ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Nieuws & Politiek
Rapport

Rapport 9/13/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Back issues only
EDITIE KOPEN
€ 1,27(Incl. btw)

in deze editie

4 min.
swart da-leiers ontken komplot

Daar bestaan geen “komplot” om van swart leiers in die DA ontslae te raak nie, sê swart DA-leiers. Die bedanking van die Gautengse DA-leier, John Moodey, die party se nuwe beleid van nierassigheid en ondersoeke deur die party se federale regskommissie na vier swart provinsiale DA-leiers is die afgelope tien dae in mediaberigte as bewyse van só ’n komplot voorgehou. Swart DA-leiers, selfs dié wat ondersoek word, verwerp dit egter en sê hulle is en bly in die DA omdat hulle met die party se waardes saamstem. Andrew Louw, DA-leier in die Noord-Kaap, het Vrydag aan Rapport gesê swart leiers wat die DA verlaat, doen dit uit vrye keuse. Hy is een van dié wat deur die federale regskommissie ondersoek word. ‘Ons is nie per toeval in die DA.’ “As wit lede loop, sê niemand…

3 min.
clicks, wat eet uit eff se hand, moet hulle skaam

Die besluit van Clicks se base om die EFF Donderdag by dié party se hoofkantoor en op dié party se voorwaardes te ontmoet, en dan boonop aan ’n lang lys EFF-eise toe te gee, is ’n oorwinning vir die voorstanders van geweldpleging en anargie in die land. Terwyl ’n mens Clicks se besluit begryp om ’n apologie te bied aan die derduisende klante en ander lede van die publiek wat gebelg was deur die gewraakte advertensie vir sjampoe, was die uitreiking van ’n gesamentlike verklaring Donderdag deur Clicks se bestuur op ’n EFF-briefhoof ’n gevaarlike kapitulasie. Dit was in wese die toegewing van ’n magtelose slagoffer wat haar vanger, al dreigende dat sy nog ’n paar houe teen die kop sal kry, gee net wat hy vra. Om aan diegene wat…

4 min.
vrou gedreig ná sy wapen op eff rig

Die vrou wat Dinsdag in Port Elizabeth haar vuurwapen op ’n groep EFF-lede gerig het wat haar uitgejou het tydens ’n protesoptrede voor Clicks, word sedertdien met die dood gedreig. Diane Attwell (52) se regsverteenwoordiger, Tiaan Labuschagne, het Vrydag aan Rapport gesê die dreigemente is van só ’n aard dat sy ’n interdikaansoek teen die party oorweeg. Attwell was Dinsdag in die Clicks by die Walmer Park-winkelsentrum toe sy die EFF-betogers teëkom. Die EFF het van Maandag tot Donderdag buite Clicks-winkels landwyd betoog nadat ’n sjampoe-advertensie van TRESemmé, ’n produkreeks van Unilever, alom as rassisties beskryf is. Die party het geëis dat alle Clickswinkels sluit totdat “geregtigheid geskied”. In die Clicks in Walmer Park het EFF-lede aan Attwell begin stamp en haar omsingel om haar uit die winkel te kry. Buite die winkel het…

2 min.
swart stilis sê advertensie is g’n rassisties

Terwyl die land in rep en roer is oor die “rassistiese” sjampoe-advertensie op Clicks se webwerf is daar een haarkapper, wat al in ’n nasionale kompetisie geseëvier het, wat glo daar is niks verkeerd daarmee nie. Tshediso Tshabalala van The Rock-haarsalon in Bethlehem het Dinsdag ’n klein opskudding veroorsaak toe hy op Facebook sê hy vind niks fout met die advertensie nie en dit is nie rassisties nie. In die advertensie word ’n swart model se hare as “droog en beskadig” en “gekroes en dof” beskryf en ’n wit model se hare as “normaal” en “fyn en plat”. Tshabalala sê op Facebook al dié haarsoorte is “problematies”. Hy is in 2016 in die Dark & Lovely Golden Scissors-kompetisie as die beste haarstilis in die land gekroon. Hy skryf verder: “As ’n haarstilis wil…

2 min.
kinderogies blink oor korona-boekie

’n Huisdokter van Oudtshoorn het nooit gedink die kinderboekie wat hy ’n paar maande gelede “sommer in 12 minute tussendeur pasiënte sien” vir sy kleindogter geskryf het, sou soveel aftrek kry nie. Dr. Wessel Vermeulen (68), wat al 40 jaar as huisarts in die Klein-Karoo praktiseer, sê sy agtjarige kleindogter Marley se gebedjie een aand voor slaaptyd het hom geïnspireer om die boekie te skryf. “Sy het gebid en gesê Liewe Jesus moet nou kom, want ons is besig om die game te verloor (teen die virus). En sy het gebid vir haar sussie Sadie (11) se verjaardagpartytjie, wat sy gemis het. “Toe sê sy: ‘Liewe Jesus, as daar ander kinders in die hemel is wat verjaar, moet jy maar daar vir hulle ’n partytjie hou.’ ” Hy het besluit om die boekie vir…

3 min.
pret oor die hare wat waai!

Hoe gemaak as jou sussie jou dare om jou wenkbroue af te pluk? “Ek het die wax strip so lekker warm gevryf en toe pluk ek dit. Toe kom my hele eyebrow af,” sê Janco Fourie (10). Hy en sy sussie, Marlé-Nette (9), begin weer giggel oor die nou bekende video waarin hul wenkbroue waai. “Ek het nie gedink die wax strips gaan die hare regtig aftrek nie. Ek het gedink dit gaan net brand,” sê die klein snip wat die plan uitgedink het omdat sy verveeld was. “Ek het gedink o gattas, al sy hare is nou weg en toe moet ons myne nog afpluk. Ek het so hart-seer vir myself gevoel,” vertel Marlé-Nette. Die twee se video wat wys hoe hulle wasstrokies op hul wenkbroue plak en dit dan afpluk, het die land…