Treinvakansies is nou maar eenmaal ’n besonderse reiservaring. Vir enige reisiger wat smag na vergange dae se elegansie, styl en ’n romantiek wat so eie aan Afrika is, is dié manier van reis die perfekte alternatief vir besige lughawens vol vliegtuie en lang paaie wat die geduld beproef.
Christine Meintjes, ’n fotograaf van Stellenbosch, en haar man, Iaan van Niekerk, kry gereeld die geleentheid om te reis. Die lysie bestemmings wat die paartjie al besoek het, is indrukwekkend: Duitsland, Swede, Holland, België, die Griekse eilande, Engeland, die VSA, Kanada, die Karibiese eilande, Thailand, Angola, Mosambiek en Namibië.
“My gunsteling tot dusver is die Griekse eilande, net omdat dit so rustig was – en ek was gek oor die kos. Ek is ook ’n baie groot aanhanger van Duitsland en Mosambiek.”…