ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
SARIE KOS

SARIE KOS

Jul/Sep 2021

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
$6.20(Incl. tax)
$20.13(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

9 min
groen geurig gesond

Was daar iets soos kos-celebrities, sou ’n handjievol happies rooitapyt-behandeling gekry het. Een daarvan: avo op toast. Jy vind dit dikwels op bistro’s se spyskaart waar dit ’n arm en ’n been kan kos. ’n Stukkie roosterbrood met avokado en ’n skeutjie dit en dat . . .olyfolie, lemmetjie, knoffel, seesout . . .siedaar! Van Los Angeles tot Langebaan. Avokado is wêreldwyd ’n “millennial darling”, berig die BBC (bbc.com). Ons eet dit al duisende jare lank, maar jong mense in hul 20’s en 30’s kan deesdae nie genoeg daarvan kry nie. ’n Londense plastiese chirurg sê hy behandel só baie mense wat hulself raaksny wanneer hulle die vrug opkap, sy personeel noem die besering al “avocado hand”. Dalk is dit waarom millenniërs nie huise kan bekostig nie. Hulle eet te veel (relatief…

4 min
as brood & kuns ontmoet

Hy is ’n groot ou met ’n digte vosbaard wat tot op sy bors hang. ’n Kommersiële duiker op die oliebote in Saoedi-Arabië. Raak hy opgewonde, verskyn sy knipmes en swaai hy dit geesdriftig rond. “Jammer, jammer. Ek dra dit oral saam met my. My vrou raas altyd oor die mes.” ’n Macho prentjie wat jy moeilik met sy sterk arms kniediep in die deeg kan voorstel. Maar dis juis dié soort etiket wat Louis de Jager op skool uit die huishoudkundeklas gehou het. En sou hy alles kon oordoen, word hy ’n sjef. Sy droom is ’n koffiewinkel wat Brötchen (Duitse rolletjies) verkoop, nes sy Duitse Oma s’n. Sy wortels lê op Tsumeb, ’n myndorp in die noorde van Namibië. Die Suid-Afrikaanse bloed vloei egter net so sterk: Ouma Sarah de…

6 min
dié studente kook!

Meer oor die ICA Geleë in die mooie Banhoekvallei op Stellenbosch, is die ICA bekend vir die bekroonde sjefs en leiers in die kosbedryf wat al hier opleiding ontvang het. Die gevorderde sjefsdiploma van drie jaar word internasionaal erken, met studente wat in hul finale jaar kan kies uit drie spesialiteitsvelde – produkontwikkeling, mediakommunikasie, en professionele wynstudies en geleentheidskoördinering. Die ICA bied nie net wêreldklas-sjefsopleiding nie, maar gee ook opleiding in kosverwante loopbane. Dis deel van ICA-hoof, Letitia Prinsloo, se visie om sjefs op te lei wat hul plek volstaan in professionele kombuise wêreldwyd, maar ook in die groter koswêreld. Besoek icachef.co.za vir meer. Meer oor die veld Ons eerste groep studente spesialiseer in produkontwikkeling Nuwe, suksesvolle produkte is belangrik om verkope in die kleinhandel ’n hupstoot te gee. Voorheen is die kreatiewe flair…

2 min
die goeie ou dae

Die laaste ruk word ek heeltyd gekonfronteer met die gedagte, wat is trooskos nou eintlik. Want jare lank al is dit een van die konstante tendense wat aanhou groei. Elkeen noem dit iets anders: ma se kos, huiskos, trooskos, nostalgiese kos, onthoukos, gister se kos . . . Maar wat is dit aan die verlede wat ons so goed laat voel? En as jy mooi daaroor dink, is dit eintlik soms hartseer dat jy dink die beste tye van jou lewe is al verby. Ons hoor dan so baie die slim mense praat van lewe in die oomblik. Doen dinge wat nou saak maak. Laat nou tel. Waarom hunker ons so gereeld na gister? Onlangs begin ek lees oor nostalgie, wat veral deesdae vir mense wêreldwyd ’n anker van hoop is. Ek kom…

1 min
dek jou tafel só

Goud bly altyd mooi. Meng en pas goue eetgerei van jou keuse om ’n luukse gevoel te skep. Oudhede-markte is wonderlike plekke om te snuffel en gister se mooi te herwin. Gebruik vetplante uit jou tuin as blomme. Knip lang stele en rangskik dit in herwinbare glasbottels; ons het ou bierbottels gebruik. Laat elke gas sommer die plant huis toe neem om in sy of haar tuin te gaan plant. Gebruik ongebleikte linne as tafeldoek; dit kos sowat R70 per meter. Koop materiaal 3 meter langer as jou tafel en laat dit op die grond hang om natuurlike tekstuur te skep. Vergeet van netjies gevoude servette en laat oorgroot servette met botaniese drukwerk sommerso los op die bord val. Ons het servette gemaak van katoenlinne gebruik. Dit kos sowat R105 per servet (50…

8 min
resep vir sukses

2 koppies omgee1 koppie hartseer3 eetlepels moed500 g kennis’n knippie twyfel1 liter deursettingsvermoëondersteuning van1 eggenoot hartseer Voorverhit opgelos oond het tot . 180 In ’n °C aparte . Klits bak die , omgee sif moed en , die kennis hartseer en twyfel goed saam saam en tot roer die bak mengsel dit by vir die 45 in beslag minute ’n oondvaste . Voeg tot deursettingsvermo bak, bestrooi met ë ondersteuning geleidelik by en van roer een tot eggenoot glad. Giet en die goudbruin. Toe Ina de Villiers in 1950 by haar lessenaar gaan sit om vir gewone mense ’n handleiding tot kosmaak te skryf, was die skepping van ’n kulinêre erfenisskat die laaste ding in haar gedagtes. In die jare net ná die Tweede Wêreldoorlog het sy as jong huishoudkundige vir die…