ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS December 2016 - January 2017

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

2 min.
barbara sê

Ek sal nooit die dag in 2007 vergeet toe ons by Aardklop op Potchefstroom SARIE KOS nr. 1 bekend gestel het nie. Nog voor ons stalletjie oopgemaak het, het ’n vrou (ek het ongelukkig haar naam vergeet) haar SARIE KOS kom koop. Sy was te opgewonde om te wag tot later. Ek moet ook byvoeg sy het daardie jaar die beste vetkoek-stalletjie by die fees gehad. Min het ons geweet dat dié eerste uitgawe van SARIE KOS binne twee weke sou uitverkoop. In die kantoor het die telefone aaneen gelui met lesers wat wou weet wáár hulle die nuwe tydskrif in die hande kan kry. Die hele drukoplaag was in ’n oogwink op, met nie ’n enkele tydskrif oor in die mark nie. Oor die jare het lesers bly vra vir…

1 min.
twee van die briewe wat ons destyds oor daardie 1ste uitgawe ontvang het

Ek het al verskeie sertifikate in spyseniering en bak verower en geniet dit om kos te maak. SARIE KOS is ongelooflik, stylvol, smaaklik en elke resep is ’n wenner, geen flops. Julle kan nie glo hoe ek SARIE KOS geniet nie, en wat dit so besonders maak, is die feit dat alledaagse bestanddele in ’n nuwe styl gebruik word. Ek het boonop wonderlike nuwe dinge van koskombinasies geleer, veral groente (en onthou, ek is al 16 omgekeerd). Ek lees alles deur en maak aantekeninge op die voorblad sodat ek dit maklik kan vind wanneer ek iets wil maak. Dankie vir die prag-boek – ek kan nie wag vir jul volgende uitgawe nie. – Anne Futcher Dis die eerste tydskrif wat ek al 100 keer deurgelees het. Ek het die resepte vir…

1 min.
sarie kos- vriende

Ons SARIE KOS-span sê opreg dankie aan elkeen van die 10 kosvriende wat namens ons duisende lesers in 2016 help dink, proe en besluite neem het. Altyd lekker as iemand wat sy storie in die kombuis ken, help met wenke, nuwighede en familieresepte. PS: Van Kersfees gepraat, julle moet gerus julle posbusse dophou ...…

1 min.
luuks en vol truuks

Die Volvo V40, wat met die Audi A3, BMW 1-reeks en Mercedes A-klas meeding, bied sterk kompetisie in sy segment. Dit het boonop in 2016 ’n verjongingskuur ondergaan, veral voor. Daar is nou ’n meer prominente sierrooster en die topmodelle kry ook Volvo se kenmerkende “Thor se hamer”-LED-hoofligte, wat ’n uitstaankenmerk van die bekroonde XC90-sportnutsvoertuig is. Die aantreklike V40, wat in sy standaardvorm ’n vyfdeurluikrug is, is ook in CrossCountry-gedaante beskikbaar. Al die modelle is baie luuks met talle tegnotruuks. Pryse is mededingend en begin by R345 500.…

1 min.
ons hou van

Goud vir jou deksel Kry Franse inspirasie vir die feesseisoen met Le Creuset se nuwe goue knop-handvatsels (R280 elk), wat tot jou potte feestelik sal laat lyk. PRET IN JOU KOMBUIS Wie wil nou nie spog met so ’n kleurryke broodrooster (R1 299,95) en buitengewone paar slaailepels (R599,95) nie! Dit en nog ander prettige geskenke is te koop by Pylones se nuwe tak in die Menlyn Parkwinkel-sentrum in Pretoria. Mooi vir jou boom Kyk net hierdie pragtige fyn versierings van Woolworths. Jy kan maar weet jou anderste Kersboom sal ’n wenner wees. Lekker eet op ’n drafstap Hier’s ’n nuwe restaurant, ook vir vakansiegangers met baie om te doen. By Chefs in Kaapstad kan jy heerlik bereide kos van top-sjef Jenny Ward geniet sonder om te wag. Al wat jy hoef te doen is om daagliks op…

1 min.
hop hop hoera!

Cape Brewing Co se Amber Weiss – hoogste telling vir koringbier (R32 vir 440 ml) Daar is sweempies van naeltjies en piesang, gevolg deur ’n delikate bitterheid op die tong wat die illusie skep dat die bier swaarder is as wat dit eintlik is – volgens die Duitsers ’n bier wat jy saam met ontbyt kan geniet! Cape Brewing Co se Imperial IPA – hoogste telling vir hopbier (R30 vir 30 ml) ’n Meer komplekse bier met ’n wonderlike tropiese karakter. In die mond verleen die hop daardie tipiese sterk bitteragtigheid wat jy van ’n IPA verwag. (IPA: India pale ale) Darling Brew se Long Claw Saison – hoogste telling vir spesialiteitsbier (R32 vir 500 ml) ’n Bruisende soort blonde bier met tipiese speserygeure. Die brouers het egter ’n kinkel ingegooi met die gebruik van Citrahop, wat die bier…