MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 GESOUTE AANKLAER VIR DICKASON-VERHOOR Die Nieu-Seelander Andrew McCrae, wat die saak teen Lauren Dickason lei ná die dood van haar drie dogters in 2021 in Timaru, is ervare in strafsake Dit bly hartverskeurend. Dis maklik om klippe te gooi. ’n Mens neem soms verkeerde besluite. Ongelukkig het dit soms ernstige gevolge. Hartseer gevolge waarmee dié twee ouers nou elke dag sal moet saamleef. NICOLENE Laat ons wat begrip het vir mense met major depressie, en haar omstandighede, vir haar bid. Geen mens sal my oortuig dat sy in ’n normale (toerekeningsvatbare) geestestoestand was toe sy dit gedoen het nie. ENA Mense floreer op haar swaarkry. Wie ken haar hart, wie weet wat sy ervaar het of wat die omstandighede was? Ek en jy het geen reg om te oordeel nie. God alleen kan oordeel en…