ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS August - September 2016

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

3 min.
barbara sê

Ek is mal oor sport. Die afgelope ruk het ek Europese sokker gekyk, en die aand toe Portugal die eindstryd teen die Franse wen, kon ek my lag nie hou nie oor hoe ons voormalige Bafana-voorspeler Benni McCarthy (wat vir die span Porto in Portugal gespeel het) van blydskap op- en afgespring het soos #springmielies in ’n pot. Ook ek het al op- en afgespring van opgewondenheid en selfs al in trane uitgebars toe ons krieketspan in 1999 in die semi-finaal teen Australië verloor het. Terwyl die wêreld se voorste atlete by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro alles uithaal om ’n medalje vir hul land te wen, gaan jy my nie voor die TV wegkry nie. En dan kyk ons ook nog groot rugby van 20 Augustus tot 8 Oktober,…

3 min.
sport op die spyskaart

As jy aan die Olimpiese Spele kon deelneem, wat sou jy doen en hoekom? Ritmiese gimnastiek. Ek is mal oor enige vorm van dans en dis die naaste aan dans wat jy op die Spele kry. Watter Olimpiese sportsoort is jou gunsteling? Ook gimnastiek, want gimnaste is supertalentvol en dis mooi om te kyk. Ek hou ook baie van hokkie, wat ek op skool gespeel het. Is daar iets uit jou kombuis wat ’n goue medalje kon wen op die “Olimpiese kosspele”? Ek is ’n avontuurlustige kok, en my geregte proe selde twee keer ná mekaar dieselfde – ek dink ek sou gediskwalifiseer word! In watter item op die Olimpiese Spele sien jy jouself as deelnemer? Die swem, en in die besonder rugslag – die blou van die water, die spoed van die swemmers, my hart klop sommer…

1 min.
kos sonder fieterjasies

Abigail Donnelly, redakteur van Eat Outtydskrif, vertel vir ons van The Leopard in Melville, haar keuse as sy lus is vir geurige kos sonder fieterjasies Die kos by The Leopard is geurig en speels. Die plaaslike eetplek is heelweek oop vir aandete, en net party dae in die middag (bel voor die tyd). Daar is brosgebraaide pappadoms op die tafel pleks van brood, maar jy kan ook die platbrood probeer wat voorgesit word met baba ganoush (eiervrugpatee) en ’n baie Moorse beet-en-gemmer-doopsous. Vir middagete ontwerp sjef en eienaar Andrea Burgener eenvoudige geregte soos frikkadelle op ’n 50’s-styl bord saam met ’n skep botterboonpuree en uiebruinsous. ’n Ander hoogtepunt is die kombinasie van suur en soet in die diepvetgebraaide kwartel met Oosterse slaai. Die wynlys is karig maar keurig, en die Pimms…

4 min.
om te weet

Vars kruie Maak jou vaal kos onweerstaanbaar lekker met vars kruie in jou kombuis. Besoek die naaste Woolworths-winkel en koop kruieplante soos basiliekruid, koljander en pietersielie. Hou dit lewend met water en ’n bietjie son. #Springmieliebrood! As jy gedink het gewone winkelwitbrood is vervelig, kan jy maar weer dink. Albany het pas ’n nuwe reeks gegeurde brood bekend gestel. Ons hou veral van die #springmielie-enkaneelbrood! Kyk ook uit vir die brood met die bottergeur en die rosyntjie-en-kaneelbrood. Sowat R17,99 vir ’n brood van 500 g. ’n Meester se panne Hou jy net so baie van die Australiese MasterChef soos ons hier by SARIE KOS? Nou kan jy nes beoordelaar George Calombaris kook in sy eie reeks potte en panne. Die reeks is beskikbaar by @home en gemaak in samewerking met Salt&Pepper, wat wyd bekend is…

1 min.
proe die karnaval

Caipirinha Tradisioneel word die drank cachaça as basis gebruik, maar vervang dit met rietsnaps ( cane ) – dis makliker verkrygbaar en heelwat goedkoper maak een drankie 2 eetlepels muscovadosuiker (of enige suiker met ’n karamelgeur) 1 lemmetjie, gesny in agtstes (sny eers in kwarte en halveer dan horisontaal) hand vol ysblokkies 1 of 2 sopiemates cachaça of rietsnaps (cane) sodawater Sit 4 van die 8 lemmetjieskywe en die suiker in ’n glas en stamp tot gekneus en goed vermeng. Voeg nou die ysblokkies by, en daarna die cachaça of rietsnaps. Vul die glas met sodawater. (Gebruik res van lemmetjieskywe om nog ’n drankie te maak.) JEANINE ROUX van Stellenbosch ‘Dit smaak soos somer – beslis meer gepas vir die strand as vir Stellenbosch se winter. Volgende keer sal ek meer bruinsuiker byvoeg om die skop van…

1 min.
burger met ’n kinkel

60 ml olyfolie 800 g beesbors (brisket) 1. Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in ’n diep kastrol en braai vleissnit weerskante tot effens bruin. 1 rooi-ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, fyngekap 250 ml rooiwyn 250 ml beesaftreksel 700 ml tamatiepuree 3 lourierblare sout en varsgemaalde swartpeper 2. Voeg ui by en braai nog sowat 2 minute. Voeg knoffel, rooiwyn, aftreksel, tamatiepuree en lourierblare by. Geur met sout en peper en maak kastrol toe met deksel. Plaas in oond en bak 3½ uur. Draai vleis so elke halfuur om in die sous. 3. Wanneer vleis murgsag is, haal uit oond en gebruik twee vurke om die vleis uitmekaar te trek. 6 ciabatta-rolletjies vars roketblare 1 rooi-ui, in skywe gesny 6 snye gerookte provolone-kaas 2 tamaties, in skywe gesny 4. Sny rolletjies oop en plaas roket op die onderste deel van elke rolletjie. Plaas rooi-ui, kaas en tamaties…