EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot

9-Apr-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$1.88(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$73.10(Incl. tax)
51 Issues

in this issue

8 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 HOU WAPENS WEG VAN KINDERS Die voorval waarin ’n huiswerker beseer is nadat haar werkgewer se sesjarige seun op ’n pistool afgekom het, het opnuut gewys wapens moet weggesluit word Hoekom was die pistool nie veilig in ’n kluis toegesluit soos die wet voorskryf nie? Ons as ouers moet darem regtig meer verantwoordelik wees.CATHERINE Sulke dinge gebeur so maklik. Veral noudat ons almal ingehok sit oor die virus. Kinders gaan krap waar hulle nie moet nie. Dank die Here niemand is dood nie.ANNA Dit was moontlik ’n misverstand. Ek kan nie glo dis doelbewus laat rondlê nie. Ek sou graag wou weet hoe dit met die huiswerker gaan. Ek dink aan haar.ERNESTINE As ouer was dit haar verantwoordelikheid om dit weg te sluit. En om te gaan leer oor alle aspekte van die veilige…

12 min.
die gesig van die wrede virus

EERS het ons net ’n naam gehad vir die monster wat onsigbaar hier tussen ons kom rondbeweeg het: COVID-19, die dodelike siekte veroorsaak deur die aansteeklike coronavirus. Of sommer net “die virus”. Gesigmaskers het die herkenbaarste simbool van ons oorlewingstryd teen die onsigbare vyand geword. Pres. Cyril Ramaphosa het in ’n weermaguniform op televisie verskyn om te wys Suid-Afrika is in ’n oorlog gewikkel. En steeds, terwyl die infeksiekoers styg en die land ter wille van almal se veiligheid tuis ingeperk word, het die virus onsigbaar én gesigloos gebly. Maar nie meer nie. Ons ken die sluipmoordenaar COVID-19 nou aan die gesigte van sy onskuldige slagoffers – mense wat onwetend die virus opgedoen en dit niksvermoedend versprei het voor dit by hulle gediagnoseer is. Sommige het genees; ander is steeds siek. Maar nie almal het of sál…

7 min.
oorwin corona-stres

EK IS in huisarres – en dít oor iets wat ek nie eensgedoen het nie. Dit is hoe dit vir my en seker duisende ander Suid-Afrikaners voel sedert ons op 27 Maart om middernag vir 21 dae tuis ingeperk is om die verspreiding van die nuwe coronavirus en die siekte wat hyveroorsaak, COVID-19, te probeer bekamp. Ek leef reeds onder gewone omstandighede met major depressie en angssteuring saam. Gaan my psige die harde nuwe werklikheid oorleef? En dié van die derduisende ander mense wat nouangstig en depressief voel omdat ons noodgedwonge ingehok word en ons gewone lewe omvergewerp is? Ek kyk vanuit my woonstel uit op die see by Seepunt in Kaapstad. Dit voel of ek aan die rotse kan vat, maarvolgens die regering se inperkingsmaatreëls mag ons nie daar gaan stap…

9 min.
weg, ons kinders se geld

DIT was ’n plek van hoop waar desperate ouers die aangrypende verhale van hul kinders se uitdagende mediese toestande kon deel. En soms, wanneer mense wat deur dié stories ontroer was hul harte en beursies oopgemaak het, kon dié kinders wel duur mediese behandeling of operasies ondergaan om hul lewensgehalte te verbeter. Die “plek van hoop” was die Facebookmuur en webtuiste van die organisasie Child Medi. Vier jaar lank is daar byna daagliks stories geplaas van kinders wat hulp nodig het, tesame met pleidooie vir skenkings. Die stories het ’n snaar geraak: Die blad het minstens 36 000 volgelinge gehad. Sommige van hulle het stewige bedrae geld aan Child Medi geskenk, wat dan weer die kinders se mediese rekenings betaal het. Een van die kinders was klein Nathan van Aswegen (nou 3), oorspronklik…

8 min.
rus&vrede in die kaap

HIER waar sy vandag op Melkbosstrand vir Huisgenoot se voorbladsessie voor die kamera flikflooi, is dit nog ondenkbaar datSuid-Afrika se strande eersdaags gesluit sal word weens ’n virus wat die wêreld op sy kop sal keer. Maar sy voel die koue seewater om haar enkels spoel, want dis nog in die dae voor Suid-Afrika se inperkingstydperk aangebreek het. Teen saktyd sou die aktrise Nadia Valvekens soos al haar landgenote in haar huis ingeperk word weens die owerhede se ingryping om die verspreiding van die coronavirus te probeer keer. Maarvandag kan sy nog sorgeloos die sand onder haar voete voel. Sy is net so fyn en grasieus soos die geliefde sepiekarakter wat sy meer as ’n dekade lank vertolk het. Maar iets aan haar is tog anders, minder bedees. Langer as 13 jaar het ky-…

6 min.
diecas komweer

DIE suidooster waai alles en almal uitmekaar toe ’n swart BMW voor ’n hotel in die Kaapse middestad stilhou. Dis nog in die dae voor die ingrypings deur owerhede om die verspreiding van die coronavirus hok te slaan Suid-Afrikaners in hul huise ingeperk het, en vandag is die stad nog ’n gewoel. Met die uitklimslag klou Casper de Vries (55) vir al wat hy werd is aan die rooi hoedjie wat hy vandag weer noodgedwonge op die kop het. “Die wind gaan my hare afwaai,” spot die grapjas oor sy kapsel van egte menshare waarmee hy al byna ’n jaar spog. “Gelukkig het ek baie gom saamgebring.” En ook daardie hoedjie om sy hare – “’n nuwe batch” – teen die wind te beskerm. “Ek het nou ’n bietjie meer hare op my…