DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Chasse et Pêche
SA Hunter/JagterSA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter January 2019

The leading magazine for the South African hunting and conservation fraternity. Suid-Afrika se top-tydskrif vir die jagter en bewaarder.

Pays:
South Africa
Langue:
English
Éditeur:
Media 24 Ltd
Lire pluskeyboard_arrow_down
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
2,53 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
22,71 €(TVA Incluse)
12 Numéros

DANS CE NUMÉRO

access_time3 min.
ken jy die pad?

Vertel die ou dominee eendag hoe hy na die oorlog met sy 1947 Ford-bakkie (hulle het mos sulke lekker groot modderskerms en breë treeplanke gehad) diep in die rooi Kalahari huisbesoek gedoen het.Teen sononder trek hy weg vanaf ’n korrelkop-oom se plaas. Naby die huis is daar ’n kraalstelsel met ’n paar hekke waardeur hy moet ry, maar hy let nie mooi op nie en glip deur die verkeerde hek. Verdwaal was sy voorland en ’n uur later is hy terug by die oom.Hy vra wéér pad en die oom spring sommer op die Ford se treeplank. “Ry reguit hier af,” beduie die oom. “Draai links... weer links en ry deur die hek.” “Slap regs nou...” skrou die oom. “Reguit, draai regs...” Terwyl die Ford deur die dik sand…

access_time4 min.
bospos sê jou sê

WENBRIEF Lida met die blesbok wat sy geskiet het. EERSTE BOK EN BEWERASIE Die blesbokjag is reeds bespreek en daar lê nog drie maande se wag voor vir die groot dag waarop Lida haar eerste bok kan skiet. Gedurende hierdie drie maande word baie dae op die skietbaan deurgebring om te oefen. Uiteindelik voel ons gereed vir die groot dag en saam met vriende en familie vat ons die pad jagveld toe... Al die oefen en leer word ’n werklikheid wat nou toegepas moet word. Soos ons die veld inry, word sekermaakvrae gevra en raad gegee: Veiligheid altyd eerste, nè? Is dit hier op die blad waar ek moet skiet? Moet die bok dwars staan? Onthou, hy staan nie lank stil nie, maak seker van die…

access_time9 min.
snelvuur

NUWE .338-KALIBER Uit Amerika kom die nuus dat die bekende David Tubb ’n nuwe .338-kaliber ontwerp het vir langafstandskiet. Dit word die .33XC genoem (Xtra Capacity) en die dopkapasiteit van hierdie monster is glo sowat 130gr kruit. Die dop wat ’n 35°-skouer het, het ook ’n langer lyf en nek as dié van die .338 Lapua Magnum en minder taps (taper). Volgens toetse wat Tubb-hulle uitgevoer het, lanseer hierdie vuurspuwende draak 250gr-koeëls teen 3 450vps en 300-greiners teen 3 150vps. Die Peterson-maatskappy wat reeds bekend is vir hul kwaliteitdoppe, gaan glo die doppe vir die .33XC vervaardig. Soos te verwagte sal net kruite wat baie stadig verbrand, geskik wees vir hierdie .338. Baie verwag natuurlik dat looplewe nie baie lank sal wees nie, maar berigte lui dat…

access_time1 min.
snelvuur-lesersbydraes

Enige rare, interessante nuusbrokkie wat met ander lesers gedeel kan word, is welkom. Dit kan tegniese aspekte behels, verband hou met wild en die natuurlewe, ’n besonderse jagervaring, handige toerusting waarvan mense nog nie weet nie – enigiets wat jy graag met ander lesers wil deel wat nuuswaardig en buitengewoon is. Indien jy ’n foto instuur, moet die formaat verkieslik nie kleiner as 1MB wees nie en stuur dit as ’n aanhegsel (moenie die foto verklein of inbed in die e-pos nie). Stuur jou nuusbrokkie – ongeveer 200 woorde – naEunia.Barnard@Media24.com ■…

access_time4 min.
ongediertes in die overberg

Reuk, sê hulle, is die sintuig wat die nouste gekoppel is aan geheue. Inderdaad. Ek onthou dit soos gister; die stowwerige reuk van goiing terwyl ek roerloos in die skemer op die stywe koringsakke lê. Selfs ook die reuk van die oliekol op die sement waar die ou Massey Harris saans op sy slaapplek kom staan en drup het. En dan sien ek ook sommer weer die stofdeeltjies wat luiweg dryf in die paar sonligstraaltjies wat grond toe reik van die gate in die daksinke af. Destyds was massahantering nog iets van die toekoms en die streepsak was universeel in gebruik as oesmaat. Elders sou dit mielies wees, maar in die ruêns van die Overberg was dit koring wat in die sakke was. Saadkoring voor Paasnaweek se saaireën, of…

access_time11 min.
die ram in die riete

Ek het groot geword in die oper dele van die ou Suidwes-Afrika en ook lank in die Noord-Kaap gebly waar die vaalbos op plekke wel dig groei, maar waar daar veel meer ooptes as ruie bos is. Toe ek in 1997 Natal toe trek, het ek ’n kultuurskok beleef omdat dele van dié provinsie uit digte kusbos bestaan en jy soms baie moeilik daar jag... as jy nie gewoond is aan daardie tipe terrein nie.Natal bestaan egter nie net uit digte “woude” nie. Groot dele van die provinsie het net sulke mooi ooptes waar ek as jagter myself meer tuis voel. Sedert 2013 bly ek in Pretoria en het die afgelope vyf jaar maar weinig in Natal gejag, daarom was dit vir my lekker om weer in Junie 2018…

help