DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Chasse et Pêche
SA Hunter/JagterSA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter April 2019

The leading magazine for the South African hunting and conservation fraternity. Suid-Afrika se top-tydskrif vir die jagter en bewaarder.

Pays:
South Africa
Langue:
English
Éditeur:
Media 24 Ltd
Lire pluskeyboard_arrow_down
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
2,15 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
19,40 €(TVA Incluse)
12 Numéros

DANS CE NUMÉRO

access_time3 min.
die luggie raak koel

In sekere dele van die land braai die son ons nog daagliks, maar plek-plek begin ’n skamerige koel luggie saans en soggens vertel dat dit herfs raak en dat die winter op pad is. Diegene wat nog nie ’n jagplek vasgemaak het nie sal moet spring. Dit wil voorkom asof daar in sommige streke minder gejag gaan word as gevolg van die droogte, so jagplek is beperk. Behalwe dat jy jou bespreking moet bevestig, moet jy ook seker maak dat jy al die inligting rondom die jag reg verstaan. Party jagondernemers adverteer hul pryse sonder BTW, ander vra ekstra geld vir bokke afslag, hout en jagbakkies, ensovoorts. Maak doodseker van al die inligting sodat jy nie onkant gevang word met die betaalslag nie. Indien moontlik, kry alles op skrif en vergewis…

access_time4 min.
bospos sê jou sê

WENBRIEF AS JY IETS SÓ GRAAG WIL HÊ Ongelukkig werk die lewe mos so dat jy selde ontvang wat jy bitter graag wil hê... My man, Frederick, het ’n ongelooflike liefde vir boerdery en die natuur, maar veral vir jag. En ons is geseën met twee pragtige, fyn dogtertjies, maar nie ’n seun wat saam met Pa kan jag, boer en herlaai nie. Gelukkig, het hy met ’n vrou getrou wat graag sy passies deel. So gebeur dit dat ek op ’n keer in Ellisras ’n pragtige Rowland Ward-rooibokram skiet met horings wat 25.5” meet. Daarvan het ons ’n skouermontering laat maak waarmee Frederick baie meer spog as ekself. Op uitnodiging gaan jag ons ’n paar jaar gelede in die Alldays-distrik by ’n kliënt van Frederick. Omdat Frederick toe reeds sewe jagte vir daardie jaar…

access_time1 min.
lesersbydraes en artikels

In Afrikaans or in English. We are especially looking for material in English. Enige rare, interessante nuusbrokkie wat met ander lesers gedeel kan word, is welkom. Dit kan tegniese aspekte behels, verband hou met wild en die natuurlewe, ’n besonderse jagervaring, handige toerusting waarvan mense nog nie weet nie – enigiets wat jy graag met ander lesers wil deel wat nuuswaardig of dalk buitengewoon is. Enige nuus aangaande takbedrywighede is ook welkom. Indien jy ’n foto instuur, moet die formaat verkieslik nie kleiner as 1MB wees nie en stuur dit as ’n aanhegsel (moenie die foto verklein of inbed in die e-pos nie). Stuur jou nuusbrokkie – ongeveer 200 woorde – na Eunia.Barnard@Media24.com SA JAGTER/HUNTER is ook op soek na artikels. Daar is baie mense in ons land wat uitstekende storievertellers is en…

access_time2 min.
snelvuur

NUWE PLAASLIKE AMMUNISIEVERVAARDIGER Suid-Afrikaanse ammunisievervaardigers is maar dun gesaai. Behalwe vir PMP was daar oor die afgelope dekades slegs enkeles waarvan sommige nie die mas opgekom het nie. Nou is daar egter weer ’n plaaslike maatskappy wat hopelik binnekort fabrieksammunisie sal produseer. Johan Jansen en Inx Jordaan is twee manne wat al baie jare lede van SA Jagters is en hulle het sowat vyf jaar gelede besluit om ammunisie te vervaardig. Dit was op Inx se vraag een aand om ’n kampvuur dat Johan geantwoord het, hy gaan na sy aftrede ammunisie vervaardig. Johan se behoefte om ammunisie te vervaardig spruit uit die feit dat hy (en ander jagters) soms gesukkel het om fabrieksammunisie vir hul gewere te kry. Dié twee het toe Badger Ammunisie geregistreer en die lang pad begin om…

access_time1 min.
genl de la rey-tak se groeperingkompetisie

Op Saterdag 19 Januarie 2019 het die Genl. de la Rey-tak van Lichtenburg hul jaarlikse Groeperingkompetisie aangebied. Ten spyte van vele uitdagings, soos rukwinde wat die skuts geteister het, is steeds goeie groeperings geskiet. Die borge, Uitkyk Vleismark en Blue Bottle Bottelstoor skenk elke jaar baie goeie pryse aan die wenners en naaswenners. Ons wens Lizann Fourie geluk met die algehele eerste plek wat sy losgeskiet het. Lizann het met haar .300 WSM ’n groepering van 8.87mm geskiet. Met hierdie groepering het sy stof in die oë van die ander skuts geskop. Lizann is nog ’n jong skut in ons klub/tak en ons hoop dat sy groot hoogtes gaan bereik. Tussendeur is daar ook ’n Kransduif Haelgeweerkompetisie op dieselfde dag gehou. Die wenner van hierdie kompetisie was Jaco Alberts, gevolg deur Jors…

access_time1 min.
gelukkige wenners!

1 DENNIS KAPPETIJN-MES JP Jordaan van Onverwacht wen ’n Dennis Kappetijn-mes ter waarde van R1 500. Vir meer inligting oor Kappetijn-messe besoek www.kappetijnknives.com of kontak hulle by 012-660-1270 of 082-923-5639/082-968-4242. 2 DOVETAIL-AMMUNISIEKISSIES 2 HC Wagenaar van Uitenhage en JA Meyer van Humansdorp wen elk ’n Dovetail-ammunisiekissie in die kaliber van hul keuse. Dié kissies word geborg deur Rudi en Lizelle Louw. Kontak Lizelle by 083-257-4041. Elke kissie is ongeveer R525 werd. 3 OBARO - GESKENK FM Greyling van Brits wen twee Stevenson Hamilton-geweerbelde ter waarde van ±R500. Die Stevenson Hamiltonprodukte is landswyd by takke van Obaro beskikbaar. * Die wenners sal gekontak word en van hul pryse in kennis gestel word.…

help