DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Chasse et Pêche
SA Hunter/JagterSA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter March 2019

The leading magazine for the South African hunting and conservation fraternity. Suid-Afrika se top-tydskrif vir die jagter en bewaarder.

Pays:
South Africa
Langue:
English
Éditeur:
Media 24 Ltd
Lire pluskeyboard_arrow_down
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
2,23 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
20,03 €(TVA Incluse)
12 Numéros

DANS CE NUMÉRO

access_time3 min.
wat prut in 2019 se pot?

Ons het skaars van die seesand tussen ons tone ontslae geraak of sosiale media begin gons oor jag en verwante sake. Dit gaan sleg met die ekonomie, maar dit wil voorkom asof sommige jagters dit kon regkry om ’n ietsie af te knyp vir die 2019-jagseisoen. Oral word navrae gedoen oor jagplek en wildboere adverteer fluks. Op ons tydskrif se Facebook-blad selfs met groter ywer as verlede jaar toe daar ’n groot toename was. Soos elke jaar is daar jagters wat gal braak oor hoë pryse. Wildboere het mal geword, kla hulle. Wildboere mor ook. Hulle kan dit nie verstaan nie (ek ook nie) dat elke liewe besigheid of persoon wat enige ander tipe diens as jag lewer, die maksimum wins mag probeer verhaal, maar wanneer die wildboer dit doen, wil ’n…

access_time4 min.
bospos sê jou sê

WENBRIEF MOEDIGE KLEIN SKUT Op Saterdag 27 Oktober 2018 het ek die voorreg gehad om my kleinseun, Freddie Bester (12 jaar oud) saam te neem na SA Jagters se Mpungini-tak (naby Dundee, KwaZulu-Natal) se skietbaan toe. Dit sou sy eerste keer op ’n regte skietbaan wees (waar hy saam met grootmense skiet). Freddie is met hemiplegie gebore en het in sy 12 lewensjare al meer operasies gehad as wat ek in 69 jaar gehad het (en toevallig het ek die vorige dag 69 geword). Hy het juis ’n maand gelede ’n operasie ondergaan en moes op 1 November weer gaan vir ’n opvolgoperasie. Hy kan omtrent glad nie sy linkerhand gebruik nie en moet daardie hand met sy regterhand oopmaak. Sy linkerbeen is ook korter as sy regterbeen. Maar hy gee nie maklik moed…

access_time3 min.
snelvuur

CHECK OUT OUR VIDEOS In an effort to take our readers along on hunting trips, field and shooting range tests of products, SA JAGTER/HUNTER has begun making videos which we will share on our YouTube channel. In the February edition we have supplied links to two videos of product tests – on the Blaser F16 shotgun and the CZ P-07 pistol, fitted with an A-Tec PMM-6 silencer. For easier access to these videos, scan the QR codes supplied here with your cellphone. If your phone does not come with a QR code app, just download it by clicking on the app icon on your phone; this will take you to the app store where you can download one. Then scan the QR code and follow the instructions. We have also supplied…

access_time2 min.
lesersbydraes

HOTKLOUGEWEER Piet Becker het die volgende rariteit in Januarie 2019 se uitgawe van SAJAGTER/HUNTER opgemerk en van hom laat hoor: “Die geweer wat Johan Verwey in die foto op bl. 54 vashou (in die artikel, ’n Special op ’n special) het volgens my oog ’n regshandige aksie maar ’n linkshandige kolf. Ek sal baie graag wil vasstel hoe hierdie geweer gebeur het.” JOHAN VERWEY SE ANTWOORD: In die SA JAGTER/HUNTER van Oktober 2017 verskyn die artikel, Die verkeerde skouer, waarin ek van hierdie linkshandigheid van my vertel en uiting gee aan die opgekropte frustrasies omdat ek klein gebou en boonop nog links ook is. (Maar in die jagveld is dit amper ’n voordeel om klein te wees, want jy is baie nader aan die spore!!) Jy vra hoe hierdie geweer dan “gebeur” het... Dis ’n…

access_time1 min.
gelukkige wenners!

1 DENNIS KAPPETIJN-MES JC Erasmus van Onverwacht wen ’n Dennis Kappetijn-mes ter waarde van R1 500. Vir meer inligting oor Kappetijn-messe besoek www.kappetijnknives.com of kontak hulle by 012-660-1270 of 082-923-5639/082-968-4242. 2 DOVETAIL-AMMUNISIEKISSIES Q Blignaut van Wierdapark en TA Fowler van Graaff-Reinet wen elk ’n ammunisiekissie in die kaliber van hul keuse. Dié kissies word geborg deur Rudi en Lizelle Louw. Kontak Lizelle by 083-257-4041. Elke kissie is ongeveer R525 werd. 3 OBAROGESKENK GP Mulder van Randburg wen ’n baadjie van Stevenson Hamilton ter waarde van R900. Die Stevenson Hamilton-produkte is landswydby takke van Obarobebeskikbaar. * Die wenners sal gekontak word en van hul pryse in kennis gestel word.…

access_time4 min.
ekoonvriendelik

Miskien is dit omdat dit Maandag is. Miskien is dit die bloedigheid wat oor ’n mens kom wanneer die Boland so ongenadiglik warm raak in Februarie. Miskien is dit sommer ’n algemene moerigheid van gees wat posvat as ’n mens leef in ’n wêreld waar die absurde maklik die standaard raak. Of dalk is ek maar net vir myself kwaad omdat ek dit gewaag het om die koerant te lees. Hoe ook al, feit is ek is vanoggend hoogs ekoonvriendelik. Hier staan dit: R69.99 vir ’n ‘eko-vriendelike’ blompot. Van plastiek! Die eko-vriendelikheid van dié stukkie ongewenste rommel dan nou kwansuis te danke daaraan dat dit deels uit herwinde plastiek gemaak is? Eko-vriendelik sou wees om in die eerste plek nooit die ding te gemaak het nie. Gebruik eerder ’n blik of een…

help