ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS April - May 2017

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

2 min.
herman sê

Toe Michélle van Breda my nege jaar gelede by SARIE aangestel het, was ek maar nog kind. Ek het bloedweinig van die lewe geweet en ek het nooit kon dink ek sou eendag die kans kry om in Barbara Joubert se skoene te staan nie. Maar hier is dit nou! En my hart bons nog steeds soos daai dag in 2009 toe Michélle my gebel het: Herman, ons wil hê jy moet SARIE se kosredakteur word. Stel jy belang? Hierdie paar woorde het my lewe onherroeplik verander en my in die rigting gestuur waaroor ek as klein seuntjie gedroom het – om met kos mense se lewe te verander soos dit myne al telkemale verander het. Om te kook is wie ek is. Dis alles wat ek nog ooit wou wees. Ek…

1 min.
#kaiings

“ SARIE KOS is ryk in geure en kleure, en die smaaklikste Afrikaansekoswoorde. In elke uitgawe bring ons hulde aan ons taal met lekkersê-woorde soos #kaiings. Die bekende Afrikaanse taalstryder Arnoldus Pannevis het volgens G.J. van Wyk se etimologiewoordeboek al in 1880 van “kaing” geskryf, daardie vlesige oorblyfsel van ’n stukkie uitgebraaide vet. Kyk op bl. 68 as jy dit wil maak. Dis heerlik – geen wonder daar’s selfs ’n kaiingfees in Julie in Pretoria nie! Skakel 082 674 6560 vir meer inligting. Gaan ook na Afrikaans.com…

1 min.
ons hou van dié boeke

Koning hoender Het ons ooit genoeg planne met hoender? As jy twyfel, moet jy Karen Hart se boek, Toor met Hoender (Human en Rousseau, R257), aanskaf. Dit loop oor van gawe idees om hierdie stapel in elke kombuis geurvol te berei. Die hoenderfrikkadelkerrie lyk so smaaklik, ek reken dit moet eerste op jou spyskaart wees. Hande klap, brode bak! Van bak kan jy Mareli Visser niks vertel nie – sy was immers die wenner van kykNET se eerste Koekedoor-reeks. Nou is sy terug met haar eerste bakboek, UITGERYS Suurdeeggebak (Human en Rousseau, R308). Dit bevat alles oor brood – van hoe om met gis te werk tot planne met gister se brood. Weg met koolhidrate Te en dié tyd weet almal al kos sonder koolhidrate is gesonder vir ons. Ook Inè Reynierse, wat pas nog…

1 min.
soet, lekker, nagereg!

Roomysbolletjies met stowe-appels Genoeg vir 6 6 SPAR Freshline Granny Smith-appels 100 ml water 100 g (125 ml) SPARbruinsuiker 6 SPAR Freshline Karamelen-sjokoladegegeurde Hot Cross Buns, gehalveer 30 ml SPAR-botter 1 liter SPAR Classicvanieljeroomys 30 ml SPAR-versiersuiker Skil en ontklok appels. Sny in helfte en snipper in dun skyfies. Gooi saam met water en suiker in ’n pot en bring tot kookpunt oor hoë hitte. Verlaag hitte en laat 10–15 minute stadig stowe of tot appels goudkleurig en deursigtig raak. Hou eenkant. Smeer botter op elke gehalveerde paasbolletjie. Verhit ’n pan tot vuurwarm en braai elke helfte se gesnyde kant tot goudbruin en bros. Skep 6 roomysballe op die helfte van die geroosterde bolletjies. Druk ander helfte stewig op die roomys. Sif versiersuiker oor en sit voor met stowe-appels. WENK Jy kan die bolletjies ook in karamel pleks van net botter…

2 min.
ons hou van

PASTAPAKKIES As jy lus het om sonder moeite jou eie ravioli te maak kan jy hierdie raviolidrukker van SMEG vir R2 999 aanskaf. Dis ’n los toestel wat op SMEG se basiese menger pas en is landwyd te koop. 3 GUNSTELINGE DIT SPRING Ons hier by SARIE KOS is dol oor springmielies. Daarom hou ons so baie van Guzzle & Wolf se nuwe weergawe met die heuningkors. Dit word met die hand gemaak en jy kan dit proe! Koop dit vir R15–R30 by jou plaaslike SPAR en besoek www.guzzleandwolf.co.za. GAAN OP RYS Op die winkels se rysrak wag ’n wêreld van geur met al Spekko se soorte rys. Van basmati tot jasmyn staan reg om jou kuiers op te kikker. Die jasmynrys pas goed by die kerrie op bl. 83. Koop landwyd vanaf R55. GESONDE KOEKIE Lus vir…

3 min.
ontmoet vir saartjie!

Wat sal jy reken is die beste manier om ’n avokado ryp te kry? Willem Koen SAARTJIE Allerlei foefies is al op die proef gestel, maar soos met baie dinge in die lewe is daar nie altyd ’n kortpad nie. Dit bly maar die beste om ’n avokado in ’n kardoessak te sit saam met ’n ryp piesang of appel. Die ryp vrug skei gasse af wat help om die avokado se rypwordproses te versnel. Kyk ook op SARIE.com hoe Herman Lensing vasstel of jy ’n avokado in die oond kan ryp maak. HOE KEER JY DAT PASTA AAN MEKAAR VASSIT OF TE PAP KOOK? Carmen Botma SAARTJIE: Pasta moet al dente voorgesit word, wat letterlik “op die tande” beteken. Dit moet dus gekook word tot sag, maar steeds ferm as jy dit byt. Die…