ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS April - May 2016

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

2 min.
barbara sê

Ek kies al jare kortpad in my kombuis. Toe my kinders klein was, het ek altyd vir hul verjaardae my gewese lektrise Ina Paarman se sjokoladekoek-in-’n-boks gebak. Dis een van die heel lekkerste koeke, maklik en vinnig om aanmekaar te slaan. Menige keer het ’n ander ma dié resep gevra en dan het ek net gesê ek sal dit stuur. Een ma het so baie van die koek gehou, sy het elke jaar partytjie toe gekom net vir die eet. Ek en ’n vriendin, Mapula van Biljon, het jare gelede spyseniering gedoen. Een aand het ons ’n ete vir 30 mense gehad. Gesiene wynmakers en koskenners. Ons was moeg en Mapula verklaar toe sy gaan nie die sjokolademousse ook nog maak nie. Sy’t pakkies kits-sjokolademousse gekoop en dit opgedollie met baie room…

4 min.
ontmoet ons kos-vriende!

My heel eerste kosmaak-herinnering is van my ma wat soufflé maak en ek wat op die kombuistoonbank sit en ewe hulpvaardig die geskeide eierwit en –geel vir haar meng … Nou, 20 jaar later, het my kookvermoëns aansienlik verbeter en my lewe draai om kosmaak en eet. Ek is ’n honneurs-student in sielkunde, en ek hou ook van lees, sterk koffie, kinders en drukkies met my man, Jaco, en Hurley, ons seerowerkat. Ek is ma van drie en ’n graad 2-onderwyseres. Ek het op hoërskool al agtergekom ek hou van kosmaak en so tussen my ma en my ouma se kombuise het ek die wonder van resepte en geure ontdek. Ek maak ’n wye verskeidenheid geregte, van tradisionele kos tot dekadente poedings. Dis vir my lekker om ’n sekere atmosfeer te…

6 min.
op jou bord in 2016

1 Koekiebotters Het jy al gehoor van spekulaasbotter? Dis byna soos grondboontjiebotter, maar word gemaak van die Nederlandse speserykoekie spekulaas. Jy kan dit gebruik vir gebak, in roomys, as vulsel vir terte of selfs net so op roosterbrood. Dié geurige mengsel begin nou oral kop uitsteek op spog-restaurante se spyskaarte, en selfs in die bekende Amerikaanse roomysreeks Ben & Jerry’s se Spectacular Speculoos. Plaaslik reken ek ons kan ons eie soetkoekie omskep in ’n geurige botter. Dink net hoe lekker sal soetkoekieroomys wees! (Sien resep vir maklike spekulaasroomyskoek in die Mei-uitgawe van SARIE – te koop vanaf 11 April.) 2 Grane, peule en bone Vra solank jou ouma se sousboon-resep, want vanjaar gaan dit koel wees om bone te eet. Die Verenigde Nasies (VN) het verlede jaar op sy algemene vergadering verklaar dat…

1 min.
teken in en spaar!

’n Volle 25% afslag*, spesiaal vir ons April/Mei-uitgawe. Dis die perfekte geskenk vir ’n vriend, of vir jouself as jy wil seker maak jy loop nooit ’n uitgawe mis nie DRIE REDES waarom jy hierdie kans moet aangryp. Jou SARIE KOS-intekening beteken 1 Jy weet jy sal nie ’n uitgawe misloop nie 2 Jy kan kies: jy betaal maandeliks of eenmalig 3 Dis ’n kans om jouself – of iemand vir wie jy omgee – te bederf TEKEN IN of HERNU BEPALINGS EN VOORWAARDES IS VAN TOEPASSING. DIE AANBOD GELD NET VIR INTEKENING OP DIE GEDRUKTE SARIE KOS EN IS GELDIG TOT 29 MEI 2016 (NET IN RSA). *GEEN AFSLAG OP POSGELD EN BTW. SKAKEL 0877 401 020 E-POS sariekosinteken@media24.com EN ONS KONTAK JOU SMS SUBS SARIE na 32361 (geen leestekens) EN ONS KONTAK JOU (’n tarief van R1 per SMS geld) WWW Besoek SARIE.com vir gewone…

1 min.
goue perskevonkel

MAAK EERS DIE STROOP Bring 250 ml water saam met 200 g suiker tot kookpunt. Verwyder van stoof en voeg 6 takkies vars tiemie by. Laat afkoel. MENGELDRANKIE 50 ml stroop 1 geelperske met skil, in dun skyfies gesny 1 nektarien met skil, in dun skyfies gesny 12 takkies vars tiemie 1 bottel vonkelwyn van jou keuse (alkoholvrye vonkelwyn kan ook gebruik word) Kneus ’n paar nektarienskywe in die stroop en gooi dit deur ’n sif. Dit gee die stroop ’n ligpienk kleur en delikate perskegeur. Skink stroop in ’n glas en vul die glas met vonkelwyn. Plaas ’n paar skyfies perske en nektarien in die glas. Garneer met ’n takkie tiemie. WENK Maak seker die vonkelwyn is yskoud, want geen ys word in die drankie gebruik nie.…

1 min.
ryk en romerig

LAGIE-VRUGTETERT genoeg vir 4 1 x 400 g-vel blaardeeg 230 g LANCEWOOD MediumFat Plain Cream Cheese 250 g LANCEWOOD Mascarpone 35 g (40 ml) strooisuiker 350 g frambose 150 g bloubessiesversiersuiker vir oorsif Verhit oond tot 180 °C. Plaas blaardeeg op meelbestrooide werkvlak. Rol deeg baie dun uit. Sny 12 stroke van sowat 13 x 5 cm uit. Plaas deegstroke op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Prik deeg goed met vurk. Plaas nog ’n stuk bakpapier bo-op en plaas ’n bakplaat bo-op. Bak 30 minute in warm oond. Haal boonste bakplaat en bakpapier af van deeg en bak nog sowat 10 minute tot goud en bros. Haal uit en laat gaar stroke afkoel op afkoelrak. Plaas roomkaas, mascarpone en suiker in mengbak van elektriese menger. Klits goed. Plaas een strook gaar deeg op opdienbord en smeer van…