ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Nieuws & Politiek
Rapport

Rapport 10/11/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Back issues only
EDITIE KOPEN
€ 1,23(Incl. btw)

in deze editie

6 min.
‘horner se dood is polisie se skuld’

Boere in die Oos-Vrystaat sê die aaklige moord op Brendin Horner kon gekeer gewees het as ag geslaan is op ’n gedetailleerde verslag waarin die vermeende le-de van plaaslike veediefstalsindikate geïdentifiseer en maande gelede reeds aan ’n luitenant-kolonel in die Valke oorhandig is. Die verslag, met die name van senior polisiemanne wat glo kop in een mus met die sindikate is, foto’s van verdagte voertuie en hul registrasienommers en selfs die name van mense met binnekennis van die korrupsie en wat bereid sal wees om te praat, lê egter en stof vergader in Pretoria. Herkie Viljoen, veiligheidsvoorsitter van die Bethlehem-distrikslandbouvereniging wat ’n 24-uur-beheer-kamer vir die streek in dié dorp bedryf, sê reguit Horner is vermoor “omdat mense nie hul werk gedoen het nie”. Talle landbouleiers het die afgelope week gesê die traagheid van…

2 min.
grond: regering is self die probleem

Die regering sê een ding maar doen ’n ander. Dit beduiwel grondhervorming, eiendomsreg en landelike veiligheid. Die regering sê hy is ernstig oor grondhervorming: Op 1 Oktober het Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, daarom aangekondig staatsplase op 700 000 ha word aan swart boere beskikbaar gestel om vir 30 jaar te huur. Maandag voeg pres. Cyril Ramaphosa in sy nuusbrief by: “In die lig van ons geskiedenis is die verbreding van toegang tot landbougrond vir kommersiële produksie en bestaanslandbou ’n nasionale prioriteit.” Dan merk hy op dat die Wet op Naturellegrond van 1913 steeds “patrone van plaasgrondbesit” beïnvloed. “Die voortgesette monopolisering van ’n sleutel-produksiemiddel soos grond is nie net ’n struikelblok wat ’n meer gelyke samelewing keer nie, dit is ook ’n resep vir maatskaplike onrus.” Maar dieselfde regering dring…

4 min.
nóg ’n bewys nvg is ‘gekaap’

’NSaak van onder meer marteling teen ’n voormalige generaal-majoor in die Valke is wéér deur die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng uitgestel in wat kritici sê nog ’n bewys is dat dele van die vervolgingsgesag steeds “gekaap” is. Die saak teen Jan Mabula, voormalige generaal-majoor in die Valke in Noordwes, en sewe speurders wat onder hom gewerk het, sloer reeds 14 jaar en sou Dinsdag weer in die Johannesburgse streekhof voorkom. Die aanklagte teen hulle sluit in menseroof en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Uit die bloute is die dagvaardings vir hul hofverskyning op 1 Oktober deur die Gautengse vervolgingshoof, adv. Andrew Chauke, teruggetrek. Die staat beweer Mabula en sy medebeskuldigdes het tussen 29 Mei en 1 Junie 2006 drie mans in Johannesburg ontvoer en gemartel. Die drie is daarvan verdink…

1 min.
politieke vlieg in pence se salf

’n Vlieg op die kop van Mike Pence, Amerikaanse visepresident, tydens sy debat met sy Demokratiese teenstander, sen. Kamala Harris, in Salt Lake City in Utah die afgelope week. Pres. Donald Trump, wat drie dae lank vir Covid-19 in die hospitaal behandel is, sal na verwagting môre ’n verkiesingsaamtrek in Florida toespreek en Dinsdag een in Pennsilvanië. Die kommissie oor presidensiële debatte het Vrydag bekend gemaak die een wat Donderdag tussen Trump en die Demokrate se Joe Biden sou plaasvind, is afgelas omdat albei reeds ander planne vir daardie datum het.…

3 min.
herstelplan vir sa ‘deur intern geskryf’

Die ANC se plan vir ekonomiese heropbou en herstel is “verskriklik, argaïes en ontstellend”, meen ontleders. Dit lyk volgens hulle of die regering nie ’n samehangende ekonomiese program het wat tot ekonomiese herstel sal lei nie, maar eerder “ ’n lys van items sonder enige strategiese denke”. Die plan is Woensdag aan die kabinet voorgelê en Rapport se susterkoerant City Press het dit onder oë gehad. Luidens die voorlegging het die plan twee oogmerke – onmiddellike optrede om ekonomiese herstel te midde van die Covid-19-pandemie te bewerkstellig; en om die ekonomie te laat groei om volhoubaarheid, veerkragtigheid en inklusiwiteit te verseker. Voorsiening word gemaak vir ekonomiese ingrypings wat die land se algehele ekonomiese prestasie sal verbeter deur inklusiewe groei te genereer. Alex Mashilo, SAKP-woordvoerder wat die vergadering bygewoon het, sê: “Ek sal nie oor…

2 min.
leeus: saru hou by kaartjiestorie

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sing dieselfde deuntjie, ondanks duisende rugbyondersteuners se klagtes oor die beskikbaarheid van toetskaartjies vir volgende jaar se drie toetse tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus. Saru hou voet by stuk: “Te veel aansoeke en te min kaartjies.” Kaartjies vir die reeks van agt wedstryde – wat die drie toetse insluit – is in ’n loterystelsel verkoop. Dit beteken dat voornemende kaartjiekopers vooraf oor die internet moes registreer met ’n aanduiding van hoeveel kaartjies hulle wil hê. Die uitslag van die lotery is op 25 September bekend gemaak en Rapport is sedertdien oorval deur teleurgestelde aansoekers, wat sê dis onmoontlik dat soveel aansoekers onsuksesvol kon wees. Saru sê 80% van “beskikbare kaartjies” is vir Suid-Afrikaanse ondersteuners gereserveer. Die stadions waar die toetse gespeel word se plek wissel…