EXPLORARBIBLIOTECAREVISTAS
CATEGORIAS
EM DESTAQUE
EXPLORARBIBLIOTECA
 / Para Mulheres
Tuis BadkamersTuis Badkamers

Tuis Badkamers

Tuis Badkamers

Tuis Badkamers is ’n eenstopgids vir enigeen wat droom van ’n badkamer-opknap – of jy nou wil bou en breek, of net lus is vir mooimaak. In ware Tuis-styl is dié uitgawe propvol praktiese wenke en kennersraad, van opsies vir teëls en stortkoppe tot elegante pootjiesbaddens en die mooiste bykomstighede.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
Media 24 Ltd
Ler Mais

NESTA EDIÇÃO

3 minutos
maak dit jou eie

Dis nou wel net ’n toilet, maar vir my is dit die mooiste een op aarde!– Mpho Dis die grootte wat tel Die interieur-en meubelontwerper Mpho Vackier van Centurion het ’n slag met opwindende dekorelemente en ryk tekstuur – en haar eie gastetoilet is die perfekte weerspieëling van haar kreatiwiteit. Hier skep ’n treffende oorgroot Tretchikoff-afdruk ’n imposante fokuspunt wat perfek werk in dié klein ruimte. Plakpapier van Robin Sprong Swart op wit Jeanne Botes het swart-en-wit geometriese plakpapier op al vier mure van die gastebadkamer in haar huis in Kaapstad gebruik. Vir kontras met die dramatiese motief het sy die houtvloer behandel met Woodoc Stain in die kleur Ebony. “Dit was eers so ’n dooie ruimte,” sê Jeanne. “Dis nie ’n vertrek waar ek baie tyd deurbring nie; daarom het ek gemik vir maksimum…

7 minutos
koel kontemporêr

#1 So vars! ’n Losstaande bad reg langs die glasskerm van ’n dubbelstort is die toppunt van sjiek in dié weelderige vertrek. Die bad het miskien nie pootjies nie, maar hy sit steeds sy beste voetjie voor! Hoewel die badkamer jare gelede al opgeknap is, verseker die vars wit afwerkings saam met aardse teksture soos glyvaste keramiekteëls en houtkanttafeltjies dat dit nog lank modieus sal lyk. Verhitte handdoekrelings en aparte stortkoppe rond die prentjie af. [WENK] Glyvaste teëls werk goed in nat ruimtes. Teëls vir buitegebruik is dus ’n goeie opsie as jy ’n badkamer-opknap beplan. KENNERSRAAD Verhitte handdoekrelings verleen ’n tikkie weelde aan ’n badkamer. Dis nie net ’n kwessie van gemak nie; handdoeke word ook gouer droog, wat dit meer higiënies maak, sê Mark Bennett van Jeeves. “Die elektrisiteitsverbruik is ook geen rede tot…

1 minutos
winkels toe!

VERSKAFFERS Bella Bathrooms 011 010 6249, bellabathrooms.co.za CTM 0800 010 810, ctm.co.za Decobella 021 205 6250, decobella.co.za Italtile 0861 555 109, italtile.co.za Robin Sprong 021 447 9842, robinsprong.com…

8 minutos
romantiese ruimtes

#1 Swierig verby Oluf en Michelle Erichsen was nog altyd mal oor Europese argitektuur, asook sonkamers en kweekhuise. Met die ontwerp van hul huis op die Glen Cullen-landgoed in Middelburg, Mpumalanga, het hulle die uitleg en voorkoms van ’n skuur in gedagte gehad, kompleet met ’n sinkdak en ongepleisterde baksteenmure. Die Erichsens, wat graag kontrasterende elemente in hul ontwerpe gebruik, het besluit op ’n apploustrekker van ’n badkamer in die konservatoriumstyl. The Crystal Conservatory het die panele vir dié imposante struktuur vir hulle ingevoer. Die panele is met warmdompelgalvanisering behandel om die kleur presies reg te kry, en hulle moes die struktuur self aanmekaarsit. “Dis was nogal ’n uitdaging, want die aanwysings was in Frans!” sê Oluf. KENNERSRAAD Kandelabers is steeds baie gewild in badkamers, maar huiseienaars moet seker maak hulle koop die regte soort…

1 minutos
winkels toe!

VERSKAFFERS Bathroom Bizarre 086 155 5000, bathroom.co.za Builders 0860 284 533, builders.co.za CTM 0800 010 810, ctm.co.za Italtile 0861 555 109, italtile.co.za Leroy Merlin 010 493 8000, leroymerlin.co.za…

8 minutos
kleurvolle bekoring

#1 Perfek in pers Dekor wat ’n storie vertel, handgemaakte skeppings en interessante versamelings vier hoogty in Anisa du Plessis se huis in Johannesburg; ook in haar weelderige en suite. “Ek glo nie alles hoef simmetries te wees nie, en het verskillende spieëls bo die twee wasbakke gekies. Dis net soveel interessanter.” Anisa het ’n ou buffetkas gekry, nuwe knoppe aangesit en haar vriend Riaan Smit het dit vir haar geverf. “Die eerste wasbakke wat ek gekoop het, was te hoog vir die kas, toe moes ons dit gaan omruil – dié twee is perfek,” sê sy. Die pers mure weerspieël Anisa se liefde vir kleur en bring balans met die liggrys mure in die res van die vertrek. KENNERSRAAD Ian Moore van Mend A Bath International gee raad as jy ’n ou bad…