ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS Apr/Jun 2019

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.25(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$13.81(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

1 min.
kia sportage

Vernuwing is altyd belangrik en soms moet daar selfs aan ’n wenresep getorring word – veral as daar nuwe trends op die spyskaart opduik. Só het KIA onlangs sy gewilde sportnutsvoertuig, die Sportage, effens opgekikker. Daar is ’n paar ontwerpveranderings soos nuwe allooiwiele en kleuropsies, terwyl die modelreeks ook vereenvoudig is. ’n Belangrike verbetering is ’n nuwe agtspoed-ratkas vir turbodieselmodelle, wat SARIE KOS ook kon ervaar toe ons die Ignite Plusweergawe getoets het. Dié ratkas is meer verfynd en soepel, terwyl dit ook beter brandstofverbruik bied. Nog ’n regmerkie langs die Sportage se naam is dat dit met ’n waarborg van vyf jaar met onbeperkte kilometers kom, asook ’n diensplan. Pryse wissel tussen R386 995 en R559 995.…

2 min.
ons hou van

ITALIAANSE LEKKERTE Die klassieke amandelgeurdrank Disaronno het hande gevat met die Italiaanse ontwerpershuis Trussardi (bekend vir leerprodukte) om ’n beperkte reeks bottels spesiaal in helderpienk en geel te klee. Kyk uit by drankwinkels landwyd vir die bottels (sowat R350 vir 750 ml). VIR INPAKKOS Soek jy plastiekbakke van die beste gehalte vir jou happies? Dan moet jy Tupperware koop. Die bakke pas netjies in mekaar, van klein na groot. Besoek www.tupperware.co.zavir die pryse en om jou naaste agent te vind. BEDERF VIR WAGTER Elke kombuis verdien ’n Le Creuset-pot, en nou kan jy vir Wagter ook bederf met iets moois van die luukse handelsmerk: ’n bak vir sy kos. Kyk aanlyn by www.lecreuset. co.za vir ’n hele reeks bakke vanaf R370. MIN-MOEITE-PASTA Om jou eie pasta te maak kan baie werk verg. Met Philips se outomatiese pastamaker…

1 min.
ons top-12

2 min.
net in suid-afrika

KAAPSE LUSMAKER Historiese mengeldrankie-resepteboeke van die 1800’s verwys na ’n geheimsinnige “Kaapse Aperitief” as ’n bestanddeel – wat die avontuurlustige Deense-mengeldrankie-kenner en Kaapse wynmaker Adi Badenhorst se nuuskierigheid geprikkel het. Navorsing en eksperimentering het sy familieonderneming geïnspireer om Suid-Afrika se eens bekende Vermouth te laat herleef as Caperitif. Dit word handgemaak deur Chenin Blanc te meng met geure en aromas van ongeveer 35 botanikalieë wat die biodiversiteit van die Kaapse blommeryk vasvang. www.caperitif.com RUM OP DIE RAK Hoekom het Suid-Afrika, een van die grootste suikerrietproduserende nasies in die wêreld, geen rum-kultuur nie? Dié vraag het James Copeland aangespoor om met ’n rum vorendag te kom wat hierdie stand van sake kan regstel. Copeland Rum word gemaak van pure melasse wat gefermenteer word met tropiese gis wat dit aromas van pynappel, lietsjie en kokosneut…

1 min.
vuurwarm vetkoek

MET MIELIES Eet die vetkoeke heerlik warm uit die olie, net so met ’n lekker glas wyn, vir die begin van ’n kuier. genoeg vir 10-12 Sif 280 g (500 ml) koekmeel, 20 ml bakpoeier en 2 ml sout saam. Vryf 15 ml botter daarby in. Voeg 250 ml melk by en meng goed. Voeg 1 x 410 g-blik pitmielies wat gedreineer is by en meng goed. Verhit sowat 500 ml sonneblomolie. Braai ’n bietjie van die beslag in die olie om te toets of dit warm genoeg is. As dit stadig bruin braai, is die olie reg. Skep nou lepels vol beslag in die olie en stel die hitte laer wanneer die vetkoeke begin verbruin. Braai dit sowat 10 minute om dwarsdeur gaar te word. Dreineer op kombuispapier. Sit voor met…

1 min.
in jou mandjie

GESONDER MELK Is jy sensitief vir die laktose (natuurlike suiker) in melk? Parmalat se EasyGest bied al die voordele van volroommelk, sonder die laktose. ’n Liter-boks langlewemelk kos so R19,99. GOOI PITTE Maak die vetkoeke in ’n japtrap met Rhodes se pitmielies. Dis ingemaak in water en smaak byna soos die vars produk. Koop ’n 410 g-blik landwyd teen sowat R16. GOEIE BOTTER Min dinge proe so lekker soos botter met sout. Ladismith s’n maak jou vetkoeke ekstra smaaklik. Koop 500 g- gesoute botterblokke vanaf R65.…