DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Voyages et Plein air
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad

22-Nov-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Lire pluskeyboard_arrow_down
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
1,45 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
54,46 €(TVA Incluse)
50 Numéros

DANS CE NUMÉRO

access_time1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Argiefbestuurder Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen T: 051 404 7764 OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys T: 041 503 6090 www. landbou.com Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 Advertensies DuandeBeer 0798875224 RinaHattingh 0124859361 RudolphBurger…

access_time3 min.
dié week in die landbou

DIE WES-KAAP SE WEN-JAAR Mnr. Johan van der Schyff, ’n eier-en-skaapboer van Plettenbergbaai, is as die Jongboer van die Jaar vir 2019 aangewys. Hy boer sedert 2001 in die Plettenbergbaai-omgewing met lêhenne, en buiten 220 000 lêhenne het die boerdery ook ’n vloot vragmotors wat eiers in die Oos-, Suid- en Wes-Kaap versprei. Mnr. Sewis van der Horst, ’n vrugteboer van die Villiersdorp-distrik, is as die New Harvest boer van die jaar bekroon. Volgens die beoordelaarspaneel vervang hy die ou en onderpresterende boorde in ’n ewewigtige verdeling tussen appels en pere, terwyl hy in die jongste kultivars en tegnologie belê om produktiwiteit en doeltreffendheid te verbeter. Hier is Van der Schyff (tweede van links) saam met prof. Carlu van der Westhuyzen, voorsitter van die beoordelaarspaneel, mnr. Christo van der Rheede, adjunk-…

access_time2 min.
syfers

$8,3 miljoen Mooala, ’n maatskappy van Dallas in Amerika, wat plantgebaseerde alternatiewe tot melk en verromers maak, het $8,3 miljoen (R123,1 miljoen) van die beleggingsfirma Sweat Equities verkry om produkontwikkeling te versnel en sy afsetgebied te vergroot. Die maatskappy is gestig deur mnr. Jeff Richards, wat weens sy laktose-intoleransie suiwelvrye drankies begin prakseer het. Mooala se Bananamilk, gemaak van piesangs, water, sonneblomsaadbotter, kaneel en seesout, is in 2 500 winkels te koop. – Dallas Morning News R12,9 miljard Landbou-organisasies het gunstig gereageer op die aankondiging van die ontwikkelingsagentskap Transformation Initiative dat hy R12,9 miljard oor die volgende vyf jaar gaan bewillig om opkomende en bestaansboere te help. Oudminister Roelf Meyer het gesê 450 000 mense gaan na raming voordeel hieruit trek. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbouorganisasie Saai se direksie, sê…

access_time1 min.
die ander sê

DIE regering wil treinvervoer drasties opgradeer en beide vrag en passassiers van paaie af na spoorvervoer vat oor die komende 30 jaar. Die vernaamste voorstel is om die bestaande nou spoor met standaard spoorlyn te vervang. Dié planne word uiteengesit in ’n konsepwitskrif wat nog nie vir openbare kommentaar vrygestel is nie, wat ook sê die stap sal vrag- en passassierspoordienste oopstel vir mededinging. Die regering wil ook hê stede moet hul eie passassiertrein-netwerke bedryf. Voorts pas Transnet druk toe om beheer oor te neem van die 2 200 km spoornetwerk wat deur die Passassierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) bedryf word, omdat sy versuim om die infrastruktuur behoorlik te onderhou en so ’n risiko vir Transnet se spoordienste en die ekonomie as geheel inhou. Transnet se vragvervoer-afdeling (TFR) sê toenemende voorvalle van netwerk-ontwrigtings…

access_time1 min.
het jy gehoor?

’Landelike munisipaliteite kan nie eens water en krag bestuur nie. Hoe sal hulle dit regkry om beleggingsplanne te bestuur?’ DR. JOHN PURCHASE, uitvoerende hoof van Agbiz, oor die regering se plan om landbou-ontwikkeling op distriksgrondvlak te bedryf. Bl. 19 ’Daar is baie boere wat nog net sowat 20% van hulle vee oor het.’ MNR. NICOL MULLER, voorsitter van Agri Molopo, oor die droogte in Noordwes. Bl. 16 ’Die situasie behoort makliker opgelos te word as wat die uitbreking in die kommunale gebiede was.’ DR. PIETER VERVOORT, voorsitter van die nasionale dieregesondheidsforum, oor die jongste bek-en-klouseeruitbreking by ’n kommersiële boerdery. Bl. 14 ’Ons gee nog ’n bietjie voer, maar dis baie ligter op die sak as wat dit sou wees as dit nie gereën het nie.’ MNR. RD ERASMUS, ’n boer van Caledon, oor verbeterde weidings ná die…

access_time3 min.
anderkant die reënboog

OM HOOPVOL TE BLY Swartwattelbome wat vrek, is ’n goeie aanduiding van hoe droog dele van die Oos-Kaap werklik is. En dít boonop in die suur, hoëreënvaldistrikte van Cathcart en Stutterheim. Byna nêrens in die provinsie word boere die uitmergelende droogte gespaar nie — van Alexandria aan die kus, waar melkboere nou al moeg gevoer is, tot in die berge bo die misgordel waar getroue fonteine wat reeds geslagte lank water voorsien, nou vir die eerste keer opdroog. Geen wonder daar is hier en daar ’n bietjie mismoedigheid in die Ou Kolonie te bespeur nie. Maar steeds het boere die tyd ingeruim om onlangs die Humansdorpse Koöperasie, handeldrywend as Die Kooperasie, se twee dae van goeie nuus en optimisme op Jefferysbaai en Oos-Londen by te woon (ongelukkig het die politici weer in…

help