ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Nieuws & Politiek
Rapport

Rapport 10/4/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Back issues only
EDITIE KOPEN
€ 1,23(Incl. btw)

in deze editie

1 min.
week van drama: hulle is vas

Asbes-skandaal Woensdag 10:02. Aangekeer: Sarah (Olly) Mlamleli, geskorste burgemeester van Mangaung. Woensdag 10:29. Aangekeer: Mahlomola Matlakala, verkrygingshoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings. Woensdag 11:36. Aangekeer: Edwin Sodi, direkteur van Blackhead Consulting. Woensdag 12:40. Aangekeer: Thabane Zulu, voormalige direkteur-generaal van die nasionale departement van menslike nedersettings. Woensdag 13:19. Aangekeer: Nthimotse Mokhesi, hoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings. Woensdag 13:27. Aangekeer: Abel Manyeki, direkteur, die Ori Group. Woensdag 13:49. Aangekeer: Sello Radebe, eienaar van die maatskappy Master-Trade 232. Bosasa Donderdag: Aangekeer: Vincent Smith, oud-ANC-LP. WB-tenderbedrog Vrydag 09:50: Aangekeer: Navin Madhoe, ’n polisiekolonel. Vrydag 13:14: Aangekeer: Thoshan Panday, ’n Durbanse sakeman. Moet by polisie aanmeld: Aswin Narainpershad, ’n polisiekaptein. Moet by polisie aanmeld: Mmamonnye Ngobeni, voormalige KZN-polisiekommissaris.…

5 min.
nou wil valke die voorbokke vang!

Suid-Afrikaners mag ongelukkig wees dat daar geen senior politikus onder die vermeende staatskapers is wat die afgelope week in hegtenis geneem is nie, maar dié inhegtenisnemings is die real deal en ’n fyn beplande strategie om uiteindelik die politieke baasbreine aan die pen te laat ry. Verskeie mense met intieme kennis van ondersoeke van dié aard sê daar sal in die volgende dae ondraaglike druk op die gearresteerdes wees om teen hul politieke meesters te draai om self swaar tronkstrawwe vry te spring. Wanneer verdagtes in sulke ingewikkelde sake in hegtenis geneem word, word daar nie by die topmense bo in die ketting begin nie, maar juis by mense onder hulle. Dit is omdat die mense onder hulle gebruik kan word om vir die staat teen die topstruktuur te getuig, het adv.…

2 min.
arrestasies welkom soos reën ná ’n lang droogte

Die Bolsjewistiese leier Wladimir Lenin het gesê daar is dekades waarin niks gebeur nie – en weke waarin dekades gebeur. Só het dit dié week gevoel toe ANC-politici, amptenare en voormalige amptenare skielik ná lang ondersoeke in hegtenis geneem of toegesluit is. In ’n land waar straffeloosheid ’n norm geword het, het die Valke se klopjagte, plus foto’s van geldskieters in boeie, soos goeie reëns ná ’n lang droogte gevoel. Oornag het dit onmoontlik geword om te sê “niks word aan korrupsie gedoen nie”. Dinsdagaand het die voormalige hoof van misdaadintelligensie in die polisie, lt.genl. Richard Mdluli, en sy oudkollega Mthembeni Mthunzi hul eerste nag in die tronk deurgebring nadat hulle op ’n ontvoeringsklag skuldig bevind en swaar gevonnis is. Woensdag is ses verdagtes in hegtenis geneem, en Donderdag ’n sewende, weens hul beweerde…

3 min.
wêreldwye platform vir plaasmoorde

Lidlande van die Verenigde Nasies (VN) in New York kan verwag om binnekort heelwat meer oor onteiening en plaasmoorde in Suid-Afrika te hoor. Dít volg nadat AfriForum raadgewende status gekry het in die VN se ekonomiese en maatskaplike raad (Ecosoc). Suid-Afrikaanse diplomate het dit nege jaar lank probeer keer. “Ons is nou geregistreer as ’n nieregeringsorganisasie met spesiale raadgewende status by Ecosoc. Dit gee ons geleenthede en voorregte om ons werk in die groter raadsale van die VN voort te sit,” sê Ernst Roets, AfriForum se adjunkhoof. AfriForum het reeds in 2011 aansoek gedoen om toelating by Ecosoc, een van die VN se ses hoofstrukture. Die aansoek het elke jaar voor ’n komitee gedien wat dit moes oorweeg, maar elke jaar het die komitee gesê: Kom weer volgende jaar terug. “Met die eerste aansoek…

2 min.
trump se simptome nog lig, sê withuis

Pres. Donald Trump (74) het sonder ’n masker met sy gewone afsprake voortgegaan nadat hy reeds geweet het iemand na aan hom het Covid-19. Trump was die laaste maande halsstarrig oor die dra van ’n masker en het gereeld die erns van die pandemie bevraagteken. Hy is Vrydagaand – ’n maand voordat die Amerikaanse presidentsverkiesing op 3 November gehou word – in die Walter Reed- militêre hospitaal opgeneem waar hy eksperimentele behandeling vir Covid-19 kry. Dr. Sean Conley, die Withuis se arts, het gister op ’n mediakonferensie gesê dit gaan goed met Trump en hy toon ligte simptome. Hy het glo nie suurstofbehandeling nodig nie en loop in die hospitaal rond. Conley het die media te woord gestaan saam met die nege ander spesialiste wat die president versorg. Trump kry onder meer remdesivir, ’n eksperimentele…

3 min.
‘waar’s al die kaartjies vir leeus-toetse heen, saru?’

Sommige goed is so skaars soos hoendertande. Maar min dinge is so skaars soos toetskaartjies – veral dié vir volgende jaar se drie toetse tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus. Duisende rugbyondersteuners in die land is die josie in omdat hulle geen toetskaartjies vir volgende jaar se Leeus-toer kon koop nie. Kaartjies vir die reeks van agt wedstryde – wat die drie toetse insluit – is in ’n loterystelsel verkoop. Dit beteken dat voornemende kaartjiekopers vooraf op die internet moes registreer met ’n aanduiding van hoeveel kaartjies hulle wil hê. Die uitslag van die lotery is op 25 September bekend gemaak en Rapport is die afgelope week oorval deur teleurgestelde aansoekers, wat sê dis onmoontlik dat soveel aansoekers onsuksesvol kon wees. ’n Steekproef onder 18 mense wat om plek by…