menu
close
search
DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUEMAGAZINES
CATÉGORIES
  • Art et Architecture
  • Aviation et Bateau
  • Business et Finance
  • Auto et Moto
  • Presse people
  • Comics & Manga
  • Artisanat
  • Culture et Littérature
  • Famille et Éducation
  • Mode
  • Cuisine et Vin
  • Forme et Santé
  • Maison et Jardin
  • Chasse et Pêche
  • Jeunesse
  • Luxe
  • Presse Masculine
  • Film, Télé et Musique
  • Actualité et politiques
  • Photographie
  • Science
  • Sports
  • Tech et Jeux Vidéo
  • Voyages et Plein air
  • Presse Feminine
  • Adulte
SÉLECTION DU JOUR
DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Voyages et Plein air
WegSleep OordgidsWegSleep Oordgids

WegSleep Oordgids 2017

Met WegSleep kan jy 2016 op ’n hoë noot afskop. Op 9 Januarie is ons nuwe oordgids op die rak. Ons het die WegSleep-oordgids 2016 saamgestel om jou te help om jou volgende kampe te beplan. Dit is ’n gids met inligting oor 197 kampplekke en oorde in al die provinsies en in die Wildtuin. Die gids gee vir jou inligting oor die kampplek se staanplekke en geriewe, hoe om daar te kom en die prys en kontakbesonderhede. Met dié gids kan jy jou kampnaweke en vakansie(s) vir die nuwe jaar en sommer vir 2017 begin beplan. Geniet dit en lekker kamp.

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Lire pluskeyboard_arrow_down

DANS CE NUMÉRO

access_time2 min.
kamp met geur en kleur...

Die Hollanders het ’n mooi en waar sêding: “Afwisseling is de specerij des levens.” Dié gesegde som kamp ook goed op. Ons kamp moes hoeka om weg te breek van die alledaagse en nuwe plekke en dinge te beleef. Kamp is die speserye en kruie van die lewe – en kos vir die siel. Dit gee die lewe geur en maak dit opwindend en lekker. Sonder kamp sou die lewe soos ’n spesery- en kruilose kampvuurpotjie gewees het: vaal en smaakloos. Met al die honderde kampplekke in Suid-Afrika en ons buurlande is dit egter nie altyd maklik om te besluit waar jy jou tentpenne die volgende keer gaan inslaan nie. Daarom het ons vir hierdie vyfde Weg-Sleep Oordgids by kampfamilie aangeklop om te hoor by watter plekke en oorde hulle die…

access_time1 min.
addo-olifantnasionale park

Die tentstaanplekke is klein en beknop, en as jy eers jou koepeltent en gazebo opslaan, is daar nie meer plek vir jou kar nie – dié moet jy 100 m verder by die kantoor gaan los. Die woonwastaanplekke is egter lekker groot en die meeste van hulle het ’n natuurlike heining van spekbome. Jy het heelwat koelte, van die staanplekke het gruisklippies en jou kraan is naby. Hier en daar is ’n gewone driepuntkragsok, met die res van die kragpunte blou woonwasokke naby jou staanplek. Tussen die tent- en woonwastaanplekke is ’n kombuis – ’n rondawel met groot vensters. Die badkamers is tussen die kampplek en kantoor, maar vir só ’n gewilde bestemming is dié geriewe nie heeltemal op peil nie. Aan die manskant is daar vier beknopte storthokkies met opslaanbankies…

access_time1 min.
albert fallsdam-natuurreservaat

Jy kan jou woonwa teenaan die Albert Fallsdam trek, wat heerlik is vir kinders wat met die tjoep in die warm water wil speel én vir Pa en Ma wat met ’n kano die dam wil invaar. Bring jou visstok; die visse spring vroegdag uit die water. Albert Falls is ’n gunstelingnaweekkampeerplek vir inwoners van KwaZulu-Natal. Elke derde persoon met wie ons gepraat het, kom van “Toti” af, ’n verkorting van Amanzimtoti in die Suidkus. Elke nou en dan woerts ’n kind met sy fiets verby terwyl die res van sy maats bal skop. Dis ’n puik plek om saam met jou gesin weg te kom. Wild is volop in die natuurreservaat met sebras, koedoes en kameelperde. Die diere wei selfs binne die kampterrein. Die staanplekke is groot genoeg vir jou woonwa en…

access_time1 min.
aldam-landgoed

Die Aldam-landgoed, net minder as 70 km suidoos van Welkom, is ’n instelling in dié geweste, en dis maklik om te verstaan hoekom. Aldam het alles wat jy van ’n vakansieoord kan verwag. Daar is ’n groot woonwapark met meer as 100 staanplekke (met krag, water en braaiers), groot en goed ingerigte ablusieblokke, en meer as genoeg om die kinders én grootmense te vermaak. Die oord se staanplekke is in ’n vierkant uitgelê soos blokkies op ’n skaakbord. Jou woonwa, dubbelkajuitbakkie en viermantent sal lag-lag op ’n staanplek inpas. Daar is koeltebome, maar hulle is bladwisselend – bring dus in die winter en herfs jou skadutent en gazebo saam. Ongeveer 200 m van die kampplek af is ’n waterwurm, swembad en minigholfbaan waar die kinders kan speel. Die restaurant het laasjaar afgebrand,…

access_time1 min.
almega-woonwapark

Direk oorkant die pad van die Dinokeng-reservaat ontwikkel André Geyser sy Almega-woonwapark op 200 ha omheinde grond wat deels aan die reservaat grens. Elk van die ablusieblokke is ’n vierkantige huisie met vier badkamers. Jy kamp langs jou eie badkamer, op ’n lieflike grasperk. Elke badkamer het ’n ruim stort, toilet en wasbak asook ’n blad waar Ma haar mooimaakgoed langs twee 220 V-huisproppe kan neersit. Buite jou badkamer is ’n dubbelwasbak vir jou skottelgoed asook ’n blou woonwasok. Buiten jou eie badkamer het jy ook jou eie braaiplek, en die kampplek het heelwat koeltebome. Vir die kinders is hier onder meer ’n klimraam, swaaie en ’n sandput. Die kampplek is op ’n omheinde stuk grond van 2 ha, en hier is ’n unieke swembad – in die vorm van ’n kitaar.…

access_time1 min.
atkv-buffelspoort

Dié kampplek met die Magaliesberg in sy agterplaas is oor naweke stampvol. Tog, wanneer die son skyn, sien jy nie ’n siel tussen die woonwaens en tente nie. Van die kampplek af is dit net eenrigtingverkeer vir voetgangers... reguit water toe. Die kampplek self het vier kampe – A, B, C, en D. Die Sterkstroomspruit verdeel die kampterrein in twee, en soos jy van die ontvangskant af inry, lê kamp A en B regs en links voor die spruit, en C en D aan die oorkant hiervan. Die D-kamp se 30 staanplekke is elkeen onder ’n skadunet en word aan kampeerders toegeken. Al die staanplekke in die oord is geplavei (nie almal waterpas nie), met ’n kraan by die kragpunt (die driepuntsoort in die C-kamp en die blou woonwasok by die…

help