ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS Herfs 2018

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.25(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$13.81(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

2 min.
herman sê

Elke seisoen bring nuwe geure en smake. En hier is ons nou: Dis herfs. My gunsteling-tyd van die jaar. Nog nie regtig koud nie, maar die dae is beslis nie meer somerwarm nie. Soos ek hier sit en skryf, bly my kop heeltyd by wat seker die grootste nuus van ons tyd is: water! Ja, dis ’n realiteit wat nie net ’n paar mense raak nie, maar elkeen van ons. Of jy nou in die Wes-Kaap woon of iewers waar water dalk nog in oorvloed beskikbaar is, ons sal eenvoudig moet bewus raak daarvan. Maar dan is daar die troefkaart. Ons is Suid-Afrikaners en ons weet mos al teen dié tyd dat geen krisis of probleem ons ooit onderkry nie. Ons maak planne en dink aan slim maniere om te oorleef. En…

1 min.
ons kook in afrikaans

SARIE KOS is ryk in geure en kleure, en die smaaklikste Afrikaanse koswoorde. Ons bring hulde aan ons taal met lekker-sê-woorde soos #padkos. Volgens H.W. Claassens se Die Geskiedenis van Boerekos het dié woord waarskynlik lank reeds bestaan toe dit opgeteken is uit ’n boer se brief van 1750: “Ik heb laaten slagten om pad kost te hebben.” In 1797 skryf ene Johanna Duminy van Riviersonderend in haar dagboekie van “pat kos klaar maken”. Vir baie van ons bring dié eg Suid-Afrikaanse tradisie goeie herinneringe aan lang reise saam met familie en vriende. Ook koskenner C. Louis Leipoldt (1880-1947) skryf in sy gedig Toe Pa nog jonk was nostalgies van padkos soos soutribbetjies en panna (varkvleisgereg). Kyk op bl. 14 vir 5 meer moderne inpakresepte. Gaan ook na Afrikaans.com…

1 min.
kos uit die ooste

Japan is veral bekend vir goeie cuisine en goeie motors. Maar waar die land se koskultuur ongelooflik interessant is, word Japannese motors dikwels as saai beskryf. Dit is egter nie meer die geval nie, want die Japannese motorreus Mazda se nuwe modelle is ver van vervelig. Kyk net na Mazda se indrukwekkende CX-5-sportnutsvoertuig, wat nie net spoggerig lyk nie, maar baie luuks is en topklas- Duitse mededingers kan aanvat. Ons het die 2,2 liter-turbodiesel-model bestuur en Mazda verdien definitief ’n klop op die skouers. Die rit is soepel en die binne-afwerking is vergelykbaar met veel duurder sportnutse. Pryse wissel tussen R387 700 en R561 700.…

2 min.
ons hou van

KITSPRET! In ’n oogwink in jou hand. Dís die wonder van ’n Polaroid-kamera. Nuut op die mark is die Fujifilm Instax Square SQ10, wat die onmiddellikheid van ’n kitskamera met die slimheid van ’n digitale kamera kombineer. Jy kan foto’s (ja, ook van jou kos!) dadelik uitdruk, of hulle bêre, later bekyk en dan afdrukke maak. En jy kan pret hê met filters en foto’s se helderheid – dit doen jy sommer op die skerm sodat jy kan sien wat jy gaan kry. Kry dit landwyd by kamerawinkels. Vanaf R1 099 (Mini 9). *Sien ook bl. 14. HONDETROOS As goeie boeretroos jou ding is, moet jy Terbodore se donkergeroosterde koffie probeer uit The Great Dane-reeks. (Selfs die spesiale draadjie waarmee jy die pakkie kan herseël, lyk soos ’n hondebeen.) Kry die koffie landwyd…

2 min.
jou eie wyn

jeanritine@gmail.com 1 Die Heuwels se Fantastiese Borrels Met Die Heuwels Fantasties se nuwe projek kan Kersfees so ’n bietjie langer hou. Dié gewilde Suid-Afrikaanse groep het met die hulp van Van Loveren-wynplaas ’n “ryp en vrugtige” Cap Classique gemaak. “Borrels vir Kersfees” is laasjaar bekend gestel, en sanger Pierre Greeff sê dis ’n “swembad-wyn” – menende dis ’n borrelende wyn wat gepas is vir enige geleentheid, fênsie of nie. Borrels vir Kersfees is beskikbaar op Cybercellar.com teen R120 per bottel. 2 “Wyn maak is ’n kuns, en dis kuns om wyn te maak” Carrol Boyes, bekroonde ontwerper van luukse leefstylprodukte en -eetgerei, het nou ’n ewe gesofistikeerde wynhandelsmerk: Carrol Boyes Wines. Die versameling leefstyl-wyne word in samewerking met Barnardt Boyes gemaak en die etikette dra die kenmerkende kreatiewe Carrol Boyesidentiteit, met haar kunswerke wat…

1 min.
brosgebraaide varklies op waatlemoen

Hierdie resep het ek al telkemale gemaak. As jy nie waatlemoen kan kry nie, kan jy bv. dun gesnyde appel gebruik. Selfs spanspek werk goed. genoeg vir 6 Verhit 45 ml olyfolie in ’n groot braaipan en roerbraai 1 gekapte knoffelhuisie, 2 gesnyde uie en ’n 1 cm-stuk fyngerasperde gemmer 5-8 minute of tot lekker bros. Voeg 500 g gerookte varkliesrepe by wat in blokkies gesny is en braai nog 10-15 minute of tot die vet uitgebraai het en die vleis goudbruin en bros is. Voeg 60 ml soet sojasous en 60 ml teriyaki-sous by, asook 1 gekapte brandrissie en meng deur. Laat 5-6 minute braai of tot ’n lekker taai sous vorm. Roer hand vol gekapte koljander deur. Pak 400 g waatlemoen-blokkies op ’n bord en skep die warm vleis bo-op.…