EXPLOREMY LIBRARY
News & Politics
Rapport

Rapport

10/18/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
$1.85(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$78.63(Incl. tax)
52 Issues

in this issue

10 min.
‘daar ís goeie polisielede’ ‘ons stem saam dat ons harder moet werk om hierdie aanvalle te voorkom,’ sê polisie-‘sheriff’

Daar is ’n ou waarheid in Suid-Afrika, dis township-gospel: Al manier om die regering se aandag te kry, is om iets aan die brand te steek – die rookseine te laat opgaan. Dan eers gee die politici aandag. Dan eers skryf die president ’n ope brief. “Nee, nee, nee, nee, nee,” smeul min. Bheki Cele se lont kwartpad in ons Zoom-onderhoud. “Dis die verkeerde ding om te sê! Ons is ’n grondwetlike demokrasie, alle Suid-Afrikaners het die reg om te betoog, maar jy kan nie eiendom vernietig of mense seermaak nie. Jy noem townships – as jy kla oor daar nie water is nie, hoekom brand jy skole af?” Hoekom ruk boere op Senekal toe, minister? Wetsgehoorsame boere wat voel hulle het elke wettige roete reeds uitgeput? Nou maar hoe kan hulle só voel, vra die…

3 min.
sa bied van héél bestes

S es Suid-Afrikaanse lodges het die internasionale reispublikasie Condé Nast Traveler se gesogte lys van topbestemmings in die wêreld gehaal. Die Morukuru Family Beach Lodge in die De Hoop-natuurreservaat tussen Bredasdorp en Witsand in die Wes-Kaap het boaan die plaaslike lys geëindig en agtste wêreldwyd. “Ons is absoluut verheug en trots om vereer te word as die beste oord in Suid-Afrika, dit net twee jaar nadat ons ons deure oopgemaak het,” het Ed Zeeman, eienaar van Morukuru gesê. Hy vertel een van die grootste uitdagings was om ’n lodge te skep wat sonder elektrisiteit klaarkom, sonder om enige luukshede prys te gee. Condé Nast se lesers vertel daar’s oorgenoeg om te doen en bergfietse, sandborde, snorkeltoerusting en duikpakke wat jy enige tyd mag gebruik. Die teleskoop op die dak waarmee jy na die…

4 min.
wildehonde, vry honde

Die uur is vroeg, die oggend al klaar warm ten spyte van die reën wat die afgelope paar dae hier in die Lapalala-wildtuin geval het. Ons sit in afwagting agterop ’n wildritvoertuig naby ’n boma van houtpale en wag. Die karkas van ’n rooibok is ’n ent van ons af aan ’n boom vasgemaak. Dan gaan die boma se hekke oop en 21 wildehonde verskyn. Ses van hulle volwasse, 15 opgeskote tieners. Almal aarsel aanvanklik. Dan sien die ouer honde die prooi en amper soos een man is hulle ses op hul kos en verslind die bok. Die telge hang langer onseker terug. Hulle is die afgelope drie maande hier in die boma gebore en dit is hul eerste kennismaking met die buitewêreld. Tien minute later skep een egter moed en toe hy dit…

3 min.
’n nalatenskap van dank en bewondering

’n Lewe deur Herman Lategan Die kunstenaar, restaurateur, gastehuiseienaar en storieverteller Ronnie van der Walt is in die ouderdom van 69 dood. Hy het in die Nelsrivier, buite Calitzdorp, in sy Toyota Hilux-bakkie verdrink. ’n Reënbui het onverwags uitgesak. Van der Walt se bakkie is omstreeks 21:00 van ’n brug gespoel en ongeveer 100 meter rivier af meegesleur. “Dat só iets met hom moes gebeur gedurende ’n droogte is ’n skreiende ironie,” sê sy jeugvriend, die botanis dr. Ernst van Jaarsveld. “Hy was vol waagmoed en het vinnig besluite geneem. Toe hy die water sien stroom, het hy waarskynlik op die ingewing van die oomblik gedink hy gaan vinnig daardeur. “Sy potte was kunswerke. Dit was aards en het die vetplante gekomplementeer. “Ná my aftrede het ek heeltyds by Babylonstoren begin werk. “Koos Bekker het my…

1 min.
regstreekse tv is nie vir sissies nie

Ingels vir selfverdediging ’n Mens moet senuwees van staal hê vir ’n direkte televisieuitsending. Vra maar vir die eTV-joernalis Nickolaus Bauer wat Vrydag tydens ’n direkte uitsending van ’n boer op Senekal wou weet wat hy van die situasie daar dink. Die Vrystater was aanvanklike effe skugter en het probeer verduidelik dat sy In-gels nie “very fluent” is nie. Maar Bauer stel hom gerus: “Praat maar Afrikaans as jy wil.” Waarop die Vrystater terugkap: “My f*k, nou hoekom sê jy nie so nie!” Pollux weet nie vir wie hy die jammerste voel nie. Die Vrystater wat op nasionale televisie gedwing word om die vyand se taal te praat of Bauer wat sekerlik gesukkel het om sy lag te bedwing nadat hy in sulke suiwer Afrikaans uitgetrap is. Oukei, as jy so sê Bauer is ’n…

3 min.
cyril se plan plaas ons terug in ou sa

Die ekonomiese herstelprogram wat pres. Cyril Ramaphosa dié week aangekondig het, het die land teruggevoer na ’n plek wat ons dalk gedink het nie meer bestaan nie: die ou Suid-Afrika. Die reaksies op die plan het my skoon nostalgies gehad oor al die “hervormings” van opeenvolgende NP-regerings sedert die laat 1970’s om apartheid, die land se sentrale politieke vraagstuk, te probeer be-redder. Die ekonomiese herstelplan (EHP) is begroet met die bekende tiperings van weleer: “te min, te laat”, “dit verander niks nie”, “bestem vir mislukking”, “stap in die regte rigting”, “dapper, maar gaan nie ver genoeg nie” en “die begin van groot dinge”. Soos destyds, bevat dié reaksies op die EHP elkeen ’n stukkie waarheid. Maar nie een “waarheid” wat sterk genoeg is om die ander te verdring nie. Ja, “apartheid-Suid-Afrika” was ’n ander…