DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Chasse et Pêche
SA Hunter/JagterSA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter November 2018

The leading magazine for the South African hunting and conservation fraternity. Suid-Afrika se top-tydskrif vir die jagter en bewaarder.

Pays:
South Africa
Langue:
English
Éditeur:
Media 24 Ltd
Lire pluskeyboard_arrow_down
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
2,26 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
20,31 €(TVA Incluse)
12 Numéros

DANS CE NUMÉRO

access_time2 min.
swyg en saamstaan, of praat?

Ivo Vegter skryf onlangs in die Daily Maverick hoedat ’n verbod op jag wildbewaring negatief sal beïnvloed. Volgens inligting wat hy versamel het, was daar in 2015 ongeveer 11 600 wildplase in Suid-Afrika (dit sluit in ekotoerismeplase, teelplase en jagplase). Die totale hoeveelheid grond wat hierdie plase beslaan, is sowat 22 miljoen hektaar of 18% van die land se oppervlakte. Op hierdie plase word ongeveer 22 miljoen stuks wild aangetref. Daarenteen beslaan ons nasionale parke ’n area van sowat 4.1 miljoen hektaar en word nog so 2 miljoen hektaar as regeringsparke bestuur. Daar is ’n geskatte ses miljoen diere op hierdie gronde. Wildboere besit nie net meer grond en hou nie net meer wild aan as ons nasionale bewaringsinstansies nie, maar hulle is ook in besit van en bewaar veel meer van ons…

access_time5 min.
bospos sê jou sê

WENBRIEF OM STIL TE BLY… Met verwysing na Janus Westraat se kommentaar (Bospos, Oktober-uitgawe) op my artikel, Ver skiet: Jag jy of skiet jy? Mnr. Westraat gebruik woorde soos “modder gooi” en “verkleinerend” in sy beskrywing van my artikel, en ek nooi hom graag uit om die gedeeltes van die artikel wat hy as sulks beskou met my te deel. Net soos Janus, volg ek ook die langafstand-“jagters” op sosiale media, maar ek vermoed ons doen dit om verskillende redes. Die oomblik as iemand onetiese gedrag aanspreek op sosiale media, word hulle summier uitgekryt met kru taal en persoonlike aanvalle – dit gebeur gereeld. Dit verstom my egter dat Janus my van sulke gedrag beskuldig – ek het niemand persoonlik aangespreek in my artikel nie, maar wel jagmetodes. As die skoen van onetiese…

access_time5 min.
snelvuur

LUIPERDS BLYK VOLOP TE WEES Bewaringsinstansies is deesdae nie gretig om jaglisensies/ permitte uit te reik vir die skiet van luiperds nie. Daarvoor word verskeie redes aangevoer, waarvan een is dat luiperds skaars is en dat daar nie genoegsame navorsing beskikbaar is om die beweerde getalle van hierdie diere te staaf nie. Tog sien ’n mens oral op jag-en ander plase tekens van die teenwoordigheid van hierdie groot katte. SA JAGTER/HUNTER is bewus van ’n groot eiendom in die noorde van Kwa-Zulu-Natal waar daar sowat twee jaar gelede veldkameras opgesit is deur ’n bewaringsinstansie om luiperds te monitor. Net op daardie een eiendom is oor die 20 verskillende luiperds geïdentifiseer. Die foto van ’n luiperdmannetjie se spoor (hierbo) is geneem deur SA JAGTER/HUNTER se redakteur op ’n plaas in die Limpopo-provinsie naby Vaalwater…

access_time4 min.
die kweskwessie

Die aangewese skut het hom uit frustrasie laat ompraat. Sy skoot het raak geklap op die bok en ’n tweede skoot ook, maar die bok het gehardloop. Ons weet almal hoe nuuskierig ’n mens raak as jy in die veld is en jy hoor skote van ’n ander man se kant af. Waarop word daar geskiet, wonder jy. Was dit raak? Wat gaan daar aan? Wanneer die jagbakkie kom stilhou is dit dan ook die jagverslag wat eerste uittuimel. Almal wil weet wat gebeur het, hoe dit gegaan het. Elke jag lewer natuurlik sy kwota stories op en elke seisoen sy hoogte- en laagtepunte. As alles goed gegaan het, is dit gewoonlik mooi verhale van sukses en vriendskap en besondere ervarings in die veld. Maar teleurstelling kom ook soms aan die beurt.…

access_time11 min.
viper – dodelik in die bos

Dit is verblydend om te sien dat daar al hoe meer plaaslike vervaardigers na vore tree wat monometaalkoeëls van koper en geelkoper vervaardig. ’n Nuwe toetreder tot hierdie mark is Peter Sutton van Johannesburg. Peter is ’n kategorie B-geweerversamelaar asook ’n toegewyde jagter en sportskut wat aan ’n verskeidenheid sportskietdissiplines deelneem. Sy eerste vuurwapen was ’n Star BKM-pistool en sy eerste geweer ’n militêre Mauser M98 in .308-kaliber. Peter is ’n opgeleide gereedskapmaker en synde ook ’n vuurwapen-entoesias, was dit net natuurlik dat hy sou belangstel in die vervaardiging van koeëls. Hy het dit verskeie jare net as ’n stokperdjie beoefen, maar in 2017 ’n nuwe maatskappy gestig en maak sedertdien koeëls voltyds. Hyis tans besig om nu-we CNC-masjiene aan te koop wat sy huidige produksiekapasiteit met tot soveel as 400% sal…

access_time10 min.
a pair for a gentleman

I think owning a fine, matched pair of custom-fitted, best-quality shotguns is the ultimate any shotgunner can wish for. Such pairs (and even trios and quartets of guns in some instances) were turned out in relatively modest numbers by some of England’s finest makers such as Boss, Purdey, Holland & Holland and others. In many instances these guns were used by well-to-do gentlemen who insisted on shooting their birds with the finest guns that could be had at the time. The reasoning behind a matched pair of guns came about as a result of the great driven shoots of Edwardian times. The idea was, firstly, to have a pair of guns with identical dimensions so that they could be used interchangeably without adjustment or inconvenience, and secondly to provide serious and sustained…

help