebly of geboer nie, maar ek het my eie rympie: Moe-NIE in die Karoo kom sukkel met ’n Ngu-NI! Nee, nee, dis nie sommer rymelary, uit die duim gesuig nie. Dit kom ook uit dure ondervinding. Die ding het ’n langerige aanloop wat een jaar met ’n Geloftefees op Fraserburg begin het. My pa is gevra om te kom preek. Ons het in daai dae diep in die Kalahari geboer – tussen Askham en Van Zylsrus teen die Botswana-grens. My pa…

4 min.
’n klompie vinnige planne

Suikerriet vir voer in droë Bosveld Mnr. Dirk Minnaar, ’n beesboer van Alldays, behaal veel meer sukses met suikerriet onder drupbesproeiing as voer vir sy beeste en wild as met lusern. Hy kry sy diere gemaklik en in goeie kondisie deur die droë tye voor die somerreën. Hy sê die suikerriet gebruik veel minder water as lusern. Boonop hoef dit nie gebaal en opgeberg te word nie – twee werkers kap, kerf en verwerk sommer elke oggend binne drie uur ’n ton suikerriet en laai dit by die voerpunte af. Die riet word met ’n kuilvoerkerwer gekap. NAVRAE: Sel 082 625 5011. Fnuik die kalkneerslag Sukkel jy met pype, sproeiers en ketels wat toekalk? Mnr. Christi Grobbelaar van Zeerust het ’n plan by Kaapse vissermanne geleen deur ’n sinkblok in die 50 mm-pyp tussen…

4 min.
dissipline spaar tyd en geld

Met 26 jaar se ervaring, die meeste daarvan as die bestuurder van ’n werkswinkel van ’n groenteen vrugteboerdery wat meer as 100 trekkers, bakkies, vurkhysers en vragmotors en hordes werktuie gebruik, weet mnr. Sybrand Mouton waarvan hy praat. Hy is die dienstebestuurder van die Môrester-landgoed in die Koue-Bokkeveld naby Ceres. WATTER HANDELSMERKE VERKIES JY? Met kraggereedskap het ek al ’n paar bloutjies geloop. Ek het al probeer om gereedskap van gemiddelde gehalte aan te skaf met die hoop dat die gehalte steeds goed genoeg sou wees om duursaamheid te verseker teen ’n aantrekliker prys, maar dit het nie gewerk nie. Ek het ook al die goedkoopste kraggereedskap aangekoop met die gedagte om te spaar solank dit net die helfte van die tyd hou wat goeie produkte hou, want dit kos minder as die…

2 min.
‘parte’-skuur maak plaaswerk seepglad

In veral plant- en oestyd kan ’n boer nie bekostig dat ’n trekker of ander werktuig lank staan nie. Daarom sorg mnr. Gilly Scheepers (foto bo)van Fouriesburg dat hy haas enige onderdeel in voorraad hou vir ingeval hy dit skielik nodig kry. “Agentskappe hou ook nie meer ’n onbeperkte reeks onderdele en groot voorrade op die kleiner dorpe aan nie. As ek nie voorsorg tref en sélf voorrade aanhou nie, kan dit dalk gebeur dat die agentskap ’n onderdeel eers van sy hoofkantoor moet bestel. Dan staan ’n trekker of ’n stroper dalk vir ’n dag of langer. Dít kan ’n boer nie bekostig nie,” sê Gilly. Hy boer sedert Julie 1985 in die Oos-Vrystaat en het deesdae plase in die distrikte Fouriesburg, Paul Roux, Bethlehem en Ficksburg, met Magdalena as…