ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS August/September 2015

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

3 min.
kuier, kook & inspirasie

Michélle van Breda redakteur SARIE Koud en met koorsagtige afwagting. Dis hoe ek daardie Bok-toetsdae onthou toe ons die radio’tjie toegepak het om seker te maak ons mis nie ’n skop, skrum of aangee nie. Dat jy destyds net kon hoor, en nie sien nie, het dit soveel opwindender gemaak. Dit was sweerlik “theatre of the mind”. Jy was te bang om asem te haal, wat nog van kou … Maar getrou aan volk en vaderland was biltong en droëwors altyd op die rugbyspyskaart. Bakke vol. Ook klein tuisgemaakte worsrolletjies en vleispasteitjies. G’n Groen-en-goud-toets kon hiersonder nie. Met halftyd het die toets ’n heel ander geur aangeneem. Dan is daar vir ’n vale geskarrel om glase en koffiebekers vol te kry, en het die soetigheidjies te voorskyn gekom – klein, warm plaatkoekies…

3 min.
jou briewe

Rig jou brief aan SARIE KOS, Posbus 1802, Kaapstad 8000, faks dit na 021 408-3099 of e-pos na Sariekos@sarie.com . Oorspronklike briewe, ook e-posbriewe, moet ’n volledige posadres en kontaknommer insluit. Dit mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. Die redakteur behou die reg om briewe te verkort. MY EIE MASTERCHEF Sowat 21 jaar lank het my man vir my gekook. Dit was vir my die grootste bederf. Toe, in Maart 2013, is Peter skielik oorlede ná ’n kort siekte en daar bly ek alleen agter met drie honger en groeiende seuns. Eers het ek net voor die koskas gestaan en huil, en ’n hele jaar omtrent net wegneem-etes gekoop. Toe begin SARIE KOS my inspireer. Al die resepte en foto’s van die lekker kos het skielik baie aantreklik begin lyk. Vandag is…

2 min.
wyn

jeanritine@gmail.com TOPS MET DIE WYN Vir dié wat wonder wie die beste wyne in Suid-Afrika produseer, is daar ’n gawe stelsel wat ’n antwoord op die vraag wiskundig bereken. Die SA wynindeks gebruik ’n algoritme om die kollektiewe resensies en toekennings vir ’n spesifieke wyn tot ’n enkele syfer te “distilleer” om só die wyn se objektiewe waarde te bepaal. Volgens dié stelsel word Suid-Afrika se beste witwyne op die Jordanwynlandgoed naby Stellenbosch gemaak, terwyl die land se beste rooiwyne van Saronsberg-kelder by Tulbagh afkomstig is. Laasgenoemde is ook aangewys as die land se beste algehele wynprodusent. Besoek www.sawineindex.com vir meer besonderhede. SO MAKLIK SOOS 1-2-3 Koop jou wyn tjop-tjop met die nuwe Wine23-toep (app). Hierdie gebruikersvriendelike toepassing plaas ’n wêreld van wynkennis aan Suid-Afrikaners se vingerpunte, en dit laat gebruikers toe om wynmakers…

1 min.
noord-kaapse lekkernye vier saam fees

Die Noord-Kaap is bekend vir die wonderlike geure wat vanuit hierdie ongerepte wildernis spruit. Soos die !naba, die seldsame, gesogte woestynkos wat ná die reën onder die sand van die Kalahari gevind word. Hierdie gesogte lekkerny, ook bekend as die Kalahari-truffel, word slegs hier aangetref waar plaaslike kosmense hom in verskeie geregte gebruik. Soos in ’n ryk sop of in skywe in botter gebraai. Net so uniek soos die !naba, is die wyne van Orange River Cellars. Gemaak van die druiwe wat van die sondeurdrenkte wingerde langs die Oranjerivier groei, bied Orange River Cellars ’n reeks diverse wit-, rooi- en rosé-wyne. Smaaklike wyne vir lang kuiers met vriende en goeie kos. Op 1 Augustus vier Orange River Cellars en die Noord-Kaap fees op Upington. Die 2de !Naba-Kos-en-Wynfees bring die geure van hierdie…

2 min.
dié koper goed

EET DAAIRUGBYBAL! Die sjokoladeballe op ons voorblad-kaaskoek (resep op bl. 86) is baie maklik om te maak met ’n plastiekvorm van Barco Moulds (R10,80, posgeld uitgesluit). Elke vorm maak die helfte van ’n bal. Jy plak 2 halwes aanmekaar om ’n bal te maak. Bestel by 021 715 4253 of besoek www.barcomoulds.co.za. OPGEKLITS Bederf jouself met dié koper KitchenAid-menger – dit kan klits, klop én knie. Kyk by die naaste kombuiswinkel. Vanaf R10 999. BRITSE PARFUUM Die Britse modehuis Burberry bring hulde aan hul ikoniese soldatejas met hul nuutste parfuum, My Burberry (R1 400 vir 90 ml EDP). Dié goue geur bevat note van suurlemoen, freesia en soet-ertjie en spog met ’n strikkie om die doppie, gemaak van dieselfde lap as die jas. KAAPSE WHISKY As jy van lekker whisky hou, moet jy Bain’s s’n probeer. Dit…

1 min.
dié kosboeke

KOOK MET GAS Deesdae is ons krag so onvoorspelbaar dat ons op ander gaarmaakmaniere moet staatmaak. Jean Nel se Cooking with Gas (Jacana, R159) wys jou hoe om van eenvoudige hoendergeregte tot gerookte salm op die gasbraaier te maak. EIER SONDER EINDE Volgens die Franse kan die eier op meer as 100 maniere gebruik word. As jou eier-inspirasie opgedroog het, moet jy Blanche Vaughan se boek Egg (Orion Publishing Group, R475) aanskaf vir nog 80 resepte met die eier as sterbestanddeel. VEGETARIESE VREUGDE Die Mildreds-restaurant in Londen spog al sedert 1988 met vegetariese kos op die spyskaart. Nou kan jy ook leer hoe met hul eerste kookboek, Mildreds the Cookbook (Octopus Books, R465) Begin sommer met die blomkool-en-groenolyf- tagine. TUISGEBAK Die Franse meesterbakker Eric Lanlard is terug met ’n nuwe bakboek, Home Bake (Octopus Books, R325). Die…