ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS April/May 2015

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

4 min.
kuier, kook & inspirasie

Michélle van Breda redakteur SARIE Dit het als begin met Portugal jare gelede. My eerste vlug oorsee het my Lissabon toe geneem, met die destydse lugdiens TAP. Toe het ons gespot en gesê dit staan eintlik vir take another plane! Maar ek was op die régte vliegtuig, want daardie reis het my aptyt vir swerf en ’n wêreld van smake aangewakker. Sonder uitdagings was dié reis nie. Dag een “verloor” ek die bus wat my na die oudste deel van die stad, die Alfama, geneem het. Uit pure verwondering stap ek ’n verkeerde draai. En daar staan ek, met sonsondergang, in ’n doolhof van ou geboue, benoud-nou straatjies en ’n swetterjoel eetplekkies, die mekka van melancholiese Fado-sangers. Met g’n benul hoe om weer by my hotel uit te kom nie. Wat om te…

7 min.
jou briewe

Rig jou brief aan SARIE KOS, Posbus 1802, Kaapstad 8000, faks dit na 021 408-3099 of e-pos na sariekos@sarie.com. Oorspronklike briewe, ook e-posbriewe, moet ’n volledige posadres en kontaknommer insluit. Dit mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. Die redakteur behou die reg om briewe te verkort. Kookkuns en daai tert verlei Ek was so besig einde verlede jaar dat my man menigmaal Braaikos, gebakte eiers en roosterbrood is byna al wat hy kan maak. Vandag pak ek tydskrifte reg en kom op SARIE KOS van Augustus/ September 2014 af. Neem dit TV-kamer toe waar hy krieket kyk. So begin ek na die resepte kyk en my mond begin water. Ek lees vir hom van die resepte en sê dié een wil ek vandag maak … die Bar-One-tert. So lees ek verder hardop, bv.…

1 min.
dié portugese goed

ANDERSTE MELKTERT Pastel de nata (pastéis in die meervoud) is ’n melktertjie wat in die 18de eeu deur Portugese monnike uitgedink is. Warm suikerstroop word by die eiervla-basis gemeng, waarna dit in blaardeeg gebak word. Koop dit landwyd by Vida e Caffè teen R13 vir ’n tertjie. AB SE TJIPS Die nuwe reeks aartappelskyfies van Lay’s smaak nes die bekende pregobroodjie. Dis ook krieketheld AB de Villiers se gunsteling! Koop dit landwyd teen sowat R14,95 vir 125 g. VUURWARM Gee jou braaihoender lekker geur met Cape Herb & Spice se blikkies Portuguese Peri Peri Rub – dis ’n mengsel van droë kruie en speserye wat jy met jou vingers in die vleis invryf. Koop dit landwyd by supermarkte teen R25,99 vir ’n 100 g-blik. JA, DIS SJOKOLADE! Dis vissies, maar hulle kan nie swem nie! Kry die…

2 min.
wyn

jeanritine@gmail.com Drink na hartelus! Ietsie anders vir jou volgende onthaal: nuwe leiklip-etikette van Entrepo. Giet jou wyn oor in ’n kraffie en hang ’n klipbordjie om die nek. Skryf jou eie aanwysings in kryt daarop, soos “drink my stadig”. Die kryt word maklik met ’n nat lappie afgevee. Beskikbaar by Entrepo-winkels of aanlyn by www.entrepo.co.za teen R199,95 vir 4. CHARDONNAY MARGARITA Wie het gesê Chardonnay kan net op een manier geniet word? Sekerlik nie die wynliefhebbers van Leopard’s Leapfamiliewingerde nie. Nee wat, hulle stel voor jy maak Chardonnay Margaritas! •100 ml Leopard’s Leap Chardonnay •25 ml Cinzano Bianco •10 ml lemmetjiesap •25 ml appelkaneelstroop (resep volg) •fyn ys APPELKANEELSTROOP •500 ml kookwater •1 Granny Smith-appel, in skywe gesny •2 kaneelstokkies •100 ml suiker Maak eers die appelkaneelstroop: Bring water in kastrol tot kookpunt. Sit appelskywe saam met kaneelstokkies in water. Kook 20 minute totdat appelskywe…

1 min.
koning van sa soetwyne

Orange River Cellars se Muskadel-wyne is nie net op plaaslike bodem besonder gewild nie, maar is al in die voorste wynkompetisies ter wêreld vereer vir die verstommende gehalte daarvan. Wyndruiwe wat soet en ryp raak onder die son van die Oranjerivier-wynvallei. ’n Span wynmakers wat dekades lank spesialiseer in die magiese proses wat die maak van Muskadel behels. Dit is een mond vol heerlikheid om nie te vergeet nie. Orange River Cellars Muscadel. Sag. Soet. Bekoorlik. Nie te Verkoop aan Persone Jonger as 18 Jaar nie.…

1 min.
dié borde

SOOS OUMA S’ Vintage-borde vertel hul eie stories. Snuffel by markte, of koop iets soortgelyks by Memory Lane in Somerset- Wes. Vanaf R100. PLEKMATJIE Dek jou tafel met oorgroot perspexborde in blou patrone. Hierdie een van Game werk perfek as plekmatjie of as opdienbord. Koop landwyd teen R65,99. EENVOUD As jy hou van blou, maar dit nie wil oordoen nie, kies hierdie bord van Mr Price Home. Kleinbordjies ook beskikbaar. Landwyd te koop vanf R45. VOL DETAIL Kan jy glo hierdie turkooisblou bord van Woolworths is met die hand gemaak! Die reeks bevat koppies, borde en bakkies. Landwyd te koop vanaf R30. STYLVOL OP SONDAE Sit die lamsboud of heel gebakte vis voor in ovaal opdienborde wat jy by tweedehandswinkels koop, of besoek Nerf-Af in Durbanville vir ’n hele reeks. Vanaf R350. BROCANTE Dis Frans vir ou goed soos dié bord…