EXPLOREMY LIBRARY
Crafts
Idees

Idees

November/December 2020

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
IdeesFabriek
Frequency:
Bimonthly
Read More
BUY ISSUE
$5.04(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$27.72(Incl. tax)
6 Issues

in this issue

3 min.
kershuis

RUSHOEKIE Skep ’n hoekie in jou huis waar jy net rustig kan sit en lees of doen wat jou hart begeer. Hier het ons eenvoudig ’n vintage-tafeldoek oor die bank gegooi en kussingoortreksels van geblomde lap gemaak om dit spesiaal te maak. Speel met spieëls en kandelare, dis soos juwele vir ’n huis. En laat die kinders so ’n oulike boekeboom bou, dit kos niks nie. Pak ou ensiklopidieë en ander boeke van groot na klein in ’n piramidevorm en rond dit af met ’n papierster heel bo wat met ’n bietjie bladgoud opgekikker is. Selfs die gaste se boekmerk-geskenkies, wat sommer ook as plekkaartjies dien (blaai om vir die aanwysings), sluit aan by die boeketema. KERSTAFEL Eenvoudig, maar steeds mooi. Skep die Kersgevoel met ’n roomkleurige of wit tafeldoek as jou basis,…

1 min.
toringkers

JY BENODIG ♥ herwinde glasvoorwerpe♥ hars (maak seker jy ken die handelsmerk en dat dit nie geel word nadat dit droog is nie)♥ gebruikte plastiekkoppies vir die meng van die hars♥ skuurpapier van 100-tot 150-grint♥ wondergom♥ roomysstokkies SO MAAK JY 1 Versamel ’n klompie glasvoorwerpe van tweedehandswinkels of vlooimarkte. Daar is geen moets of moenies nie, wat die projek net nog meer opwindend maak. 2 Was al die voorwerpe in warm seepwater en verwyder enige plakkers of etikette. Laat die voorwerpe droog word. 3 Nou kan jy jou kandelaar begin ontwerp. Die basis moet jou swaarste voorwerp wees. Stapel die voorwerpe van groot na klein opmekaar om ’n toring te skep. (Ek het ’n afgesplinterde glasasbak vir die basis gebruik en dit voltooi met ’n gedeelte van ’n glaslampbasis, ’n glasvoet van ’n blompot en…

1 min.
nuwe lewe

PLANTHOUERS Spoel ’n gebruikte melk- of vrugtesapkartonnetjie uit en laat dit droog word. Gebruik jou handwerkmes om ’n reghoek uit die een lang sykant van die houer te sny. Verf die houer wit en laat dit droog word. Maak ’n paar sulke houers, en nog ’n klompie waarvan die boonste deel weggesny is. Versier die planthouers met die kunsprent op bladsy 105 voordat jy dit verseël met ’n paar lae modge podge om dit mooi te hou. Gooi potgrond in jou voltooide houers en plant kruie- of blomplantjies daarin. SAADHUISIE Spoel ’n gebruikte melk- of vrugtesapkartonnetjie uit en laat dit droog word. Gebruik jou handwerkmes om ’n reghoek uit die een lang sykant van die houer te sny. Verf die houer wit en laat dit droog word. Sny ’n paar roomysstokkies in die…

2 min.
vir geskiedenis-vrate

DIE AFRIKANERS HERMANN GILIOMEE (TA FELBERG, R550) Dié topverkoper is in 2004 die eerste keer uitgegee, maar word steeds gereken as die standaardwerk oor die geskiedenis van Afrikaners. In leesbare styl vertel die bekende historikus die boeiende verhaal van die groep mense wat na hulself as ‘Afrikaners’ sou verwys, vol teenstrydige neigings tot vryheid en onderdrukking. Hy verken talle aspekte van Suid-Afrika se verlede en die rol wat Afrikaners daarin gespeel het, asook meer onlangse kwessies – die redes vir hul oorgee van mag, pogings om saam met ander minderhede te veg vir die Grondwet, en stormagtige verhouding met die ANC. Die boek is in 2018 in ’n verkorte en aangevulde uitgawe uitgereik (R300) THE SS OFFICER’S ARMCHAIR DANIEL LEE (JONATHAN CAPE, R340) By ’n aandete in Florence hoor die historikus Daniel Lee hoe ’n…

1 min.
kalm en klaar

Sit ’n spesiale tyd opsy om jou geskenke onversteurd toe te draai. Gaan sit stil, fokus op jou asemhaling en sê vir jouself waarom jy daar is – om jou geliefdes se geskenke aandagtig toe te draai en pakkies op te maak wat vir hulle vreugde sal verskaf. Neem die geskenk, wens die persoon gesondheid, geluk en liefde toe en draai dit toe met daardie gedagtes in jou kop. Neem jou tyd met elke vou en versiering. As jy wil, kan jy hul boodskappie ook op hul kaartjie skryf. Maak tyd vir jouself – skink dalk vir jou ’n koppie tee in – voordat jy met die volgende pakkie begin. Maak elke geskenk spesiaal. Wanneer jy klaar is, ruim op en eindig jou sessie met ’n ontspannende bad en jou…

5 min.
jul idees

SKRYF VIR ONS & WEN! Elzaan Visser, die skrywer van hierdie uitgawe se wenbrief, ontvang ’n bottel Montblancparfuum. Montblanc se nuwe vrouegeur, Montblanc Signature, is ’n Oosterse blomgeur met muskusnote. Sommige vroue is net onvergeetlik… hul merkwaardige persoonlikheid en selfvertroue laat ’n blywende indruk op almal wie se lewe hulle raak. Montblanc dra dié nuwe parfuum op aan hierdie vroue. Montblanc Signature EdP is by Foschini, Truworths en Woolworths beskikbaar teen R1 499 vir 90 ml, R1 199 vir 50 ml en R999 vir 30 ml. UIT DIE SEER IETS MOOIS En daar leer ek nog ’n lewensles. Uit die seer kan altyd iets moois kom. Hierdie Covid-jaar het ons omtrent al geskop. Iemand wat plat teen die grond getrap is, is my eie dierbare meisiekind, Marizaan. En as ’n kind bloei, ongeag hulle…